Posts Tagged ‘Tuin van digters’

Tuin van Digters huldig Daniel Hugo

Thursday, July 16th, 2020

 

Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo

 

 

 

Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27, 28 en 29 November saam met NB Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington sowel as op sosiale media platforms aangebied word.

Daniel Hugo, digter, woordmeester, vertaler, redakteur, keurder, proefleser en vele meer, wat op 26 Februarie 2020 sy 65ste verjaardag gevier het en al meer as 40 jaar deel is van die Afrikaanse literêre wêreld, is die digter wat vanjaar by Tuin van Digters gehuldig sal word.

Die feeskunstenaars is die landskapkunstenaar Estelle Marais van Port Elizabeth, Joubert Stander van die Strand, en Sandra Hanekom van Piketberg. Die opening sal op Vrydag 27 November 2020 in die galery sowel as virtueel plaasvind.

Tuin van Digters word jaarliks in September aangebied op die naweek naaste aan die verjaardag (16 September) van die digter Breyten Breytenbach, wie as skoolkind saam met sy ouers in die gebou wat vandag die Breytenbach Kultuursentrum is gewoon het. Dit sou vanjaar op 18 en 19 September plaasgevind het, maar sal weens die COVID-19 pandemie nou op Vrydag 27, Saterdag 28 en Sondag 29 November aangebied word.

Tuin van Digters 2020 word ook die volgende drie jaar saam met NB Uitgewers as medeborg gehou. Die Dagbreek Trust is steeds die hoofborg van die fees.

Die tema van Tuin van Digters 2020 is grendels slotte sleutels. Soos NP van Wyk Louw in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf het: “slotreëls is altyd sleutels meer as slotte:”

COVID-19 het elkeen noodgedwonge nuut en anders laat dink oor die hier wees en die lewe en dood en skep en anders wees. Ook om die sleutels te soek waarmee die grendelslotte binne elkeen oopgesluit kan word op soek na hoe om die sin van ons hier wees en die nuwe normaal te verstaan en dit op skeppende wyse te aanvaar en uit te leef.

Die program van Tuin van Digters 2020 sal bepaal word deur die COVID-regulasies. Dit sal soos in die verlede bestaan uit ’n kombinasie programitems by die Sentrum self (met getal teenwoordiges soos wat die COVID-regulasies vereis) en virtuele/internet item-aanbiedinge en “live streamings”. Die finale program sal in die begin van Oktober aangekondig word.

Die klem van Tuin van Digters sal uiteraard ook val op die inperking en hoe verskillende digters en gewone mense uit alle gemeenskappe die pandemie, die grendeltyd, die angs, die behoeftes, die verwagtinge, die onsekerheid,  die toekoms, die situasie, die honger, die samesyn, die geen werk, die geen geld, en die vele ander emosies op verskillende maniere verwerk en in digwoorde weergegee het – en nog gaan doen. Dit sal help om begrip tussen almal wat hierdie nuwe ervaring op verskillende wyses in hulle koppe en in woorde verwerk, te vestig.

Soos in die verlede sal Tuin van Digters met akademiese en ander gesprekke en interaksies – insluitende toonsettings van gedigte – ’n inspirasie vir Afrikaanse digters en liefhebbers van die Afrikaanse digkuns se skeppende vermoëns weens.

Akademiese en tafelgesprekke sal plaasvind oor die belangrikheid van Kaaps as digtaal, die rol van blootstelling van Afrikaans, Engels en isiXhosa – die Wes- kaap se drie amptelike  tale – by wyse van vertaling aan die verskillende kultuur- en taalgemeenskappe asook ‘n interessante interaktiewe debat, So jy dink jy is ’n digter, oor wat egte en wat vals poësie is.

Die fokus op Afrikaanse digters en gedigte se vertalings in ander tale en andersoms, spesifiek Nederlands en Vlaams, sowel as die blootstelling van Afrikaans met isiXhosa en omgekeerd sal voortgesit word. Gesprekke sal ook plaasvind met digters van verskeie nuwe digbundels, hoofsaaklik in Afrikaans, maar spesifiek ook bundels wat in Kaaps uitgegee is.

Terselfdertyd sal potensiële onontginde en onontdekte Afrikaanse digters uit die verskillende gemeenskappe blootgestel word aan nuwe idees en skeppendheid en die geleentheid kry om hulle talent op die verhoog (en elders!) te wys. Dit is ’n natuurlike uitvloeisel en belangrike stap vorentoe vir jong digters wat betrokke is by die twee amptelike digkuns-projekte wat deur die Breytenbach Sentrum aangebied word, naamlik Die Hoop-projek van jong Afrikaanse digters by die Weltevrede Sekondêre Skool in Wellington en Diana Ferrus se Mengelmoesdigters.

Die doel van die Breytenbach Sentrum, in samewerking met deelnemende digters, uitgewers, ’n gevestigde skrywersorganisasie soos PEN Afrikaans en ’n borg soos die Dagbreek Trust bly steeds om die Tuin van Digters die geleentheid te maak waar Afrikaanse digkuns en digters op allerlei wyses en vorme en op alle vlakke gekoester word. Terselfdertyd ook ’n plek waar elkeen en almal van alle tale en groepe welkom is om binne hierdie konteks by mekaar en vir mekaar te leer en blootstelling te kry aan dit wat nuut en anders en die toekoms van die taal is.

  • Die huldiging van Daniel Hugo sal Vrydagaand 27 November plaasvind net na die opening van die feesuitstalling. Digters wat al gehuldig is, sluit in Breyten Breytenbach, Adam Small, Wilma Stockenström en TT Cloete.

Hugo, wat in Prins Albert in die Karoo woon en ’n doktorsgraad met die titel Die digter en sy middele: ’n Ondersoek na die vernufpoësie in Afrikaans in 1989 verwerf het, het 20 digbundels op sy kerfstok. Die eerste een, Saad uit die septer, het in 1989 by PJ de Villiers verskyn en die mees onlangse een, Openbare domein, in 2018 by Naledi.

Hugo is ook die samesteller van 12 bloemlesings terwyl hy reeds 59 publikasies uit Nederlands in Afrikaans en 15 uit Engels in Afrikaans vertaal het.

Talle akademiese publikasies oor die Afrikaanse letterkunde het ook uit sy pen verskyn. Dit sluit resensies in tydskrifte en koerante oor nuwe Afrikaanse boeke, inleidings by verskeie bloemlesings uit die Afrikaanse letterkunde, Blokboek: Sy kom met die sekelmaan (Hettie Smit, Blokboek: Na die geliefde land (Karel Schoeman), die F. Malherbe-gedenklesing met die onderwerp: Die geheime werking van literêre invloed: D.J. Opperman en D.F. Malherbe, Halala Afrikaans by Protea Boekhuis, 2009 en die N.P. van Wyk Louw-gedenklesing met die onderwerp: N.P. van Wyk Louw en die geestige vers in “Tristia”.

Hugo het ook verskeie toekennings vir joernalistieke en vertaalwerk ontvang, insluitende die S.A. Akademieprys vir die vertaling van Stefan Hertmans se roman Oorlog en terpentyn in 2017, die Van Ewijck-stigting se prestasiebeurs vir die bevordering van kulturele betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika in 2016, die S.A. Akademieprys vir die vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos in 2015Via Afrika se Boekjoernalis van die Jaar in 2004, die S.A. Akademieprys vir hoorbeelde vir die dokumentêre program oor die digter Uys Krige in 1898, ‘n Radio Artes-toekenning vir So is die lewe vir een pond sewe – ’n hoorbeeld oor R.K. Belcher in 1993, en 10 ATKV-radiopryse.

  • Feeskunstenaars: Estelle Marais is in die Karoo gebore en woon in Port Elizabeth. Haar uitstalling van landskapkuns by Tuin van Digters 2020 sal die laaste solo-uitstalling van haar loopbaan wees. Joubert Stander van die Strand se miniatuur-werke is geinspireer deur Daniel Hugo se gedigte. Sandra Hanekom is ‘n kunstenaar en kurator van Piketberg wie se intelektueel en visueel prikkelende en uitdagende werk delikaat en hiper noukeurig geskilder is.

 

(Foto van Daniel Hugo deur Marlene Malan)

 

Onderhoud met Daniel Hugo (Tuin van digters)

Wednesday, February 26th, 2020

 

 

Marlies Taljard gesels met Daniel Hugo

oor sy bundel Tuin van digters

 

MT: Daniel, baie geluk met jou mooie bundel “Tuin van digters”, met jou so rustig rokend in die geselskap van jou hond op die voorblad. Ek kon die bundel eenvoudig nie neersit nie en het dit in een sitting klaar gelees. Ek het lanklaas gedigte só geniet. Ook lanklaas in my lewe so spontaan gelag – meestal so ʼn bietjie schadenfroh. Die datum op die titelblad, 26 Februarie 2020, is jou vyf-en-sestigste verjaardag. Ek neem aan dat hierdie bundel iets van ʼn geskenk aan hom het – ʼn geskenk áán jou of ván jou? Ek wil nie die “verjaardaggeskenk” namens jou uitpak nie. Wil jy vir ons iets vertel oor dit wat die leser in die bundel kan verwag en wat jou bedoeling daarmee was?

 

DH: Dankie, Marlies, ek is bly jy het die gedigte geniet. Daar bestaan mos ’n ernstige misverstand dat poësie altyd swaarwigtig moet wees. ’n Digter kan ook ernstig wees in ’n ligte toonaard. En soms kan ’n digter doodgewoon lighartig en ligsinnig wees – solank dit vermaaklik en vernuftig geformuleer is. Die bloemlesing uit my eie werk is ‘n geskenk aan myself, en aan my familie, vriende en hier en daar ’n vyand. (Die bundel is nie in die handel beskikbaar nie.) Ek het ‘n keuse gemaak uit die gebundelde en ongebundelde gedigte wat ek die afgelope veertig jaar oor ander digters en die digkuns geskryf het. En ek het nogal geskrik toe ek agterkom hoe verliteratuurd ek lewe!

Terloops, my hond se naam is Emily Dickinson, en ek het spesiaal ‘n gedig vir die agterplat van die bundel geskryf wat na die foto op die voorplat verwys:

 

“and then the list is done”

in die tuin se laatmiddagson

terwyl ek oor nog ’n dag besin

bestyg my troue skadu haar troon

 

ek noem haar Emily Dickinson

en sy gedra haar afsydig

want in stilte word verse versin

 

Die aanhaling van die titel kom uit ’n gedig van Emily Dickinson:

 

I reckon – when I count at all –

First – Poets – Then the Sun –

Then Summer – Then the Heaven of God –

And then – the List is done –

 

Die “list” verwys ook na die register agterin die bundel met die 53 name van literêre mense oor wie ek gedig het.

Die foto op die voorplat van my en my hond op rottangstoele in ons tuin op Prins Albert is deur die ander vrou in my lewe geneem: Marlene Malan.

 

MT: Volgens die inligtingstuk verskyn daar in “Tuin van digters” verse oor 53 digters. Jy is iemand wat waarskynlik ʼn wye mensekennis besit vanweë jou werk as (onder andere) dosent en radio- en TV-persoonlikheid. Beskou jy jouself as iemand wat oor die algemeen deur mense gefassineer word? Hoekom (nie)? Hoe kyk jy na mense, of, om dit anders te stel, op watter wyse fokaliseer jy? Wat my aan hierdie bundel en aan jou hele oeuvre tref, is humor, ironie, satire, klem op detail, gedrongenheid, fokus, en die immer verrassende insig ten slotte. Beskou jy jouself as ʼn mensekenner?

 

DH: Nee, ek kan my nie op mensekennis roem nie. Eintlik interesseer die literatuur my meer as mense. In die meeste gevalle skryf ek oor digterpersoonlikhede, soos ek hulle uit hul werk leer ken het. Hier en daar gaan dit wel oor ’n persoonlike vriendskap of vyandskap. Die gedigte oor Barend J. Toerien en J.C. Kannemeyer handel byvoorbeeld oor vriendskappe wat versuur het. Andersins het ek nog altyd groot bewondering vir hulle skryfwerk.

Wag, ek besef nou dat ek nie die betrokke gedig oor Kannemeyer opgeneem het nie, waarskynlik omdat die gegewe te droewig is:

 

Literatuurgeskiedenis

 

 in ‘n tweedehandseboekwinkel

– as liefdadigheidorganisasie bedryf

deur die kerk – ontdek ek

Uys Krige se eerste digbundel

uit 1935, opgedra aan ene

Gideon Uys en geteken

deur die blonde digter-troebadoer

 

ek vermoed die boek kom uit

John Kannemeyer se verstrooide

nalatenskap en koop dit as bewys

van my liefdadigheid teenoor

’n ongeliefde man, my eerste

mentor, my vriend en vyand –

hy was los van tong maar nooit

nalatig met sy biblioteek nie:

rye gealfabetiseerde swye

 

hierdie boek breek my hart: John

was die grootste van ’n Gideonsbende,

bewakers van die gedrukte woord,

nou uitgedun tot snuffelaars

tussen stowwerige rakke, skamel

versamelaars van ’n taal se ellende

(uit: Takelwerk, Human & Rousseau, 2015)

 

In die reeksie gedigte “Onrusbarend” beskryf ek Toerien se irriterende hebbelikhede. Die eerste een gaan só:

 

sodra jy dink: dis nou die laaste sien

van daardie babbelende blikkantien

duik hy op, onverwag uit Praag of Wien,

die onbeminde Barend J. Toerien

(uit: Openbare domein, Naledi, 2018)

 

Die ander digters wat ek onvriendelik behandel, leef nog. “No names, no pack drill”.

 

MT: Hierdie bundel bevat ʼn keur uit jou lewenswerk (tot dusver), soos die subtitel “ʼn Bloemlesing uit eie werk” aandui. Dit bevat egter byna uitsluitlik gedigte oor digters en kritici. Waarom beskou jy hierdie gedigte wat oor ongeveer 40 jaar ontstaan het, as die keur van jou digwerk, en wat het jou gemotiveer om so baie gedigte oor jou kollegas te skryf?

 

DH: Nee, ek beskou nie hierdie bundel as ‘n keur uit my beste gedigte nie – dit is wel ’n keur uit my gedigte oor figure uit die letterkunde en oor literêre toestande waarin rolmodelle, uitgewers, redakteurs, kritici, pryskomitees en verpulpers ’n wesenlike rol speel. Dit is dus ’n tematiese bloemlesing. Ek noem dit graag ‘n klein literatuurgeskiedenis in versvorm.

Wat het my gemotiveer om so baie gedigte oor hierdie onderwerp te skryf? ‘n Digter skryf oor dit wat hy intiem ken, en ek ken die literatuur en sy mense klaarblyklik beter as die res van die wye werklikheid. Ek het darem ook gedigte geskryf oor die liefde, die natuur en die dood.

 

MT: Die bundel “Tuin van digters” is myns insiens een van die belangrikste eksplisiete poëtiese verklarings van skatpligtigheid in Afrikaans, hetsy aan digters wat jou op positiewe wyse beïnvloed het, of dié wat jou op een of ander wyse geïrriteer het en met wie se styl of werkwyse jy jou nie kon vereenselwig nie. Dikwels skuil daar in en tussen die gedigte oor mede-digters ook iets van ʼn eie ars poetica, tegnieke wat jy by kollegas geleer het. Wil jy op hierdie stelling uitbrei en dalk na enkele digters verwys by wie jy geleer het (hetsy positief of negatief). Uit die Register agter in die bundel blyk dit byvoorbeeld dat jy verskeie gedigte geskryf het oor T.T. Cloete, N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman. Ek wonder ook of jou vertaalpraktyk en die diepgaande analise van gedigte wat deel daarvan uitmaak, jou beïnvloed.

 

DH: Aan die begin van my skrywersloopbaan was ek ooglopend beïnvloed deur D.J. Opperman. Sekere resensente het my selfs ‘n Opperman-epigoon genoem! In Saad uit die septer (1981) het ek juis probeer om my deur middel van ’n parodie op Opperman se Komas uit ’n bamboesstok (1979) aan sy invloed te ontworstel. Maar dit het nog ‘n hele tyd geduur voordat sy stem nie meer hoorbaar was in my verse nie. T.T. Cloete het my ook ’n tyd lank gefassineer, maar ek het drastieser en venyniger van hom ontslae geraak in ‘n paar minder vriendelike gedigte. In ’n gedig wat nie in die bloemlesing opgeneem is nie, skryf ek selfspottend só oor my venyn (“venyn” is die ou woord vir “gif”):

 

Die digter as wesp

“jou verse is veels te venynig

– veral teenoor ander digters”

het iemand op ’n keer beweer

 

dis waar: met klei en eie speeksel

bou ek sel aan sel waarin woorde

mettertyd vlerke en angels kry

 

tot op ’n kwade dag die betekenis

loskom van die vorm: dan moet

ook ek vir my giftige maaksel vlug

(uit: Openbare domein, Naledi, 2018)

 

Wat jou opmerking oor my vertaalpraktyk betref: Ek maak beslis geen “diepgaande analises” van die gedigte wat ek vertaal nie. Ek vertaal doodgewoon wat daar staan. Ontledings en interpretasies is die taak van kritici en akademici.

 

MT: Die gedig “V huisdig”, wat inspeel op die bundeltitel, is ʼn besinning oor die maak en die opbou van ʼn gedig:

 

in die openingsreël staan ’n smee-ysterhek

wat toegang verleen tot die tuin van my plek

 

by die voordeur groei rankrosies oor ’n boog

die tweede koeplet lei dus deur die naald se oog

 

tot in die hemel van my gehuurde huis:

drie slaapkamers, klein sitkamer en kombuis

 

saam met die badkamer, toilet en gang

maak agt vertrekke soos wat die oktaaf verlang

 

om die enjambement te demonstreer, slent-

er ek deur die huis – die karige ameublement

laat my voete jambes uit die linoleum wek

 

net drie reëls en ek kan die saak as sonnet beëindig

– in die jaart gewaar ek nog hoe die onkruid welig

wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek

 

Daniel Hugo het nog altyd gedigte geskryf volgens vaste reëls en met vaste stukture – soos die digter dit in die gedig “V huisdig” konstateer. Ek wil ʼn paar moedswillige vrae in dié verband vra: In ʼn tyd waarin vrye verse by die kilometers uitgespin word, wát motiveer jou om by klassieke vorme te hou? Is jy nie bang dat jou gedigte in rymelary sal verval nie? Baie moderne digters en kritici is immers baie skepties oor alle vorme van rym en metrum. Dink jy dat dit wat jy as digter wil sê makliker in vormvaste verse verwoord kan word, en indien wel, waarom?

 

DH: In ʼn rymarm taal soos Afrikaans is dit baie maklik om in rymelary te verval. Daarom bly dit so ‘n groot uitdaging. ‘n Gedig is vir my in die eerste plek iets wat moet klink – en dan kan jy skaars rym (of halfrym) vermy. Ek hou van die aforistiese stelwyse in gedigte – iets waarin Elisabeth Eybers uitgemunt het – en hoe kan jy ’n stelling beter beklink as met rym? ‘n Gedig is die arm digter se klinkende munt. Van invloede gepraat. Die gedig wat jy hier aanhaal, is onteenseglik deur Gerrit Komrij geïnspireer:

 

Een gedicht

De eerste regel is om te beginnen.

De tweede is de elfde van beneden.

De derde is om wat terrein te winnen.

De vierde moet weer rijmen op die tweede.

 

De vijfde draait u plotseling een loer.

De zesde heeft het twaalftal gehalveerd.

De zevende schijnt zwaar geouwehoer,

De achste bloedserieus. Of omgekeerd.

 

De negende vertelt nog eens hetzelfde.

De tiende is misschien een desillusie

De elfde is niets anders dan de elfde.

De twaalfde is van niets de eindconclusie.

(uit: Alle gedichten tot gisteren, De Arbeiderspers, 1994)

 

Ina Rousseau is vir my die groot klank-komponis in Afrikaans. Ek het baie by haar geleer en is jaloers op die “klinkklank” van haar “klipkappershamer”. Dit kom uit haar gedig “Die diederik” (Grotwater) wat eintlik ‘n huldeblyk is aan die ander groot klankvirtuoos: D.J. Opperman. Hier is een van die drie gedigte in Tuin van digters wat aan haar opgedra is:

 

Grotwater

Vir Ina Rousseau

 

sy laat die vers aanwas

soos ’n druipsteenkers

laat elke sillabedrup-

pel trillend saamsmelt

tot rye pype wat opvlam

in die speleoloog se lig

 

sy skep die groeiende koraal

van die grot se groot orrelsaal

(uit: Monikkewerk, Tafelberg, 1995)

 

MT: In die gedig “V huisdig” gebruik jy die metafoor van die huis om te verwys na die streng gestruktureerdheid en opbou van die gedig  – ʼn sonnet, ʼn besonder gestruktureerde klassieke digvorm. Die ikoniese aard van die gedig (naamlik dat die struktuur die inhoud illustreer) kan min digters jou nadoen. Hoe skryf jy gedigte? Is die skryfproses vir jou altyd min of meer dieselfde? Moet die muse jou besoek, of skryf jy gedissiplineerd, byvoorbeeld elke dag ʼn gedig? Wanneer beskou jy ʼn gedig as afgehandel? Lê gedigte soms lank in jou laai, of kan jy as ervare digter nou al ʼn gedig in ʼn kort tyd skryf en afwerk?

 

DH: Ek skryf nie gedissiplineerd nie. Die bietjie selfdissipline waaroor ek beskik, wend ek aan vir my vertaalwerk. Sonder ’n kreatiewe inval, is ’n gedig doodgebore al karring jy ook hoe lank daaraan. Dit is wel belangrik om daardie eerste impuls so gou as moontlik op skrif te stel, anders gaan dit vir goed verlore in die prosaïese gebeure van elke dag. Sommige gedigte bied meer weerstand as ander – veral as jy nie ‘n geskikte rymwoord vind nie. Dis moeilik om te sê hoe lank dit neem om ‘n vers af te rond omdat dit so wissel. Soms neem dit langer om die sewentien lettergrepe van ’n haikoe reg te skaaf as die veertien reëls van ’n sonnet.

 

MT: Na aanleiding van ’n vorige vraag waarin ek so ʼn bietjie duiwelsadvokaat gespeel het in verband met jou poëtiese styl: Die inleidingsgedig wat jy aan die kritici rig, verraai ʼn element van afranseling, teleurstelling en selfs seerkry, veral deur die beeld van die kat tussen bebloede vere. Aan watter kritici en kritiek steur jy jou (en aan watter nie)? Wat maak jou seer of boos of ongelukkig wanneer ʼn resensie oor jou werk verskyn, en waarom hou jy aan skryf?

 

Vir die kritici

 

vandag beproef die duif sy toonlere

môre lê die kat tussen bebloede vere

 

die digter sal onvolmaak bly skryf

tot daardie dag van die leeu en die lam

die kat en die duif

 

DH: Oor die algemeen is ek nog altyd regverdig behandel deur die kritici. Hierdie gedig is nie geskryf uit persoonlike gekrenktheid nie; dit is eerder ‘n lig satiriese kyk op die literêre bedryf waarin soms onrealistiese en ontoepaslike maatstawwe gestel word. Maar dink net hoe vervelig dit sal wees as die ideale toestand van ’n paradyslike eengesindheid tussen skrywers en hul kritici bereik word!

Onlangs het ek ‘n tweede gedig aan die kritici opgedra waarin die “vere” weer hul verskyning maak:

 

Vir my kritici

 

waar vind ek ’n rusplek in die ruigte

om tinktink my gedagtes te beklink

voor die laksman my korpussie vere

flink vaspen en aan ’n doring laat stink

Ek hou aan skryf omdat dit vir my die lekkerste en mees verstroostende ding in hierdie tranedal van ons is. As ‘n eie skepping my plesier kan verskaf, is ek doodtevrede en vir ‘n kort rukkie selfs versoen met die onkenbare lewe en die oerbekende dood.

 

MT: Van watter gedig in die bundel hou jy op die oomblik die meeste? Hoekom? Deel asseblief dié gedig met die lesers.

 

DH: Ek het besonder baie plesier daaruit geput om Die singende wêreld (Naledi, 2019) van die Vlaamse digter Marc Tritsmans in Afrikaans te vertaal. Hy laat inderdaad die aarde sing.

 

Karootuin ná die reën

Vir Marc Tritsmans

 

geil die geluid van bye

en brommers wat werk

waar die aalwyne blom

 

die by is vir die nektar

daar – die brommers het

vir die hondedrol gekom

 

bye en brommers: twee

soorte digters wat uit-

bundig die aarde besing

 

tot lof van die tuinier

en die hond, die reën

en die vrugbare grond

 

doof draai die aarde voort

ongehoor soos dit hoort

 

MT: Daniel, baie dankie dat jy my (soms moedswillige) vrae so eerlik en insiggewend beantwoord het. Baie geluk met hierdie heerlike bundel … en met jou verjaardag!

 

 

Nuwe publikasie: Tuin van digters (Daniel Hugo)

Monday, February 17th, 2020

 

Inligtingstuk

Daniel Hugo: Tuin van digters. ’n Bloemlesing uit eie werk

 

Daniel Hugo (1955) het die afgelope veertig jaar talle gedigte geskryf oor digters wat hom geïnspireer en geïrriteer het. Tuin van digters is ’n persoonlike keuse daaruit en kan as ’n klein literatuurgeskiedenis-in-versvorm beskou word. Die bundel bevat ’n register met die 53 digters wat daarin figureer: van Gerrit Achterberg tot George Weideman.

Hierdie bloemlesing verskyn by geleentheid van die digter se vyf-en-sestigste verjaarsdag op 26 Februarie 2020. Die foto op die voorplat is geneem deur Marlene Malan; die agterplattekening is gemaak deur André Letoit (Koos Kombuis).

Die boek sal nie in die handel beskikbaar wees nie. Die uitgewer is Christel Foord Selfpublikasies (cfoord@yebo.co.za)

 

Bladspieël

Vir André Letoit

 

in die verbygaan sien ek soms

by dié kafeetafel ’n eensame man

wat skryf – dan verbeel ek my

hy skryf oor sy weerkaatste self

die tafel en die verbyganger

wat hom verbeel: daar sit ’n man

wat oor sy eensaamheid skryf

 

Grapevine, Pretoria, 1978

 

(Die Boek Daniel, Human & Rousseau, 1986)

Yves T’Sjoen berig oor Tuin van Digters

Saturday, September 17th, 2016

index

Hoe dichters spreken. Over taal en ideologie

Gisteren mocht ik in Wellington deelgenoot zijn van Tuin van Digters. Dit jaar heeft van 16 tot 18 september de vijfde editie plaats in het sfeervolle en met witte poëzieballonnen versierde Breytenbachsentrum. Het festival waar de Afrikaanse poëzie centraal staat, is voor deze lustrumviering uitgebreid tot een driedaagse bijeenkomst.

Theo Kemp, organisator van de Tuin en bestuurder van het centrum, is er ook nu weer in geslaagd een rijk gevarieerde setlist samen te stellen. Naast een symposium over poëzie, meer bepaald over “slow poetry”, “vinnige poësie” en “difficult poems”, zijn er tal van muzikale optredens, poëzievoordrachten en een toneelvoorstelling. Ik smaakte het optreden van Jitsvinger en de Nederlandse rapper Akwasi, de slam poetry van de Vlaming en “bekvegter” Martijn Nelen, het optreden van toneelgezelschap Kaleidoskoop van het Breytenbachsentrum met dichtregels en flarden van “bruin skrywers”, van PJ Philander en Adam Small tot Ronelda Kamfer. De tuin, die bij mij herinneringen oproept aan de poëziezomer van Watou, is een ontmoetingsplek voor schrijvers, academici en lezers. Vooral de ongedwongen atmosfeer en het aanstekelijke enthousiasme voor de Afrikaanse dichtkunst zijn me van vorig jaar bijgebleven en vind ik nu terug in de Akkoord- en Woordtent.

Wat me vooral bijblijft van de eerste festivaldag, is het gesprek dat ’s avonds plaats had. Zonder een agenda introduceerde Desmond Painter een gezelschap van ongeveer dertig dichters, een mix van uiteenlopende stemmen, van jong en wat ouder, van zwart, bruin en wit, van schrijvers met uiteenlopende poëtica’s en esthetische opvattingen. Enkele schrijvers presenteerden hun debuutbundel die net uit is, andere meer gevestigde namen gingen samen met hen in gesprek. Zonder onderwerp, zonder vooropgesteld doel. De open discussie, die aanving met de cruciale vraag waar de wijn bleef, ging al snel over de positie van het Afrikaans – en bij uitbreiding van de Afrikaanse literatuur – in het hedendaagse politiek ontwrichte en economische lijdende Zuid-Afrika. Het is intussen bekend dat elk vertoog over literaire aangelegenheden in het Afrikaans bij maatschappij en politiek uitkomt. Het met animo geleverde debat, gelet op het staccato en de decibels duidelijk met engagement gevoerd, ging onder meer over de afbrokkelende infrastructuur van het Afrikaans, de tanende rol van universiteiten voor het behoud en de promotie van een taal, de rijkdom van een taal met alle variëteiten, tonen en kleuren. Anderhalf uur nam het soms heftige maar ook met humor en plaagstoten gevoerde gesprek in beslag. Alfred Schaffer merkte aan het eind vanuit zijn meer afstandelijke positie op dat er door sprekers toch vooral over verschillen is geredetwist en dat raakvlakken, wat betrokkenen met elkaar verbindt, nauwelijks aan bod was gekomen. En dat de mensen in dit land wel andere katten te geselen hebben. Het land verglijdt in de chaos, gaat gebukt onder corruptieschandalen en vele mistoestanden, een meerderheid van zijn bevolking lijdt gore armoede. Huizen moeten worden gebouwd, er moet in sociale voorzieningen worden geïnvesteerd. En dan is er, op een ander en minder prioritair plan, de prangende taalkwestie. Afrikaans ligt onder vuur en wordt dezer dagen als wetenschapstaal gecontesteerd. Nochtans zijn er volgens “de sensus” of dus de telling van 2011 meer dan zeven miljoen moedertaalsprekers en nog eens zo’n vier miljoen Zuid-Afrikanen die Afrikaans als tweede of derde taal gebruiken. De literaire productie van het Afrikaans scheert hoge toppen en er zijn tal van kunstenfestivals waar de cultuurtaal wordt gecelebreerd en een publiek forum wordt geboden. Het gesprek onder dichters handelde dus niet over de stand van de Afrikaanse poëzie, nieuwe literaire ontwikkelingen, esthetische paradigma’s. Er woedt geen strijd van geesten met als inzet de eigen plaatsbepaling in het Afrikaanse poëzielandschap. Het open debat meanderde heerlijk ongecontroleerd, zonder orkestmeester of vaste banen, naar een monding waar taal en ideologie onlosmakelijk met elkaar vervloeien.

Voor een buitenstaander met een Europese achtergrond is het confronterend maar ook intrigerend dit schouwspel te mogen beleven. Hoewel, een schouwspel was het niet echt. Hier hebben geen vrijblijvende discussies plaats over poëticale voorkeuren zonder dat ook politiek en ideologie een rol van betekenis krijgen. Ik hoorde bijna amechtige oproepen voor een nieuwe Afrikaanse taalbeweging, voor een fonetisch Afrikaans (schrijven zoals er wordt gesproken), apologieën voor de veelkleurigheid van een taal met onder meer een warme pleidooi voor het zogeheten Afrikakaaps. De avond vulde zich niet met vrijblijvend geouwehoer, geen literaire vendetta’s of steekspelen van literaire kongsi’s. Zelfs een buitenstaander kon aan zijn koude tenen voelen – helaas letterlijk te nemen – dat hier met bezorgdheid maar ook gedreven door combattiviteit wordt gesproken. Dat een discussie over taal meer is dan een triviaal onderwerp onder schrijvers. Ik beluisterde gisteren politieke discussies die verder reikten dan een nationalistische discours of een louter op taal gericht vertoog. Afrikaans, de derde taal van Zuid-Afrika, krijgt het aan universiteiten en verder in het land zwaar te verduren. Het wurgkoord van apartheid hangt rond deze taal. Schrijvers die de taal hanteren en door haar spreken, voelen zich geroepen ervoor op te staan, in hun diversiteit “saam te staan”. Het zal vooral de kracht van het woord zijn die het lot van het Afrikaans zal bezegelen. Spreken alle Zuid-Afrikanen over drie decennia Engels, is nog geopperd. Als ik de referaten en de poëzievoordrachten beluister, de vele gedichten lees in deze Tuin van Digters, de nieuwe Afrikaanstalige literaire boekpublicaties aanschouw en mensen hoor “gesels” in en over het Afrikaans, dan weet ik dat zoveel taalbewustzijn, liefde en overlevering deze moedertaal van vele Zuid-Afrikaanse sprekers – en niet alleen van de bezoekers van Wellington – niet snel onbetekenend zal maken. Of zoals de gisteren jarige Breyten Breytenbach het mij meldde en zo pregnant weet uit te drukken: het gaat tenslotte over de “saam-mekaar-andersmaak” van gemeenschappen. In dat gesprek ligt het bestaansrecht van een taal. Daar staat immers het Breytenbachsentrum voor zoals uit een opschrift van Breytenbach mag blijken, opgehangen in de inkomhall.

(c) Yves T’Sjoen / 17 September 2016

‘n Tuin vol digters vier fees

Wednesday, August 13th, 2014

Binne die bestek van enkele jare het die Breytenbach-sentrum op Wellington sy jaarlikse poësiefees, genaamd Tuin van Digters, gevestig as sekerlik een van dié glanspunte op die poësieliefhebber se kalender. En vanjaar se fees, wat presies oor ‘n maand, op 13 en 14 September, gaan plaasvind, is werklik iets wat nié gemis moet word nie; veral vanweë die verskeidenheid van aktiwiteite wat aangebied gaan word. (Kyk ook na die volledige program onderaan die bladsy).

Vir die duur van die fees is daar byvoorbeeld die kunsuitstalling (Vers & Verf) waaraan van ons vernaamste visuele kunstenaars gaan deelneem. Volgens die sentrum se progra, die volgende: “Die opdrag was eenvoudig: elke skilder moet verse uitbeeld op ’n 30 x 30-grootte doek. Die resultaat is ’n indrukwekkende groepsuitstalling waarin die wisselwerking tussen vers en verf (of ander mediums) die kyker oorbluf. Die werke is bekostigbaar en hou goeie beleggings in vir kunsliefhebbers.” Kunstenaars wie se werke te siene sal wees, is Johann Louw, Henk Serfontein, Angus Taylor, Keith Dietrich, Sandra Hanekom, Rae Goosen, JP Meyer, André du Toit, Ingrid Winterbach, Colleen Gericke, Gerrie van Tonder, Joshua Miles, Helen Vaughan, Shany van der Berg, Wim Rautenbach en Liekie Fouché.

Daarteenoor is Ukusela eKapa, of dan Slurp Kaapstad Op, is ’n amptelike World Design Capital 2014-projek, wat deur die keramiek-kunstenaar, Hennie Meyer, en die argitek, Janine de Waal, met groot opwinding deur Kapenaars ontvang word.

Nog ‘n kunsitem op die program is Digby Digters; ‘n uitstalling wat bestaan uit die werke van Dimitri Engelbrecht, een van die opkomende Wellingtonse kunstenaars wat ingeskakel het by die Breytenbach Sentrum se opleidingsprojekte in die visuele kunste, onder die mentorskap van Tessa Louw. In hierdie uitstalling is van Dimitri se lewensgetroue sketse van bekende Afrikaanse digters te sien én te koop. Dimitri sal ook tydens die Tuin van Digters in die uitstallokaal werksaam wees.

Die program vir Saterdag, 13 September, begin om 09:30 met die huldeblyk “Verse in my vingers” wat ter viering van Breyten Breytenbach se 75ste verjaardag saamgestel is. Die program is nie net deur Juanita Swanepoel saamgestel nie, maar sy het ook die regie behartig. Kunstenaars wat hieraan deelneem, is Johann Nel, Waldemar Schultz, Hugo Theart, Eugenie Wiggens en Laurinda Hofmeyr.

Om 11:00 kan nadergestaan word Diek Grobler, Lina Spies en Danie Marais se aanbieding van Filmverse, ’n visuele bloemlesing waarin twaalf gekose gedigte die inspirasie was vir ’n reeks van kort animasiefilms. Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, word gebruik vir hierdie boeiende proses waarin ’n dialoog tussen woord en beeld geskep word. Elke animasiefilm word vergesel van ‘n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Diek Grobler wys tydens hierdie sessie van die animasiewerk en gesels saam met digters oor die fassinerende manier hoe gedigte visueel lewe kry.

Om 12:00 begin ‘n reeks gesprekke oor bepaalde bundels wat vroeër vanjaar verskyn het. Eerste aan die beurt is dit Danie Marais wat met Alfred Schaffer gaan gesels oor sy bundel “Solank verlange die sweep swaai”; om 15:00 is Louis Esterhuizen in gesprek met Daniel Hugo oor sy bundel “Die afwesigheid van berge” en laastens, om 16:00, Andries Bezuidenhout wat oor sy bundel “Die veelvuldige gebruike van huishoudelike items” met Melt Myburgh in gesprek gaan wees.

Ander belangrike items dié betrokke Saterdag, is “Mengelmoes Digters” wat om 13:00 aangebied word: “Die Breytenbach Sentrum bied vir die afgelope jare met groot sukses ’n digters-slypskool aan vir voornemende digters, onder leiding van Diana Ferrus. Hierdie jong digterstemme, hoofsaaklik van Wellington en die Paarl, sal gehoor word tydens die Tuin van Digters.  Hul verse word aangevul deur die polsende rymkletse van die alombekende Hemelbesem, asook die nuwelinge Rhyme Author en Rimestein.” Aldus die program.

Die dagprogram word op ‘n besonderse manier afgesluit met twee poëtikale musiekitems, synde “Katalekte” (om 18:30) en “Slaaptyd in die suburbs” (om 20:00). In 2013 het Breyten ‘n seleksie van die gedigte uit die bundel “Katalekte” opgeneem saam met Schalk Joubert en Ronan Skillen as musikale regisseurs en komponiste. Met die lewendige uitvoering van hierdie opnames tree Schalk Joubert saam met die perkussiespeler, Ronan Skillen, en Laurinda Hofmeyr (klavier) op. Die vertolkings en voorlesings sal deur o.a. Antoinette Kellerman, Toast Coetzer, Vicky Davis en ander behartig word.

Slaaptyd in die suburbs” word aangebied deur Roof Bezuidenhout (stem en kitaar), Brixton Barnard (stem en baskitaar), Kapelaan Pat Plank (lead kitaar) en Louis Graham (tromme). Volgens die programnota’s het Roof Bezuidenhout die volgende oor hul musikale bydare tot die Tuin van Digters-fees te sê gehad: “Ons is nou never-has-beens wat ʼn comeback moet maak.”

Sondag beloof eweneens om ‘n opwindende program vir die poësieliefhebber te bied. Die eerste item begin reeds om 11:00 wanneer Daniel Hugo, Amanda Strydom en Janine Neethling die ontslape heer van ons letterkunde, Hennie Aucamp, op ‘n besonderse manier gaan vereer. Volgens die programnota’s sal Daniel Hugo meer oor Aucamp se digwerk vertel en ook enkele verse voorlees, terwyl Amanda Strydom oor sy invloed op haar loopbaan sal gesels en van sy getoonsette werke sing.

Stokoud en splinternuut”, wat om 14:00 begin, is ‘n musiekprogram wat deur David Kramer en Schalk Joubert aangebied word. Volgens die programnota’s, die volgende: “David Kramer vier ’n leeftyd van liriekskryf en keer weer terug na intieme, akoestiese konserte – presies hoe hy in die laat sewentigerjare begin het. David sing van sy splinternuwe liedjies waaraan hy tans werk, maar die gehoor kan ook uitsien na van sy stokou werke wat aan hom tereg die reputasie besorg het as een van die gewildste sangers en liriekskrywers in Suid-Afrika.”

En asof hierdie fees nie reeds uit genoeg hoogtepunte bestaan nie, word die verrigtinge om 17:00 in die Goodnow-saal afgesluit met die volgende: “Die derde Tuin van Digters sluit af met hierdie klassieke musiekuitvoering waarin Boerneef besing word. Hierdie konsert is nie net ’n afsluiting van ons fees nie, maar ook ’n afskop van ons klassieke musiekreeks wat die Breytenbach Sentrum vanjaar vir die eerste keer in die asemrowende Goodnow-saal aanbied.” Musiekkunstenaars wat by die program betrek is, is o.a. André Serfontein (tenoor), Bennie van Eeden (klavier) en Geoffrey Armstrong (violis); met Johann Nel, Sanet Taljaard en Alma Nel as stemkunstenaars. Die musiek van “Boplaas sing Kro-taal” is deur Pieter de Villiers en Louis van Rensburg verskaf.

Kaartjiespryse is soos volg:

Naweekpakket: R250 (sluit alle aanbiedings in).

Toegang vir 13 September: R180 (sluit alle aanbiedings in vir 13 September)

Toegang vir 14 September: R120 (sluit alle aanbiedings in vir 14 September)

Besprekings kan via e-pos gedoen word by Jeanne-Mari Gerber, of telefonies deur 021-8732786 te skakel.

Hoe ook al – maak tog net absoluut seker dat jy nie dié vreugde misloop nie.

Besoek gerus die amptelike webtuiste vir meer inligting.

♦ Gedurende 12-14 September kan boekklubs heerlik ontspan in die Kaapse Wynland van Wellington by ‘n boekklubnaweek wat ook die Tuin van Digtersfees insluit.

Volledige Program

TUIN VAN DIGTERS

BREYTENBACH SENTRUM

13 & 14 September 2014

 

VERS & VERF

Met werke deur Johann Louw, Henk Serfon­tein, An­gus Taylor, Keith Dietrich, Sandra Hanekom, Rae Goo­sen, JP Meyer, André du Toit, Ingrid Winterbach, Colleen Gericke, Gerrie van Tonder, Jo­shua Miles, Helen Vaughan, Shany van der Berg, Wim Rautenbach en Liekie Fouché

Die opdrag was eenvoudig: elke skilder moet verse uitbeeld op ’n 30 x 30-grootte doek. Die resultaat is ’n indrukwekkende groepsuitstalling waarin die wissel­werk­ing tussen vers en verf (of ander mediums) die kyker oorbluf. Die werke is bekostigbaar en hou goeie beleggings in vir kunsliefhebbers.

Breytenbach Galery.

13 September | 9:00 – 17:00

14 September | 9:00 – 17:00

 

UKUSELA EKAPA

Met Hennie Meyer en Janine de Waal

Ukusela eKapa, of dan Slurp Kaapstad Op, is ’n amptelike World Design Capital 2014-projek, wat deur die keramiek-kunstenaar, Hennie Meyer, en die argi­tek, Janine de Waal, met groot opwinding deur Kapenaars ontvang word. Nou kom maak hulle ook ’n draai by die Tuin van Digters – en word jy uitgenooi om ’n spesiale handdruk te kom gee vir ’n klei-beker. Hierdie beker sal uiteindelik deel uitmaak van ’n groot­skaal­se uitstalling later in die jaar. Alles vir ’n goeie doel en deur klei-handdrukke, kom ons nader aan me­kaar.

Breytenbach Galery.

13 September | 11:00 – 12:00

 

DIGBY DIGTERS

Met werke deur Dimitri Engelbrecht

Dimitri is een van die opkomende Wellingtonse kuns­te­naars wat ingeskakel het by die Brey­ten­bach Sen­trum se opleidingsprojekte in die visue­le kunste, onder die mentorskap van Tessa Louw. In hierdie uitstalling is van Dimitri se lewens­getroue sketse van bekende Afrikaanse digters te sien én te koop. Dimitri sal ook tydens die Tuin van Digters in die uitstallokaal werk­saam wees – kom kyk gerus hoedat hy met fyn pot­lood­lyne al nader kom aan die digters wat hy uitbeeld.

Glaslokaal.

13 September | 9:00 – 17:00

14 September | 9:00 – 17:00

 

VERSE IN MY VINGERS

Afr. Geen o/14

Regie en samestelling: Juanita Swanepoel

Met Johann Nel, Waldemar Schultz, Hugo Theart, Eugenie Wiggens en Laurinda Hofmeyr.

In November 1975 sê Breyten Breytenbach tydens sy verhoor in die Paleis van Justisie in Pretoria: “Ek voel, ek wéét ek het nog baie gedigte in my vingers en skilderye in my oog”. By ’n ander geleentheid weer: “Wat my betref – ek wil probeer skryf vir hiér, vir nóú. Ek wil in my werk so na moontlik probeer kom aan die verbygaande – nie die ewige nie, dié was altyd daar. En die ewige sê niks. Dis die verby­gaan­de wat seer maak, die plaaslike”. Verse in my vingers, destyds spesiaal saamgestel vir die Brey­ten­bach Sentrum, word vanjaar herleef vir Breyten se 75ste verjaardag.

13 September | 9:30 | 90 min.

 

FILMVERSE

’n ATKV-produksie in samewerking met Fopspeen Moving Pictures

Met Diek Grobler, Lina Spies en Danie Marais

Filmverse bied ’n visuele bloemlesing waarin twaalf gekose gedigte die inspirasie was vir ’n reeks van kort animasiefilms. Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, word gebruik vir hier­die boei­en­de proses waarin ’n dialoog tussen woord en beeld geskep word. Elke animasiefilm word vergesel van ‘n eie klankbaan waarop die ge­dig onder andere voor­ge­lees word. Diek Grobler wys tydens hierdie sessie van die animasiewerk en gesels saam met digters oor die fas­si­nerende manier hoe gedigte visueel lewe kry.

13 September | 11:00 | 50 min.

 

SOLANK VERLANGE DIE SWEEP SWAAI

Met Danie Marais en Alfred Schaffer

Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is ‘n mymerende, soms prewe­len­de, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afri­kaans­e middelklas-weergawe van die menslike toes­tand. Dit gaan oor die “roaring 40’s” en die eers­te onheil­spellende tekens van middeljarigheid, oor eg­skei­ding, enkelvaderskap, ontnugtering, ‘n ge­lief­de ma wat by die dood omdraai en die skrik­wek­kende rele­vansie van gruwelrolprente en pop­kul­tuur. Danie gesels met Alfred oor hierdie aan­gry­pen­de werk en feesgangers kan ook uitsien om bietjie te luis­ter na die musiek wat hierdie bundel gevorm het.

13 September | 12:00 | 50 min.

 

MENGELMOES DIGTERS

(Moontlik gemaak deur die ATKV en LW Hiem­stra Trust)

Met voorlesings deur Diana Ferrus, Danhouse, Gaireyah Fredericks, Nazlee Jeppie, Annelize Laban, Fiona Fertyn, Sophia Oliphant, Ashley Fortuin, Chantelle Hartebeest, Iola Craill, Charmaine Moosaen Adriaan Williams. Optredes deur die befaamde rym­klets­ers Hemelbesem, Rhyme Author en Rimestein.

Die Breytenbach Sentrum bied vir die afgelope jare met groot sukses ’n digters-slypskool aan vir voor­nemen­de digters, onder leiding van Diana Ferrus. Hierdie jong digterstemme, hoofsaaklik van Welling­ton en die Paarl, sal gehoor word tydens die Tuin van Digters.  Hul verse word aangevul deur die pols­ende rymkletse van die alombekende Hemel­besem, asook die nuwelinge Rhyme Author en Rimestein.

13 September | 13:00 | 90 min.

 

DIE AFWESIGHEID VAN BERGE

Met Louis Esterhuizen en Daniel Hugo

Louis Esterhuizen gesels met Daniel Hugo oor sy nuutste bundel, Die Afwesigheid van berge. Dié bun­del handel oor ’n alleman se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fanta­sieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in re­frei­ne wat die slagspreuke, clichés en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe teg­nologiese era. ’n Persoon­like bundel, maar ook ’n aktuele een. Kom luister na hierdie insiggewende ge­sprek tussen twee deurwinterde digters.

13 September | 15:00 | 50 min.

VEELVULDIGE GEBRUIKE VAN HUISHOUDELIKE ITEMS

Met Andries Bezuidenhout en Melt Myburgh

In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is ver­an­dering aan die werk. Die slo­pen­de werking van die geskiedenis bring verval, af­son­dering en ver­la­tenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers. Kom luister hoe Melt en Andries gesels oor gedigte, kombuise en ander ruimtes.

13 September | 16:00 | 50 min.

 

GEDIGTE SONDER GRENSE

(Ondersteun deur NB-uitgewers)

Met Marion Holm

Marion Holm lees van ons mooiste gedigte in Afri­kaans voor en maak poësie so lekker en toeganklik soos ’n bord goeie boerekos.  Bring jou gunsteling-ge­dig,  of een wat jy self geskryf het, saam en kom lees dit ook voor.

13 September | 17:00 | 45 min.

KATALEKTE

Met o.a. Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Antoinette Kellerman, Toast Coetzer en Vicky Davis.

Katalekte vorm ’n drieluik met Breyten Brey­ten­bach se vorige twee bundels, Die wind­vanger en Die beginsel van stof. In 2013 het Breyten ‘n se­lek­sie van die gedigte uit die bundel op­geneem saam met Schalk Joubert en Ronan Skillen as musikale regisseurs en komponiste. Saam vorm hulle ‘n beeld­skone en hip­notiese musikale reis waar woorde en klank jou nader bring aan die rykheid van die taal. Met die lewendige uitvoering van hierdie opnames sal Schalk Joubert saam met die meesterlike per­kus­siespeler, Ronan Skillen, en Laurinda Hofmeyr op klavier optree. Die vertolkings en voorlesings sal deur o.a. Antoi­net­te Kellerman, Toast Coetzer, Vicky Davis en an­der gerekende digters en ak­teurs behartig word.

13 September | 18:30 | 60 min.

SLAAPTYD IN DIE SUBURBS

Met Roof Bezuidenhout (stem en kitaar), Brixton Barnard (stem en baskitaar), Kapelaan Pat Plank (lead kitaar) en Louis Graham (tromme)

“History stops where the suburbs begin,” skryf die digter Denis Hirson. Tien jaar na hul vorige album, Spergebied, is die Brixton Moord & Roof Orkes terug met Slaaptyd in die suburbs, ʼn album met twaalf nuwe snitte. In die tien jaar tussen-in het die groep hervorm, opgebreek en toe weer her­vorm, maar die lede was ook besig met ander pro­jekte, soos solo-albums, digbundels en skil­de­rye. Toast Coetzer het die Brixton Moord & Roof Orkes beskryf as “kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana” en Pieter Rede­ling­huys het op­ge­merk: “Afrikaanse rock het liriek­skry­wers soos hier­die nodig”. Mariana Malan skryf die groep se “aan­slag wys kennis en begrip van poësie en kombineer dit op unieke wyse met die musiekgenre wat hulle gekies het”, terwyl An­go­la Badprop sê hulle “is ouens wat weet hoe om te jol, maar ook weet wat hulle uit hul musiek wil hê.” Roof Bezuidenhout self: “Ons is nou never-has-beens wat ʼn comeback moet maak.”

13 September | 20:00 | 80 min.

MEESTER AUCAMP

Met Daniel Hugo, Amanda Strydom en Janine Neethling

Hennie Aucamp het ’n blywende impak op die Afri­kaans­e letterkunde gemaak. In hierdie pro­gram bring ons hulde aan Meester Aucamp, wat nie net vir ons met van die beste Afrikaanse kortverhale en kabarette agterlaat nie, maar ook ’n skatkis vol verse. Daniel Hugo vertel meer oor Aucamp se digwerk, lees enkele verse voor, terwyl Amanda Strydom gesels oor sy invloed op haar loopbaan en van sy getoonsette werke sing.

14 September | 11:00 | 60 min.

 

STOKOUD EN SPLINTERNUUT

Met David Kramer en Schalk Joubert

David Kramer vier ’n leeftyd van liriekskryf en keer weer terug na intieme, akoestiese konserte – pre­sies hoe hy in die laat sewentigerjare begin het. David sing van sy splinternuwe liedjies waar­aan hy tans werk, maar die gehoor kan ook uit­sien na van sy stokou werke wat aan hom tereg die reputasie besorg het as een van die gewildste sangers en liriekskrywers in Suid-Afrika.  Kom be­leef die le­gen­de in die intieme atmosfeer van die Breytenbach Sentrum.

14 September | 14:00 | 70 min.

 

BOPLAAS SING KRO-TAAL

(Moontlik gemaak deur die Rupert Musiekstigting)

Met o.a. André Serfontein (tenoor), Bennie van Eeden (klavier), Geoffrey Armstrong (violis) asook Johann Nel, Sanet Taljaard en Alma Nel as stem­kuns­tenaars. Musiek deur Pieter de Villiers en Louis van Rensburg.

Die derde Tuin van Digters sluit af met hierdie klas­sieke musiekuitvoering waarin Boerneef besing word. Hierdie konsert is nie net ’n afsluiting van ons fees nie, maar ook ’n afskop van ons klassieke musiekreeks wat die Breytenbach Sentrum vanjaar vir die eerste keer in die asemrowende Goodnow-saal aanbied. Die volledige program vir dié reeks is op ons webwerf beskikbaar.

Goodnow-saal

14 September | 17:00 | 50 min.

 

EEN STOP

Alle vertonings, behalwe as dit andersins aangedui word, sal in die tent in die vierkant van die Brey­tenbach Sentrum aangebied word. Dit stel be­soe­kers in staat om te parkeer en alles rustig en gerief­lik op een plek te kan geniet.

Tydens die Tuin van Digters kan jy ook uitsien om die digters se bundels te koop, asook tweede­handse boeke, lekker verversings in ons t-winkel en in die Bôrdienghuis Teater te geniet, kosse en drankies te geniet, asook om geskenke en ander kreatiewe produkte te koop. 

 

WELLINGTON TOERISME

Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en ander inligting oor ons dorp en omgewing te bekom.

 

KAARTJIEPRYSE  

Naweekpakket: R250

(sluit alle aanbiedings in)

Toegang vir 13 September: R180

(sluit alle aanbiedings in vir 13 September)

Toegang vir 14 September: R120

(sluit alle aanbiedings in vir 14 September)

BESPREKINGS

Bespreek jou kaartjies per e-pos by Jeanne-Mari Gerber: besprekings@breytenbachsentrum.co.za

VERDERE NAVRAE

Breytenbach Sentrum, 14 Burgerstraat, Welling­ton.

Skakel ons by 021-8732786 of per e-pos na info@breytenbachsentrum.co.za

Volg ons op twitter, facebook en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2014.

VERBLYFBORG

Met dank aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur ’n e-pos na mattievisser@wellington-accommodation.com en kom kuier die naweek saam met ons.

DONATEURS

ATKV, Die Dagbreek Trust, Distell Stigting, Drakenstein Munisipaliteit, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers, NB-uitgewers, Rupert Musiekstigting.

 ***

Persverklaring: Digters uitgenooi na Tuin van Digters

Thursday, July 25th, 2013

 Digters uitgenooi na Tuin van Digters

Die Breytenbach Sentrum bied op 14 September 2013 die tweede Tuin van Digters op Wellington, waartydens ’n verskeidenheid digters sal kom gesels en van hul nuutste werke voorlees. In een van die sessies word alle digters genooi om te reageer op ’n gedig van Marlene van Niekerk.

Vroeër vanjaar het Van Niekerk die gedig “Mud School” aan die basiese minister van onderwys, Angie Motshekga, geskryf wat in die Mail & Guardian gepubliseer is. Dié gedig volg nadat afgevaardiges – waaronder die skrywer Njabulo Ndebele en die aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, Thabo Makgoba – die haglike omstandighede van die sogenaamde modderskole in die Oos-Kaap beleef het. In die Sunday Independent van 12 Mei 2013 nooi Makgoba die publiek uit om druk te plaas op Motshekga en die regering om dringend aandag te skenk aan die verwaarlosing van ons skole.

Die Breytenbach Sentrum nooi nou alle digters uit om op Van Niekerk se onderstaande gedig te reageer en om dan hul gedigte van saam-protesteer, of dan teenkanting, te kom voorlees. Belangstellendes moet teen 2 September 2013 ’n gedig e-pos na Theo Kemp by theo@breytenbachsentrum.co.za om te kan deelneem. Die Tuin van Digters sluit nie net voorlesings in van digters soos Wilma Stockenström, Clinton V du Plessis en Tom Gouws nie, maar ook optredes deur Hemelbesem, ’n woordkunsprogram, Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte met Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Nicole Holm, Waldemar Schultz en Kyle Seconna. Die dag sluit af met musiek deur Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyr, Albert Frost, Schalk Joubert, Nicole Holm en Vernon Swart.

Die volledige program is beskikbaar by 021-8732786 of per e-pos info@breytenbachsentrum.co.za.

Hier heel onder verskyn die program ook.

 

Mud school

 

(For the children of the Eastern Cape, twenty years after Freedom)

Minister Motshekga, your name is mud. Let’s see

what we can do with you. We can fire you and make

of you a brick, and add you to our school, maybe

as the corner stone. In rain you’ll turn into a turd.

We’ll skip over you and laugh. We can smear

you thickly on our walls and watch you crumble

in the summer wind, we’ll use your flakes to learn

subtraction until there is nothing  left to reckon with.

We can bake a cake with you and pretend we ‘re eating

lunch, or mould you to a wafer to serve us as a thin,

melting sacrament. We can press you in a frame

to form a wet slate and write this poem on you

with a twig and send  the president a truck of sun-

baked tiles to read until he weeps. But maybe he

will only grin and say, why complain?  Look where I

have gotten to with only standard six, I hold an honorary

doctorate from Beijing! Mrs Mud, we could erect for you

a headstone  in every school and every morning march

around it chanting, till it falls down like the walls of Jericho.

But will it help if the element is air, or song, or pristine hope?

Mud is a multi-purpose substance, Minister, we can fling

it in your face, if you would show it to us, but you rarely come.

A grateful word for rhyming, too, this mud that is your name,

for chewing on, like a dumb beast on its cud, until one day – 

having baked, skipped, eaten, written, reckoned,

ruminated, marched, prayed and chanted in its medium,

inhabited its frailty and studied well its force –we mix our blood

in it, and turn it into rock, and fan it into flame and furl

it into smoke and shout and tread under our feet the very buds

of spring, the things you should have nurtured,

the flowers of fresh learning, that we should have been.

 

–          Marlene van Niekerk

 

 

TUIN VAN DIGTERS  14 SEPTEMBER 2013

BREYTENBACH SENTRUM

Program

 

Woord & beeld – 30 x 30

 Met kunswerke deur Hanneke Benade, Willie Bester Hardy Botha, Anton Brink, Estelle Marais, Keith Dietrich, Jan du Toit, Sharle Mathews, Diane McLean, Henk Serfontein, Jaco Sieberhagen, Annette Snickers, Sue Tatham, Pienaar van Niekerk, Shany van den Berg, Clementia van der Walt en Ingrid Winterbach. Met hierdie groepsuitstalling is uiteenlopende kunstenaars gevra om hul gunsteling Afrikaanse gedigte op ’n 30 x 30-doek uit te beeld. Die uitstalling duur tot 13 Oktober 2013.

Breytenbach Galery.  9:00 – 17:00. Gratis.

 

Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte

Samestelling en spelleiding deur Juanita Swanepoel. Met Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Nicole Holm, Waldemar Schultz en Kyle Seconna. Leserskring, in samewerking met By en RSG, het ‘n bloemlesing en CD bekendgestel met die 100 gewildste Afrikaanse gedigte, soos deur ‘n openbare stemming gekies. Met hierdie aanbieding verpak ‘n bekroonde geselskap al dié gunsteling gedigte in ‘n reis deur die Afrikaanse poësie-skatkis. Van Jonker tot Krog, Totius tot Letoit, Opperman tot Small, Marais tot Eitemail.

Bôrdienghuis Teater, 9:30, 75 min. R60. Bespreek by 021-8732786, info@breytenbachsentrum.co.za

 

In die skadu van soveel bome

Met Hennie Nortjé

In Hennie Nortjé se debuutbundel, In die skadu van soveel bome, waarmee hy met die Eugène Marais-prys bekroon is, word ’n fyn ewewig gehandhaaf tussen emosie en intellek in weloorwoë, delikate woordkuns. Dit is verstegnies vaardige en deernisvolle gedigte waarin die bome van Suid-Afrika beelde word vir menswees en psigiese ervarings. Fyn natuurwaarneming, trefseker woordkeuses en speelse humor, ook satire, maak van die bundel ’n boeiende verkenning van die menslike psige en ons verhouding tot die natuur. Hennie gesels  oor sy reis op soek na die uitsonderlikste bome en gedigte.

Onderste lokaal, 11:00. 45 min. Gratis. 

 

Rangeer

Met Clinton V du Plessis & Erns Grundling

Rangeer is Clinton V. du Plessis se sewende bundel – en die gedigte hierin beweeg soos ’n  stoomtrein deur die verskillende landskappe:  of dit nou oor ’n politieke wil­der­nis wil vertel, oor die oppervlakkige moderne stads­bestaan of die leë behoeftes van die vlees. En ook in die saamgesels met die Afrikaanse letterkunde herken jy jouself op verskillende stasies – ’n Noupoort, ’n Kookhuis, ’n De Aar.  

Breytenbach Galery. 12:00. 30 min. Gratis.

 

Taalportret – Van die Kaap tot die Karoo

Samestelling en regie: Sophia Passerini.

Artistieke ontwerp: Marinda du Toit.   

Met die Breytenbach Sentrum se drama-studente: Glemorene van Rooyen, Gretchen Arendse, Edroy Kyster, Jamie-Leigh Ephraim, Justine Krieling, Davon Nontas, Hizel Riffel, Jonathan Fransman, Joslin Arendse, Raymile Small, Mané-Lee du Plessis, Shar-Nell Swarts, Hildry Jacobs, Ishwill Jacobs, Chimene Jacobs, Shu-Aib Isaacs, Eunique Agenbach, Chante van der Berg, Ebrahim Steenberg,  Ashlynn Vaughan en Jessica Titus. Ons pragtige land, sy herkoms en uiteenlopende karakters word uitgebeeld deur middel van die digkuns, sketse en sang.  Bekende skrywers se werk word voorgedra wat nie net heimwee sal oproep nie, maar ook die voorreg van Afrikaans-wees vier.

Vierkant. 12:30. 30 min. Gratis.

 

 Leliebloem se digters

 Onder leiding van Thérèse Hulme en Renée van den Berg.

 In 2012 het die Breytenbach Sentrum, in samewerking met die Music Therapy Community Clinic (MTCC), ‘n Poësie en Liriek- projek geborg as deel van die jeugprogram van die Leliebloem Jeugsentrum in Athlone. Hierdie groepie jong digters het sedertdien ander geïnspireer om ook te begin skryf!  Vanjaar neem elf jong vroulike digters van verskeie jeugsentrums op die Kaapse Vlakte deel in hierdie program van gedigte-voorlesings en sang, begelei deur marimba, kitaar, trom en klavier.

Bôrdienghuis Teater. 13:00. 45 min. Gratis.

  

Heuningland 

 Met Tom Gouws en Willem Pretorius

Tydens hierdie gesprek sal die landskapkunstenaar, Willem Pretorius, en die digter, Tom Gouws, ons inlig oor hulle simbiotiese werkservaring met die skep van Heuningland.Tom sal vertel hoe die skildery hom prikkkel om pen op te tel en Willem sal vertel hoe die gedig hom inspireer  om kwas op doek te sit. Besigtig gerus ook die meegaande uitstalling.

Breytenbach Galery. 13:30. 45 min. Gratis.

  

Hemelbesem & die Wellington-digters 

Met Hemelbesem en digter-voorlesings deur Edroy Kyster, Fiona Fertyn, Merle Dannhouse, Theresa Carstens, Nazlee Jeppie, Gaireyah Fredericks, Annelize Laban en Madelein Adams.  Hemelbesem is een van die gewildste en produktiefste Hip-Hop kunstenaars in Afrikaans.  Met sy skerp lirieke en aansteeklike ritmes sal hy sorg dat jy nie vir lank stilsit nie. Sy optrede word voorafgegaan deur voorlesings deur die opkomende digters in ons skryfskool, wat deur die ATKV geborg word, en aangebied word deur Diana Ferrus.

Vierkant. 14:00. 60 min. Gratis.

 

Hierdie mens  – Wilma Stockenström

Met Joan Hambidge en Wilma Stockenström

Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toon­aard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur ’n ironiese inslag, en fokus op momentopnames van die later lewe. Louise Viljoen skryf oor hierdie verse dat dit “so konkreet is dat jy voel of jy aan hulle kan vat, so bevatlik in hul eenvoud dat jy hulle byna intuïtief verstaan; tog is hulle gevul met ’n gedagtewêreld so ruim soos die heelal.” Joan Hambidge gesels inleidend oor Wilma Stockenström se gedigte, terwyl Wilma van haar gedigte sal voorlees. 

Bôrdienghuis Teater, 15:30. 30 min. Gratis.

 

Nuwe stemme 5

Met Riana Barnard, Loftus Marais; voorlesings deur Desmond Painter, Joan-Mari Barendse en Gerhard Bothma. 
Die Nuwe stemme-reeks is ’n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Die bundelreeks het met die verloop van slegs ’n paar jaar reeds ’n instelling geword. Vanjaar is daar opnuut bekende en opwindende name opgeneem. Kom luister na hierdie nuwe stemme se verse en hoe die samestellingsproses van die bundel gewerk het.

Breytenbach galery. 16:00. 45 min.

 

Beste Angie

Marlene van Niekerk skryf die gedig “Mud School” wat vroeër vanjaar in die Mail & Guardian gepubliseer is. In hierdie gedig gooi sy modder na die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, oor die verwaarlosing van ons land se skoolstelsel. Ons nooi alle digters uit om op Van Niekerk se gedig te reageer en om dan hul gedigte van saam-protesteer, of dan tee-praat, te kom voorlees. Indien jy ’n gedig op die hart het, kontak Theo Kemp by theo@breytenbachsentrum.co.za Die gedig “Mud School” is ook op navraag beskikbaar.

Breytenbach Galery. 17:00. 45 min. Gratis.

 

Onherroeplik
Met Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyr, Albert Frost, Schalk Joubert, Nicole Holm en Vernon Swart. Voorlesings deur o.a. Carina Stander, Clinton V du Plessis, Diana Ferrus, Loftus Marais en Marius Crous. Die enigmatiese Gert Vlok Nel se debuutbundel, Om te lewe is onnatuurlik, en sy eerste CD, om beaufort wes se beautiful woorde te vergeet, kan tereg beskou word as ’n belangrike baken in die Afrikaanse digkuns en musiek. Na bykans 14 jare se maer jare, verras Gert Vlok Nel met ’n tweede album, Onherroeplik. Hy tree by die Tuin van Digters op saam met die volle span musici wat aan die CD se opname gewerk het. ’n Uitsonderlike ervaring wat aangevul word met digters-voorlesings.

Vierkant. 18:30. 90 min. R100. Bespreek by 021-8732786, info@breytenbachsentrum.co.za

 

Kuier die hele dag

Al die lokale is op die Breytenbach Sentrum-perseel. Tussendeur die sessies wil ons jou graag uitnooi om saam te kuier en ons te ondersteun: 

  • The Book Traders bied die beste tweedehandse en versamelaarswerke teen billike pryse.
  • Protea Boekwinkel is spesiaal hier om al die digters se nuutste werke, asook CD’s, te verkoop.
  • Loer in by die kunswinkel, Kardoes, maak ’n draai by die Kreasie Stasie-kunsskool en die pottebakkerystudio, Earth Butter.
  • Besigtig die lapkunswerke in die digterstuin, gemaak deur ons tekstiel- en naaldwerkstudente en koop van hul kreatiewe boeksakke.
  • Die Bôrdienghuis Teater se kontantkroeg is die hele dag beskikbaar en sal uitgesoekte kosse verkoop. En moenie vergeet om tee te kom drink in die T-aansluiting nie.

 

 Vir meer inligting

 Kontak die Breytenbach Sentrum: Burgerstraat 14 (h/v Burger en Malherbe, info@breytenbachsentrum.co.za, 021-8732786. Die program is onderhewig aan veranderinge wat op ons webwerf www.breytenbachsentrum.co.za aangebring sal word.

 

Donateurs

ATKV, Dagbreek Trust, Drakenstein Munisipaliteit (wyk 18), Het Jan Marais Nationale Fonds, IDT, LW Hiemstra Trust, Naspers Voorsittersfonds.

 

 

 

  •