Karwag Jy het alles sag kom maak vir my toe jy gepraat het oor die sterre en die maan wat geleidelik verduister deur ‘n rooibruin wollerige vag en die sterretjie wat ingesluk is — Was hy voor die maan of agter? Jy het teruggedink aan toe jy klein was hoe jou pa met julle uitgery…
Tag: Trienke Laurie gedigte
Trienke Laurie. Vir Adam Small
Nóú wil ek jou besing oor hierdie moed van jou om te heers oor teëspoed die donkerte te besweer met die opstaanwoorde met nuwe akkoorde opslaanwoorde van jou soos klawergras. © Trienke Laurie, 2014
Trienke Laurie. Labirint
Labirint In ‘n doolhof kan jy dool-dool verdwaal: elke vertakking word oorweeg en verken, dit verknoop en ontstem jou voordat jy die raaisel ontgrendel, jou eindbestemming bereik. ‘n Labirint lei jou langs ‘n enkele pad en die ritme van stap, tot jy vervuld al met die kronkels die sentrum vind, prikkel die luislang…
Trienke Laurie. Domkerke
Domkerke Katedrale bekyk, die een na die ander, oorweldig deur kuns en omvang van skaal, maar kerk is dit nie. Later bly net oorkoepelend ‘n gedagte van ribbe, van deurstraalde vensters, van benoude Pandorabieghokkies en beelde — maar: sing daar per toeval ‘n koor a cappella, en die klank word aangegee en vaar deur…