Posts Tagged ‘Tweelinge’

Leon Retief. Die fout, liewe Brutus, is nie in die sterre te vinde nie…

Thursday, August 7th, 2014

Die fout, liewe Brutus, is nie in die sterre te vinde nie…

Menslike kariotipe

“Het hulle jou nooit gekul deur plekke te ruil nie?” is ‘n algemene vraag wanneer iemand verneem dat ek met een van ‘n identiese tweeling getroud is. My vrou en haar suster verseker my dat dit nooit gebeur het nie maar sedert ek hulle leer ken het en tot vandag toe lyk hulle verstommend eenders, sodanig so dat ek eenkeer in ‘n oomblik van verstrooidheid die verkeerde een totsiens gesoen het – eers toe hulle begin lag het ek my fout agtergekom.

THE TWINS

 

In form and feature, face and limb,

I grew so like my brother,

That folks got taking me for him,

And each for one another.

It puzzled all out kith and kin,

It reached a fearful pitch;

For one of us was born a twin,

Yet not a soul knew which.

One day, to make matters worse,

Before our names were fixed,

As we were washed by nurse,

We got completely mixed;

And thus, you see, by fate’s decree,

Or rather nurse’s whim,

My brother John got christened me,

And I got christened him.

This fatal likeness even dogged

My footsteps when at school,

And I was always getting flogged,

For John turned out a fool.

I put this question, fruitlessly,

To everyone I knew.

‘What would you do, if you were me,

To prove that you were you?’

Our close resemblance turned the tide

Of my domestic life,

For somehow, my intended bride

Became my brother’s wife.

In fact, year after year the same

Absurd mistakes went on,

And when I died the neighbors came

And buried brother John.

— Henry Sambrooke Leigh —

Identiese tweelinge is meestal natuurlike klone met dieselfde genetiese materiaal. Meestal, maar nie altyd nie – daar mag nou en dan genetiese verskille wees, gewoonlik te wyte aan “copy number variants” (wat dit ook al in Afrikaans mag wees) en epigenetiese faktore wat fenotipiese ekspressie mag beïnvloed, maar sulke verskille is nie baie algemeen nie en ek gaan dit daar laat – genoeg om te sê dat identiese tweelinge in enkele gevalle aansienlik mag verskil met betrekking tot gedrag en voorkoms maar dat die uiters opmerklike ooreenkomste die verskille by meeste identiese tweelinge heeltemal oorheers.

MY TWINS

 

Of twin daughters I’m the mother –

Lord! how I was proud of them;

Each the image of the other,

Like two lilies on one stem;

But while May, my first-born daughter,

Was angelic from the first,

Different as wine and water,

Maude, my second, seemed accurst.

I’m a tender-hearted dame,

Military is my bent;

Thus my pretty dears can claim

For their Pa the Regiment.

As they say, to err is human;

But though lots of love I’ve had,

I’m an ordinary woman,

Just as good as I’m bad.

Good and bad should find their level,

So I often wonder why

May was angel, Maude was devil,

Yet between the two was I.

May, they say, has taken vows –

Sister May, pure and sweet;

Maudie’s in a bawdy house,

Down in Mariposa Street.

It’s not natural I’m thinking,

One should pray, the other curse;

I’m so worried I am drinking,

Which is making matters worse.

Yet my daughters love each other,

And I love them equally well;

Saint and sinner call me mother…

Ain’t heredity just hell?

— Robert William Service.–

Ons het heel verstaanbaar ‘n intense belangstelling in identiese tweelinge ontwikkel en gou vasgestel dat daar inderdaad geweldig baie navorsing op hierdie gebied gedoen word – nie net op indentiese tweelinge op sig self nie maar ook, en dit is wat ons uiters interessant gevind het, op sulke tweelinge wat by geboorte geskei is en apart grootgeword het. In die VSA is daar ten minste twee eenhede waar tweeling-navorsing gedoen word, by die universiteite van Minnesota en Kalifornië onder leiding van onderskeidelik proff. Matt McGue en Nancy Segal.

Hierdie eenhede bestaan nie net omdat mense nuuskierig is oor identiese tweelingskap nie maar hoofsaaklik omdat sulke tweelinge uitstekende materiaal is vir navorsing oor die invloed van genetiese faktore op gedrag, oftewel die nature-nurture debat. Tot relatief onlangs was sulke navorsing meer as net ietwat on-PK, die gevolg van die lang, donker skaduwee wat eugenetika (afgelei van woorde wat beteken “goed gebore”) oor hierdie vakgebied gewerp het – op sig self interessant, dis wonderlik watter fassinerende dinge mens oor allerlei verwante onderwerpe uitvind as jy eers op half toegegroeide sypaadjies begin afdwaal en dis presies wat ek kortstondig gaan doen. Dit het my ook weereens daarvan bewus gemaak dat die natuurwetenskappe nie gladweg, ongestoord en eweredig sy gang gaan nie, “soos strome kalm en breed” soos die psalm (of gesang?) sê, maar met rukke en stote, twee stappies vorentoe en een agteruit soos Lenin geskryf het.

Eugenetika is ‘n baie ou begrip, Plato en Aristoteles het reeds geskryf dat die “regte” mans en vroue kinders moet hê om die “beste” nasate te lewer. Hierdie begrip is uitgebrei deur Francis Galton (1822-1911) wat sy familielid Charles Darwin se Origin beskou het as die grondslag vir sy lewenstaak. Hy het Darwinistiese beginsels toegepas op sielkunde en ook baie daartoe bygedra dat hierdie vakgebied van filosofie begin differensieer het. Die ongelukkige gevolge van Galton se beweging ten spyt, hy het darem een uiters belangrike beginsel vir die sielkunde en die natuurwetenskappe oor die algemeen daar gestel: “Whenever you can, count.” Die belang van hierdie begrip vir die lewenswetenskappe kan byna nie oorskat word nie

In 1869 publiseer hy Hereditary Genius, die eerste grootskaalse studie oor gedragsgenetika, waarin hy ‘n groot aantal vooraanstaande mans bestudeer het. Sy bevindings was dat daar ‘n sterk familieverwantskap bestaan wat predisponeer vir prestasie in verskeie rigtings. Galton was natuurlik bewus daarvan dat omgewing wel ‘n rol kan speel maar het verskeie argumente geopper om sy sienswyse oor die belang van genetiese faktore te ondersteun. Hy het onder andere verwys na Michael Faraday wat byna geen formele opleiding gehad het nie maar tog een van die mees invloedryke fisici van sy era (en in die geskiedenis van fisika oor die algemeen) geword het. Hoe verklaar mens dit op grond van omgewing wou hy weet. Sy gevolgtrekking was: “There is no escaping from the conclusion that nature prevails enormously over nurture when the differences of nurture do not exceed what is commonly to be found among persons of the same rank in society and in the same country.”

Galton het waarskynlik nie voorsien watter gevolge sy nuwe vakgebied tot gevolg sou hê nie en dit is inderdaad ‘n donker hoofstuk in die geskiedenis van nie net die wetenskappe nie maar ook van medisyne. Pogings om te verseker dat diegene wat deur die gemeenskap beskou is as onbevoeg om voort te plant het met rasse skrede toegeneem. Die situasie is vergerger deur toenemende armoede, misdaad en prostitusie in Victoriaanse Engeland op ‘n skaal soos nog nooit tevore gesien is nie.

Die meer welgestelde strata van daardie samelewing het met kommer toegekyk hoe die hoi polloi al meer aanteel, ‘n hoë kindersterftesyfer ten spyt en was van mening dat iets aan die saak gedoen moet word. Ethel Elderton, ‘n gesiene amateur statistikus, het geskryf: “Improvements in social conditions will not compensate for bad hereditary influence” en “The only way to keep a nation strong mentally and physically is to see that each new generation is derived chiefly from the fittest members of the generation before.” Vooraanstaande mense soos H G Wells, George Bernard Shaw, Churchill, John Maynard Keynes, Teddy Rooseveldt en selfs Margaret Sanger van Planned Parenthood faam het haar sienwyse gedeel. Sanger het geskryf: “Birth control… is nothing more or less than the facilitation of the process of weeding out the unfit, of preventing the birth of those who will become defectives.”

Eugenetika het nie net in Engeland posgevat nie maar ook in die VSA en Skandinawiese lande. Studies van “defekte” families is gepubliseer waarvan dié van die bekende/berugte Kallikak familie van New Jersey waarskynlik die bekendste is – sien die skakel aan die einde. Studies wat die koste vergelyk van sterilisasie teenoor langtermyn versorging is gepubliseer om die standpunt van eugenetici te ondersteun.

Bell vs Buck (1927) is ‘n hofsaak wat na my mening toon hoe algemeen die beginsels van eugenetika destyds aanvaar is. Carrie Buck is op 17-jarige ouderdom deur ‘n familielid verkrag en ‘n kind Vivian is gebore. Die staat Virginia het besluit dat sowel Carrie, haar ma en haar ses-maande oue kind intellektueel gestrem is en wou Carrie steriliseer. Carrie het regsverteenwoordiging verkry maar het die saak in die Amerikaanse Appelhof verloor. Regter Oliver Wendell Holmes het gesê: “Three generations of imbeciles is enough!” Soos ek verstaan was Holmes eintlik ‘n baie liberale regter maar ons is almal maar produkte van ons tyd, net soos Holmes, GB Shaw, Sanger en andere. Terwyl mens sulke standpunte vandag kan kritiseer moet mens die retrospektoskoop dalk nie te kwistig gebruik nie. Maar darem en nogtans.

Die VSA het “Fitter Family Contests” en “Better Baby Contests” geloods om die doelwitte van eugenetika te bevorder.

‘n Gesin in ‘n Amerikaanse “Fitter Family Contest”, Texas State Fair, 1927

Deelnemers aan ‘n “Better Baby Contest” maak hul kinders gereed vir beoordeling

Korrelasie beteken natuurlik nie kausaliteit nie maar dit is wel interessant om te sien hoe die populariteit van die naam Eugene die gewildheid van die eugenetika-beweging moontlik weerkaats. In 1900 het sowat vier seuns per duisend hierdie naam gekry, dit het gestyg tot 7,5/1000 in die 1920’s toe eugenetika op sy hoogtepunt was, tydens die 1970’s toe “nurture” hoogty gevier het is slegs een seun uit ‘n duisend met hierdie naam gedoop.

Die populariteit van eugenetika het gelukkig redelik vinnig getaan onder andere danksy Nazi-Duitsland se toepassing van hierdie beginsel – moontlik die enigste min of meer “goeie” gevolg van hierdie monsteragtige bewind, alhoewel tallose onskuldige slagoffers daarvoor met hul lewens moes boet. Die begrip dat genetika verantwoordelik is vir gedrag het derhalwe in onguns verval en is tot ‘n groot mate vervang deur die “blank slate” hipotese, iets wat in werklikheid nooit iets anders as ‘n hipotese was nie maar blote refleksiewe PK. Navorsing oor die erflike aspekte van gedrag het afgeneem van ‘n hoogtepunt in 1930 toe agt uit elke honderd akademiese publikasies in sielkunde hierdie aspek aangespreek het tot ‘n laagtepunt van twee per honderd in die 1950’s. Dit was net eenvoudig uit die bose om te beweer dat gene gedrag kan beïnvloed, die pendulum het grootliks na die ander kant geswaai en die heersende mening was dat kinders as ‘n tabula rasa gebore word, sodanig so dat selfs seksuele identiteit na willekeur manipuleer kan word.

As ek nog ‘n interessante maar ietwat grusame ompaadjie mag loop: die blank slate word uitstekend geïllustreer deur die nou berugte John/Joan geval. Bruce Reimer (hy het later sy naam na David verander) en sy tweelingbroer Brian is in 1965 in Winnipeg, Kanada gebore. Omdat hulle fimose gehad het is daar besluit om hulle op die ouderdom van ses maande te besny. Die uroloog het ‘n nuwe koutermasjien gebruik, iets het daarmee verkeerd gegaan en die arme David se hele tottertjie is verkool. Soos mens goed kan verstaan was die ouers ten einde raad, per slot van sake, hoe de hel maak mens met ‘n seuntjie groot wat twee testikels het maar geen penis nie en hoe pas daai kind in die samelewing in?

Redding het gekom – of so het Bruce en Brian se ouers gedink – toe hulle ‘n TV-program sien waarin die sielkundige John Money opgetree het. Money was van mening dat mense gender-neutraal gebore word en dat seksuele identiteit geheel en al die gevolg is van sosiaal aangeleerde faktore. Die blote feit dat ‘n XX of XY genotipe noodwendig ‘n impak op seksuele gedrag en identiteit mag hê (sekerlik tot ‘n wisselende mate maar dit het beslis in verreweg die oorgrote meerderheid van mense ‘n baie betekenisvolle invloed) het skynbaar by hom geen gewig gedra nie.

Toe Bruce se ouers hom kontak het hy onderneem om hul seuntjie te behandel. Sy raad was dat hulle hom as ‘n dogtertjie moet grootmaak en dat niemand, ook nie Bruce of sy broer, mag weet wat gebeur het nie en dat hy later “korrektiewe” chirurgie moet ondergaan. Op die ouderdom van 22 maande is die eerste van die voorgenome chirurgiese prosedures uitgevoer toe Bruce (teen daardie tyd herdoop na Brenda) ‘n orgidektomie ondergaan het. Oftewel, die arme seuntjie se knatertjies is verwyder.

Vir jare het die tweeling en hul ouers Money elke jaar besoek vir evaluasie en verdere beplanning van hul hantering. Dit is moeilik om akkurate informasie oor hierdie tydperk te verkry maar terwyl ek dit nie betwyfel dat Money suiwer motiewe gehad het nie is ek wel van mening dat ten minste sommige aspekte van sy optrede uiters oneties was maar ek gaan dit nie bespreek nie. Een van sy studente het ook beweer dat die tweeling se ouers aan hom gelieg het maar ek kon nie vasstel op grond waarvan die bewering gemaak is en of dit korrek is nie. Dit klink vir my onwaarskynlik dat hulle aan Money een ding sou vertel en aan die student ‘n ander want hulle moes beslis besef het dat die student dit aan Money sou meedeel, maar wie sal weet? Daar is beweer dat Money sy notas oor die geval (dit wil nou sê sy persoonlike notas en nie dit wat hy in akademiese joernale publiseer het nie) onder embargo geplaas het maar ek kon ook in hierdie geval nie die waarheid van die bewering vasstel nie.

Wat die geval ook al mag wees, Money het gedurende hierdie tydperk artikels in die akademiese literatuur publiseer waarin hy die “vordering” van sy terapie beskryf het as ondersteuning van sy hipotese oor genderneutraliteit. Om hul identiteit te beskerm is na hulle verwys as John en Joan. Hy het Bruce/Brenda beskryf as ‘n tipiese aktiewe jong dogtertjie wat nie die die seuntjie-agtige gedrag van sy/haar broer toon nie. Dit was egter alles behalwe die geval: sedert die ouderdom van ongeveer 8 of 9 jaar het Bruce/Brenda al die kenmerke van ‘n aktiewe jong seuntjie begin vertoon. Hy was intens ongelukkig met die rol wat aan hom toegeken is maar het nie die vaagste benul gehad van die oorsprong van hierdie diepe ongelukkigheid nie.

Toe Money druk begin uitoefen op Bruce/Brenda se ouers vir meer radikale chirurgie wat aan hul seun ‘n vagina sou gee het hulle verdere kontak met Money gestaak, heel moontlik omdat hulle agtergekom hoe ongelukkig hul seun is. Destyds, en tot ‘n groot mate steeds, word mense wat seksuele hertoewysing-chirurgie benodig meer dikwels van vaginas voorsien as van penisse, ietwat lighartig maar tog korrek beskryf deur Milton Diamond as “it’s easier to dig a hole than to build a pole.”

Diamond, ‘n anatoom en seksuoloog van Hawaii het baie daartoe bygedra om die sluier te lig wat Money (soos dit vir my voorkom) later oor die John/Joan geval gewerp het. Hy het ook ‘n interessante opmerking gemaak: mense wat met anomaleuse seksorgane gebore is maar chromosomaal manlik was en wat seksuele hertoewysing-chirurgie ondergaan het om vroulik te word was baie dikwels ongelukkig met hul nuwe anatomie.

Ek het die John/Joan geval genoem nie omdat ek dink dat mens se chromosome die alfa en omega van seksuele identiteit is nie (of van meeste ander dinge) maar bloot as aanduiding van hoe ver die pendulum destyds weggeswaai het van die “nature” kant van die debat. Nogtans was daar aspekte van gedragsgenetika wat nie misgekyk kon word nie en navorsing daaroor het weer stadig begin toeneem, sodanig so dat gemiddeld twaalf uit elke honderd publikasies in die 1970’s daaroor gehandel het. Deesdae is dit ‘n gevestigde onderafdeling van die sielkunde waartoe nie net sielkundiges bydraes lewer nie maar ook psigiaters, neurobioloë en genetici. In 2011 is meer as 1200 artikels in akademiese joernale oor die interaksie tussen gene en die omgewing gepubliseer.

Toe die menslike genoom in die vroeë 2000’s ontrafel is het baie mense (ek ook) gedink dat daar ‘n korrelasie sal wees tussen een of enkele gene en een gedragspatroon, iets waarteen sielkundiges en baie medici heel tereg skepties gestaan het. Dat daar wel ‘n verband is tussen ons gene en ons gedrag is natuurlik nie te betwyfel nie maar die verwantskap is nie so eenvoudig nie, die interaksie tussen gene en gedrag is baie, baie meer kompleks as wat aanvanklik vermoed is.

BODY AND SOUL

 

They grow up together

but they aren’t even fraternal

twins, they quarrel a lot

about where to go and what

to do, the body complains

about having to carry

the soul everywhere as if

it were some helpless cripple,

and the soul snipe that it can go

places the body never dreamed of,

then they quarrel over which of them

does the dreaming, but the truth is,

they can’t live without each other and

they both know it, anima, animosity,

 

the diaphragm pumps like a bellows

and the soul pulls out all the stops –

sings at the top of its lungs, laughs

and can leave whenever it wants –

but only as long as it knows

the door will be unlocked

when it sneaks back home before

the sun comes up, and when the body

says where have you been, the soul

says, with a smirk, I was at the end

 

of my tether, and it was, like a diver

on the ocean floor or an astronaut

admiring the view from outside

the mother ship, and like them

it would be lost without its air

supply and protective clothing,

the body knows that and begins

to hum, I get along without you

 

very well, and the soul says, Listen

to that, you can’t sing worth a lick

 

without me, they’ll go on bickering

like this until death do them part –

and then, even if the soul seem to float

above the body for a moment,

like a flame above a candle, pinch

the wick and it disappears.

Sharon Bryan

Die MAO-A geen, bekend as die “warrior gene” is ‘n goeie voorbeeld. ‘n Mutasie in hierdie geen wat verantwoordelik is vir die metabolisme van neuro-oordragstowwe soos serotonien, noradrenalien, adrenalien, melatonien, dopamien, tiramien en triptamien veroorsaak antisosiale en aggressiewe gedrag maar dit kom slegs tot uiting in mense wat as kinders mishandel is – mense met dieselfde mutasie maar wat grootgeword het in huise waar hulle die normale liefdevolle ouer-kind verhouding gehad het toon nie sulke gedrag nie.

Dit is juis hier waar identiese tweelinge die verhoog betree en navorsing oor sulke tweelinge wat by geboorte geskei is, hul genetiese samestelling en hul gedrag lewer werklik fassinerende leesstof. Onbewus van hul tweelingskap het hierdie mense vir dekades, in een geval vir sewentig jaar, apart en onder verskillende omstandighede grootgeword en geleef. Hulle is dus uitstekende proefkonyne om aspekte van “nature” versus “nurture” te ondersoek. Resultate van gedragsgenetiese navorsing van identiese tweelinge wat saam grootgeword het (soos “my” tweeling) kan gekritiseer word omdat die eenderse omstandighede, beginnende by hul uteriene omgewing, eenderse behandeling deur hul ouers en so voorts vanselfsprekend eenderse gedragspatrone tot gevolg kan hê. Studies van identiese tweelinge wat onder verskillende omstandighede grootword systap hierdie beswaar netjies.

Herenigde tweelinge ondergaan intensiewe ondersoeke wat diepgaande kennis van hul gedrag en persoonlikhede verskaf. Dat sulke tweelinge merkwaardige ooreenkomste toon kon ek (en seker ook ouers en gades van identiese tweelinge) voorspel het, maar die graad van ooreenkoms is soms verstommend. Een voorbeeld is die identiese tweeling Jim Springer en Jim Lewis, beskryf deur prof. Nancy Segal. Hulle is by geboorte geskei en na 39 jaar herenig. Beide Jims se eerste twee eggenotes was genaamd Linda en Betty. Elkeen het ‘n seun genaamd James Allen, as kind had elkeen ‘n hond met die naam “Toy”. ‘n Blou Chevrolet het hulle na hul jaarlikse vakansie in dieselfde paar straatblokke in Florida vervoer (waar hulle nooit ontmoet het nie), beide het Salems gerook, hul naels gekou, aan migraine gely en liefdesbriefies aan hul gades in die huis gelos.

Daar was natuurlik ook verskille: een Jim kon sy gedagtes beter in die geskrewe woord uitdruk en die ander in spraak. Hul haarstyle was heeltemal anders en een Jim was ten tye van die ondersoek reeds drie keer getroud.

Ek het sulke ooreenstemmings ook in “my” tweeling ondervind. My vrou en haar sus is altwee baie bysiende en dra al van kleintyd af bril. Om dus so elke paar jaar nuwe lense en soms ‘n nuwe raam te moet kry is dus vir hulle algemeen. Telkens kies hulle dieselfde raam of een wat baie eenders lyk sonder dat vooraf daaroor beraadslaag word. Wanneer hulle terugkeer van hul haarkapster is hul haarstyle dieselfde of amper so. My skoonsus is getroud met ‘n wewenaar wat twee dogters uit sy eerste huwelik het. Toe ons nog in Kaapstad gewoon het en hulle in Kimberley het die oudste stiefdogter Karen om een of ander rede na Kaapstad gevlieg en ons het haar by die lughawe gaan haal. Toe Karen ons sien het sy so ‘n tree agteruit gegee van verbasing. My skoonsus het haar in Kimberley gaan afsien geklee in blou jeans, ‘n blou en wit gestreepte t-hemp en wit tekkies, en hier kom haal ons haar en my vrou dra dieselfde klere. Dit was nie vooraf so afgespreek nie maar vir Karen het dit gelyk asof haar ma haar in Kimberley gaan aflaai het en weer in Kaapstad kom haal het.

Verskynsels soos hierdie is wel baie interessant en mens kan meer sulke voorbeelde noem maar dit is toevallighede wat slegs van triviale belang is. Daar is nie spesifieke gene wat kodeer vir hondename, blou Chevvies, vakansieplekke of gestreepte t-hemde nie en alhoewel ooreenkomste in aspekte van gedrag meer dikwels gevind word by identiese tweelinge (saam grootgeword of by geboorte geskei) suggereer dit dat dit die gevolg is van komplekse geenkombinasies wat kodeer vir gedragspatrone wat ‘n sterk waarskynlikheid het om tot uiting te kom en sekere aspekte in gemeen te hê. Hierdie gedrag is op sig self nie buitengewoon nie maar is opvallend bloot omdat dit in twee naverwante individue sigbaar is. Alle ander mense besit ook komplekse geenkombinasies maar omdat die gevolglike gedragspatrone slegs in enkelinge voorkom, of so nie in twee individue wat dalk nie eers in dieselfde vasteland woon nie vind niemand dit buitengewoon nie.

Behalwe die idiosinkrasieë hierbo genoem, toon identiese tweelinge wat by geboorte geskei is en onder verskillende omstandighede grootgeword het, ook baie ander ooreenkomste in gedrag sowel as persoonlikheidskenmerke, baie meer so as nie-identiese tweelinge wat saam grootgeword het – ‘n duidelike voorbeeld van die invloed van gene op gedrag. ‘n Goeie voorbeeld is IK: identiese tweelinge wat apart grootgeword het, se IK’s toon ‘n gemiddelde korrelasiekoëffisiënt van 0.85. Nie-identiese tweelinge wat saam grootgeword het, se IK’s korreleer met slegs 0,60. ‘n Verdere interessante bevinding was dat die effek van gene op gedrag by geskeide identiese tweelinge al sterker tot uiting begin kom het met toenemende ouderdom, dit wil sê namate die invloed van nie-gedeelde omgewingsfaktore (non-shared environment) getaan het.

Studies van persoonlikheidskenmerke soos ontvanklikheid vir nuwe ervarings, introversie of ekstroversie, emosionele stabiliteit en pligsbesef of onverantwoordelikheid toon eweneens ‘n veel groter korrelasie in identiese tweelinge as in hul nie-identiese eweknieë.

Ouers en lewensmaats van identiese tweelinge sal sonder huiwering die besondere hegte verhouding tussen identiese tweelinge bevestig – iets wat ek al telkemale met verwondering waargeneem het. Navorsing oor identiese tweelinge het ongeveer gelyktydig met teoretiese en empiriese studies van evolusionêre psigologie (oftewel sosiobiologie) begin ontwikkel. Ten spyte van soms geregverdigde kritiek het hierdie vakgebied onteenseglik getoon dat organismes se gedrag sodanig is dat dit die voortplanting van hul gene sal bevoordeel. Navorsing oor altruïstiese gedrag in sosiale insekte en verskeie ander organismes, insluitende primate, het hierdie beginsel gevestig as een van die grondbeginsels van sosiobiologie. Die gedrag van identiese tweelinge teenoor die kinders van hul identiese tweelingmaats bevestig die beginsel dat organismes (mense inkluis) sodanig optree dat hulle Richard Dawkins se “selfsugtige geen”-beginsel handhaaf: identiese tweelinge is veel meer besorg oor die kinders van hul tweelingmaats as oor kinders van ander sibbe. Dit het ek self in “my” tweeling waargeneem in hul optrede jeens hulle kinders en die van hul ouer suster.

Nagenoeg een geboorte uit elke 250 het ‘n identiese tweeling tot gevolg, dus is dit moontlik dat ‘n paar lesers van Versindaba ook met een van ‘n identiese tweeling getroud is. Indien so iemand hierdie lees, herkou gerus hieraan: baie lede van identiese tweelinge rou meer intens by die afsterwe van ‘n tweelingmaat as wanneer hulle gade hulle ontval.

Baie lewensmaats van een van ‘n identiese tweeling vind dit moeilik om die hegte verhouding tussen sy/haar lewensmaat en die ander een van die tweeling te aanvaar en dit wil my voorkom asof dit veral mans, selfsugtige wesens wat ons nou maar eenmaal is, wat hiermee probleme ondervind. Wat myself betref, ek ondervind dit as ‘n lewenslange avontuur om die interaksie tussen my vrou en haar sus dop te hou.

DANCERS EXCERCISING

 

Frame within frame, the evolving conversation

is dancelike, as though two could play

at improvising snowflakes’

six-feather-vaned evanescence,

no two ever alike. All process

and no arrival, the happier we are,

the less there is for memory to take hold of,

or – memory being so largely a predilection

for the exceptional – come to a halt

in front of. But finding, one evening

on a street not quite familiar,

inside a gatedit would seem,

November-sodden garden, a building

of uncertain provenance,

peering into whose vestibule we were

arrested – a frame within a frame,

a lozenge of impeccable clarity –

by the reflection, no, not

of our two selves, but of

dancers exercising in a mirror,

at the center

of that clarity, what we saw

was not stillness

but movement: the perfection

of memory consisting, it would seem,

in the never-to-be-completed.

We saw them mirroring themselves,

never guessing the vestibule

that defined them, frame within frame

contained two other mirrors.

— Amy Clampitt–

Baie van die inligting oor identiese tweelinge is danksy prof. Nancy Segal van die universiteit van Kalifornië, Fullerton, voorheen van die universiteit van Minnesota, asook prof. Matt McGue van Minnesota en dan moet ek natuurlik spesifiek en in die besonder my dank betuig aan die identiese tweeling Lesli Retief en Lynnette Botha, “womb mates and bosom friends” by wie ek so baie geleer het.

Die Kallikak familie: http://psychclassics.yorku.ca/Goddard/

(© Leon Retief)

  •