Vir poësie om ’n houvas te kry op die breë publiek, moet dit sigbaar wees, energie uitstraal, deelneem aan die lewe. As mens nie gereeld ’n mooi gedig teëkom nie, kan jy ook nie daardeur bekoor word nie, kan jy geen smaak daarvoor ontwikkel nie. So bly dit ʼn ontoeganklike paradys waarvan net ingewydes die…
