Volgens die filosoof Hans Blumenberg (1920–96) het Johann Wolgang von Goethe, net bekend as Goethe (1749–1832), die groot Duitse skrywer, dit kort voor sy dood in 1832 betreur dat die denkkategorie van “politieke lot” die plek van die antieke Griekse denkkategorie van “die tragiese” ingeneem het. Volgens Blumenberg het die ontkenning van die tragiese as…