Tuin van Digters 2020: Grendels, slotte, sleutels (Program)
Friday, November 6th, 2020
Die program vir die 2020 Tuin van digters kan by die onderstaande skakel besigtig word:
Posts Tagged ‘Tuin van digters 2020’Tuin van Digters 2020: Grendels, slotte, sleutels (Program)Friday, November 6th, 2020
Die program vir die 2020 Tuin van digters kan by die onderstaande skakel besigtig word:
Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel HugoFriday, November 6th, 2020
NUUSVRYSTELLING: TUIN VAN DIGTERS 2020 SE PROGRAM
__________________________________________________ Kom sluit oop die grendels en slotte by die Tuin van Digters in Wellington op 27, 28 en 29 November 2020 __________________________________________________ Die huldiging van die Afrikaanse digter en vertaler Daniel Hugo, die voortsetting van die impak van Ampie Coetzee op die Afrikaanse letterkunde, die belangrikheid van vertaling van Afrikaanse digbundels, gesprekke met nuwe jong opkomende digters, die inspirerende kombinasie van Afrikaanse poësie en musiek, die bekendstelling van en gesprekke met nog onontdekte digters in Afrikaans, en ’n stylvolle haikoebundel en die Ingrid Jonker-pryswenner. Dit is wat onder meer wag op liefhebbers van die Afrikaanse digkuns wanneer die negende Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, op 27, 28 en 29 November 2020 in samewerking met NB Uitgewers en met Dagbreek Tust as die hoofborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind. Tuin van Digters 2020 sou op 18 en 19 September plaasvind, maar is weens die coronavirus se regulasies uitgestel. Afhangende van die Covid-regulasies wat moontlik kan geld, sal sekere programitems moontlik virtueel aangebied word en aanlyn gevolg kan word, of opgeneem word en later aanlyn beskikbaar wees. Besonderhede daaroor sal op die Breytenbach Sentrum se Facebookblad en webblad aangekondig word.
Ontgrendel. Soek die sin. Die sleutel vir jou slot. In woorde. In die natuur. In die kuns. In musiek. In wyn. In saamwees. In saamklink. In saampraat. In jou kop. In ’n anderkop. In diepdink. In saamdink. In digdink. In hiér wees. In die woorde van Breyten Breytenbach: “In die moment van nou”. Daar is meer as 20 items in die program wat die volgende insluit:
Die doel van die Breytenbach Sentrum, in samewerking met deelnemende digters, uitgewers, ’n gevestigde skrywersorganisasie soos PEN Afrikaans, ’n borg soos die Dagbreek Trust en ondersteuning die vogende drie jaar deur NB Uitgewers, bly steeds om die Tuin van Digters die geleentheid te maak waar Afrikaanse digkuns en digters op allerlei wyses en vorme en op alle vlakke gekoester word. Terselfdertyd ook ’n plek waar elkeen en almal van alle tale en groepe welkom is om binne hierdie konteks by mekaar en vir mekaar te leer en blootstelling te kry aan dit wat nuut en anders en die toekoms van die taal is. Die volledige program en besonderhede oor Tuin van Digters 2020 is op die Breytenbach Sentrum se webblad (www.breytenbachsentrum.co.za) en die Facebookblad beskikbaar.
‘n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar en kan bespreek word by Jeanne-Mari Gerber by 021 873 2786, 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.
Toegangskaartjies kos R150 per persoon vir Vrydag 27 November, R250 vir Saterdag 28 Februarie en R120 per persoon vir Sondag 29 November. ‘n Tweedagpakket vir Vrydag en Saterdag kos R320 per persoon. Studente met ‘n geldige studentekaart betaal R60 per persoon en opbetaalde lede van PEN Afrikaans het gratis toegang.
UITGEREIK DEUR: Francois Lötter Uitgereik 6 November 2020:
|