Posts Tagged ‘Uys Krige’

Nini Bennett. Muse en metamorfose: die liefdeslewe van Salvador Dalí

Tuesday, June 29th, 2021

 

 

 

Under the split in the retreating black cloud

the invisible scale of spring

is oscillating

in the fresh April sky.

On the highest mountain,

the god of the snow,

his dazzling head bent over the dizzy space of reflections,

starts melting with desire

in the vertical cataracts of the thaw

annihilating himself loudly among the excremental cries of minerals,

or

between [sic] the silences of mosses

towards the distant mirror of the lake

in which,

the veils of winter having disappeared,

he has newly discovered

the lightning flash

of his faithful image.

[…]

Now the great mystery draws near,

the great metamorphosis is about to occur.

 

Narcissus, in his immobility, absorbed

by his reflection with

the digestive slowness of carnivorous plants,

becomes invisible.

 

There remains of him only

the hallucinatingly white oval of his head,

his head again more tender,

his head, chrysalis of hidden biological designs

his head held up by the tips of the water’s fingers,

at the tips of the fingers

of the insensate hand,

 

of the terrible hand,

of the excrement-eating hand,

of the mortal hand

of his own reflection.

 

When that head slits

when that head splits

when that head bursts,

it will be the flower,

the new Narcissus,

Gala –

my narcissus.

 

Bogenoemde gedig, “Metamorphosis of Narcissus” (Métamorphose de Narcisse,1937), wat die gelyknamige skildery vergesel, is geskryf deur Salvador Dalí. Sy vertolking van die mitologiese Narsissus is met ander woorde ’n metamorfose van die self na die narsing, wat ook sy vrou, Gala voorstel. In die Griekse mitologie het Narsissus, ’n besonder aantreklike jagter, die attensies van mans en vroue verwerp. Echo, wat desperaat probeer het om sy guns te wen, het later weggekwyn tot net haar stem (’n eggo) oorgebly het. Uit weerwraak het Nemesis vir Narsissus na ’n waterstroom gelei en vir die eerste maal het hy sy mooi weerkaatsing gesien en bewonder; verlief geraak op sy eie beeld. In ’n poging om die gesig in die water te omhels, het Narsissus vorentoe geval en verdrink en ’n narsing het opgeskiet op die plek waar hy gesterf het. ’n Ander weergawe lui dat hy weggekwyn het by die waterstroom en dat ’n narsing daar begin groei het.

Elena Ivanovna Diakonova, of Gala, soos sy bekend gestaan het, was ’n Russies-gebore onderwyseres en die vrou van Salvador Dalí. Maar Gala was eers met die Franse surrealistiese digter, Paul Éluard, een van die grondleggers van die surrealistiese beweging, getroud. Éluard het Gala in 1912 ontmoet. Hulle was albei 17 jaar oud en op daardie stadium het die jong Éluard nog nie besef dat hy ’n digter is nie – Gala het die poëtiese muse in hom aangevuur. Dít is die verstommendste van Gala Dalí: sy het potensiaal in ander kunstenaars raakgesien en soos ’n meesterbrein agter die skerms leiding gegee hoe hulle hul talent moes ontwikkel. Éluard en Gala het ’n dogter, Cecíle, gehad wat Gala verwerp het nadat sy vir Salvador ontmoet het. Cecile was slegs 11 jaar oud toe sy na die verbrokkeling van haar ouers se huwelik na haar ouma in Parys, Éluard se moeder, gestuur is. Daarna het Gala haar dogter hoogstens twee maal ’n jaar gesien. Maar waarom het sy dié vernaamste digter in Parys, ’n vermoënde man danksy ’n groot erflating, die trekpas gegee? En dít vir ’n brandarm, onbekende skilder – Dalí? Want sy het die potensiaal as surrealistiese genie in hom raakgesien, dieselfde as in die geval met sy voorganger, Éluard. Gala het inderwaarheid verskeie jong kunstenaars geïnspireer. Die verhaal van Salvador en Gala self is surrealisties en vreemd – dit ontspil in ’n fusie van kreatiwiteit, waansin, voyeurisme en alternatiewe seksuele leefwyses. Afrikaans lesers is bekend met Paul Éluard se poësie nadat Uys Krige van die verse meesterlik vertaal en gebundel het as Éluard en die surrealisme (1962). Vervolgens een van my gunstelinge uit dié merkwaardige bloemlesing:

 

Hul oë altyd rein

 

Dae wat so traag is, dae van reën,

Dae van gebroke spieëls en verlore naalde,

Dae van ooglede geslote vir die seë se einders,

Van ure wat almal eners is, dae van gevangenis,

My gees wat nog geglans het op blare

En blomme, my gees is nakend soos die liefde,

Die daeraad wat hy vergeet laat hom sy kop sak

En sy liggaam aanskou gehoorsaam en vergeefs.

 

Tog, die mooiste oë in die wêreld het ek gesien,

Gode van silwer met saffiere in hul hande,

Ware gode, voëls in die aarde

En in die water, ek het hulle gesien.

 

Hul vlerke is myne, niks bestaan nie

As net hul vlug wat my ellende skud,

Hul sterrevlug, hul vlug van lig,

Rivier, vlakte, rots, hul vlug,

Die helder golwe van hul vlerke,

 

My gedagtes geskraag deur die lewe en die dood.

 

Éluard en die surrealisme, soos uit die Frans vertaal deur Uys Krige. HAUM, 1962.

 

Toe Gala vir Dalí die eerste keer ontmoet het, het hy onbeheersd en histeries bly lag. Die skilder moes fokus om skilderye betyds gereed te kry vir ’n uitstalling, maar in stede van skilder, het sy histrioniese gedrag vererger. Gala was die enigste mens wat tot Dalí kon deurdring; sy het hom kalmeer, raad gegee en hom gered van sy waansin. Vir die eienaar van die galery en die skilder se vriende in Parys dit ’n wonderwerk. Mens kan in Gala, ’n ongewilde en onaangename mens, se guns wel noem dat sy ’n lewe van weelde agtergelaat het en by Dalí ingetrek het in sy armoedige strandhuisie in Cadaqués. Daar was  geen lopende water of elektrisiteit nie, geen stoof nie…Gala het verskeie opofferings gemaak omdat sy (op daardie stadium) werklik belang gestel het in haar man. Gala was Dalí se agent, handelaar en bemarker. Sy was sy muse, die een wat hom vertroos en geïnspireer het. Tien jaar ouer as die kunstenaar was sy ook ’n moedersubstituut. ’n Ma wat haar eie kind verlaat het om, ironies genoeg, na die skilder om te sien. Gala het met Dalí se skilderye van galery na galery gependel, en toe Europa vir alle tegniese redes bankrot was ná die Eerste Wêreldoorlog, het sy planne beraam om sy skilderye aan ryk Amerikaners te smous. Sy het Dalí se verbeelding aangevuur; mede-eienaarskap van hom as mens en kunstenaar geneem. “It is mostly with your blood, Gala, that I paint my pictures,” het die hy gereeld gesê. Maar daar was ook ánder rolspelers betrokke in die egpaar se stormagtige huwelik, byvoorbeeld Dalí se hartstogtelike vriendskap – of verhouding – met Frederico Lorca. Ek verwys later weer hierna.

Dalí het toegestem tot Gala se versoek tot ’n ‘oop huwelik’. Die Éluards, Paul en Gala, het tydens hulle huwelik ook hierdie oop benadering gevolg en op ’n kol het die skilder Max Ernst vir drie jaar by die egpaar ingewoon in ’n tipe ménage à trois.  Maar – jare later het Gala ook ’n flirtasie met Ernst se seun aangeknoop.

Gala was op haar beste ’n komplekse en intense mens, en op haar ergste – monsteragtig. Dit is hoe die mense, wat die egpaar goed geken het, haar beskryf het. Gala het geen vriende gehad nie en haar eie familie op ’n kil afstand gehou. Sy is bestempel as wreed – het selfs haar eie troetelkonyn gekook en geëet! As sy nie van iemand se gesig gehou het nie, het sy op die persoon gespuug, en as iemand se geselskap haar plofbare humeur laat ontvlam het, het sy ’n sigaret doodgedruk op die slagoffer se arm. Sat van haar beledigings het die filmvervaardiger, Luis Buñuel op ’n kol só renons in Gala gevang dat hy het haar probeer wurg en haar die bynaam “demoniese dominatrix” gegee het.

 

 

Verslaaf aan Daíi se geld het Gala groot bedrae weggedobbel in ondergrondse casino’s in New York. Bekend vir haar onversadigbare libido, het sy ’n eindelose gevolg van jong minnaars gehad, enige iets van vissermanne tot opkomende  kunstenaars, oftewel haar “manlike harem”, soos haar vyande dit bestempel het. Een aand het Dalí tydens ’n rusie sy vrou aangerand oor die reuse bedrae wat sy deurgebring het in haar promiskuïteit, en twee van haar ribbes gebreek. Tog is dit dieselfde vrou en muse wat Dalí oneindig liefgehad het, en ten sterkste verklaar het dat hy haar bemin… “more than my own mother, more than my father, more than Picasso, and even more than money.” Dalí het sy skilderye geteken as “Gala Salvador Dalí”, eersgenoemde naam groter as die skilder se naam self.

Dalí het vir Gala ’n kasteel in Púbol, Spanje gekoop en die weeldewoning beskilder en ingerig na haar smaak. Die kasteel was egter verbode gebied vir hom – hy mog slegs met verlof van Gala, en let wel, met skriftelike toestemming, daarheen gegaan het. En, om te verseker dat die geldkraan nie opdroog nie en Salvador mildelik bly voorsien, het Gala die skilder gedwing om blanko skilderdoeke te teken, net om dit aan vervalsers te oorhandig om teen kommissie Dalí-skilderye te voltooi wat dan teen oorspronklike hemelhoë Dalí-pryse verkoop is. Kunskenners is skepties oor Dalí-skilderye wat in die sestigerjare en daarná gemaak is. En nog is dit het einde niet. Toe Gala in haar bejaardheid demensie ontwikkel, het sy haar man twyfelagtige konkoksies van medikasie en dwelmmiddels ingejaag wat waarskynlik bygedra het tot die latere ontwikkeling van Parkinson se siekte by die skilder.

Dalí was volkome in Gala se mag. Want ’n magsverhouding was dit inderdaad – en Gala was in beheer van elke faset van die huwelik, asook die sukses van Salvador se loopbaan. Dalí het onder meer sy vrou twee maal geskilder as Madonna, haar geskilder as Leda en die swaan en naakstudies van haar gedoen. Sy was dié herhalende tema in die kunstenaar se oeuvre. Die aktivis en skrywer, Germaine Greer, het Gala se invloed oor Dalí só opgesom: ”She is the anima to his animus, the yin to his yang, except that, in a reversal of gender roles, she penetrates or inspires him and he gestates and brings forth, from the womb of his mind”. In die onderstaande gedig, “Gala” vang Joan Hambidge hierdie essensie treffend vas:

 

Sy wys haar bors groter as skildergroot

vir ons dalk of vir hom, die man-met-die-snor

kandaulisties vreesbevange vir haar gleuf,

die vagina dentata wat hom mag ont-man.

Hierom wys Salvador graag sy geliefde Gala

vir ander soos ’n trofee of ’n tatoeëermerk

op ’n skaamtelike deel ’n donker gebied

soel klam mos onder ’n woudboom.

[…]

 

Joan Hambidge. Indeks. Human & Rousseau, 2016.

 

Naas Dalí se supersterstatus het hy die bynaam el maestro en die titel marquess (markies) geniet en talle bewonderaars, meelopers en sikofante het hulle by die surrealis geskaar. Ongelukkig het sy sug na geld ook gesorg vir die neerhalende bynaam, “Avida Dollars” (gulsig vir dollars). Dit het finansieel voor die wind gegaan met die egpaar en Dalí het kommersiële werk begin doen: hy het onder meer in advertensies verskyn en handelsmerke vir suigstokkies en sjokolade ontwerp. Na Gala se dood en gevolglik ’n huwelik van 53 jaar, het Dali homself toegesluit in sy Púbol-kasteel, die gordyne toegetrek en begin treur. Hy het sy vriende vermy en almal verbied om Gala se naam voor hom te noem.  In The Unspeakable Confessions (1973) beskryf hy sy liefde vir Gala so – die kasteel self was ’n testament van sy liefde:

 

Everything celebrates the cult of Gala, even the round room, with its perfect echo that crowns the building as a whole and which is like a dome of this Galactic cathedral. When I walk around this house I look at myself and I see my concentricity. I like its moorish rigour. I needed to offer Gala a case more solemnly worthy of our love. That is why I gave her a mansion built on the remains of a 12th century castle: the old castle of Púbol in La Bisbal, where she would reign like an absolute sovereign, right up to the point that I could visit her only by hand-written invitation from her. I limited myself to the pleasure of decorating her ceilings so that when she raised her eyes, she would always find me in her sky.

In 1984 het ’n brand onder verdagte omstandighede in die kasteel uitgebreek en die skilder met erge brandwonde gelaat. Die hospitaalpersoneel het ontdek dat Dalí aan erge wanvoeding ly; hy het ná Gala se afsterwe ophou eet en weggekwyn tot hy slegs 34 kg geweeg het. Dalk is daar ’n ánder betekenis, ’n ironiese self-vervullende profesie verbonde aan Die metamorfose van Narsissus. Gala het heel waarskynlik aan ’n (kwaadwillige) narsistiese persoonlikheidsversteuring gely, vandaar haar absolute kontrole oor Dalí. Hierdie versteuring is ontleen aan die klassieke Narsissus. Dus, as Gala Dalí se metaforiese narsisme/weerkaatsing was, dan het hy letterlik en figuurlik weggekwyn ná haar dood, soos die een weergawe van die mitiese Narsissus ook suggereer. Maar dit is nie Gala se naam wat Dalí op sy sterfbed genoem het nie – dit was Lorca s’n.

“You are a Christian storm and you are in need of some of my paganism […] I will go get you and give you some seaside medicine. It will be winter and we will light a fire. The poor beasts will be trembling with the cold. You will recall that you are an inventor of marvelous things and we will live together with a portrait machine…”

Bogenoemde passievolle fragment dateer uit ’n brief wat Dalí in 1928 vir sy vriend Frederico García Lorca geskryf het. Lorca en Dalí het mekaar ontmoet in 1923 waar hulle as studente saam tuisgegaan het in die Residencia de Estudiantes. Die filmvervaardiger, Luis Buñuel, en skrywer Pepin Bello was deel van dié binnekring van opkomende kunstenaars, en die vier vriende was onafskeidbaar.

Die briewewisseling tussen Dalí en Lorca het sedert 1925-1936 geduur. Joernalis Víctor Fernández het die versameling briewe byeen gebring en gebundel. Veertig briewe van Dalí gerig aan Lorca het behoue gebly, en slegs sewe van die briewe van Lorca aan Dalí het oorleef, waarskynlik omdat Gala uit jaloesie van die briewe opgeskeur het. Fernández verwys ook na briewe wat ‘iemand’ (Gala) bygedam het met ’n skêr en sekere woorde uitgeknip het.

 

 

 

 

Die briewewisseling is ’n spel van verleiding tussen die digter en skilder. Lorca gee vir Dalí sy woorde, en laasgenoemde, wat graag op dieselfde intellektuele vlak as Lorca wou wees maar besef hy kon nie, het in ruil daarvoor Lorca die subjek van sy kuns gemaak. Daar is niks seksueel eksplisiet aan die briewe nie (en hier val dit mens op dat van al die voyeurs in hierdie ongewone liefdesintrige, die leser ook een word as die briewe gefynkam word vir erotiese ‘leidrade’.) Dalí het Lorca wel aangemoedig om ’n verhouding met Margarita Manso aan te knoop, ’n versoek waaraan hy gehoor gegee het. Dit was egter met Dalí se kritiek teen Lorca se Romancero gitano dat daar amper ’n breuk tussen die twee vriende gekom het, maar niks wat die vriendskap permanente skade berokken het nie. Na Lorca se teregstelling deur regse nasionaliste tydens die Spaanse Burgeroorlog, het die digter se stem stil geraak. Maar Dalí het nie vergeet nie: Lorca het weer sy opwagting begin maak in sy kuns. Tydens onderhoude het die skilder erken dat sy vriendskap met Lorca nie kon lei tot ’n lewensvatbare verhouding nie, alhoewel hy baie geheg was aan sy vriend. Dit was ’n tragiese liefde waarin hy, wat Dalí is, nie ’n deelgenoot kon wees nie. Hy het ook erken dat Lorca hom twee maal probeer verlei het, maar dat hy nooit toegegee het aan sy attensies nie. Daar is historici en biograwe wat verskil en vermoed dat Dalí en Lorca wel ’n verhouding gehad het. Volgens ’n verpleegster wat Dalí, bejaard en sterwend versorg het, was die maestro se laaste woorde “my friend Lorca”.

Federico Lorca het hierdie aangrypende ode aan Salvador Dalí geskryf.

 

Ode to Salvador Dalí

 

A rose in the high garden that you desire.

A wheel in the pure syntax of steel.

The mountain stripped of impressionist mist.

Greys looking out from the last balustrades.

 

Modern painters in their black studios,

Sever the square root’s sterilized flower.

In the Seine’s flood an iceberg of marble

freezes the windows and scatters the ivy.

 

Man treads the paved streets firmly.

Crystals hide from reflections’ magic.

Government has closed the perfume shops.

The machine beats out its binary rhythm.

 

An absence of forests, screens and brows

Wanders the roof-tiles of ancient houses.

The air polishes its prism on the sea

and the horizon looms like a vast aqueduct.

 

Marines ignorant of wine and half-light,

decapitate sirens on seas of lead.

Night, black statue of prudence, holds

the moon’s round mirror in her hand.

 

A desire for form and limit conquers us.

Here comes the man who sees with a yellow ruler.

Venus is a white still life

and the butterfly collectors flee.

 

Cadaqués, the fulcrum of water and hill,

lifts flights of steps and hides seashells.

Wooden flutes pacify the air.

An old god of the woods gives children fruit.

 

Her fishermen slumber, dreamless, on sand.

On the deep, a rose serves as their compass.

The virgin horizon of wounded hankerchiefs,

unties the vast crystals of fish and moon.

 

A hard diadem of white brigantines

wreathes bitter brows and hair of sand.

The sirens convince, but fail to beguile,

and appear if we show a glass of fresh water.

 

Oh Salvador Dalí, of the olive voice!

I don’t praise your imperfect adolescent brush

or your pigments that circle those of your age,

I salute your yearning for bounded eternity.

 

Healthy soul, you live on fresh marble.

You flee the dark wood of improbable forms.

Your fantasy reaches as far as your hands,

and you savor the sea’s sonnet at your window.

 

The world holds dull half-light and disorder,

in the foreground humanity frequents.

But now the stars, concealing landscapes,

mark out the perfect scheme of their courses.

 

The flow of time forms pools, gains order,

in the measured forms of age upon age.

And conquered Death, trembling, takes refuge

in the straightended circle of the present moment.

 

Taking your palette, its wing holds a bullet-hole,

you summon the light that revives the olive-tree.

Broad light of Minverva, builder of scaffolding,

with no room for dream and its inexact flower.

 

You summon the light that rests on the brow,

not reaching the mouth or the heart of man.

Light feared by the trailing vines of Bacchus,

and the blind force driving the falling water.

 

You do well to place warning flags

on the dark frontier that shines with night.

As a painter you don’t wish your forms softened

by the shifting cotton of unforeseen  clouds.

 

The fish in its bowl and the bird in its cage.

You refuse to invent them in sea or in air.

You stylize or copy once you have seen,

with your honest eyes, their smal agile bodies.

 

You love a matter defined and exact,

where the lichen cannot set up its camp.

You love architecture built on the absent,

admitting the banner merely in jest.

 

The steel compass speaks its short flexible verse.

Now unknown islands deny the sphere.

The straight line speaks of its upward fight

and learned crystals sing their geometry.

 

Yet the rose too in the garden where you live.

Ever the rose, ever, our north and south!

Calm, intense like an eyeless staute,

blind to the underground struggle it causes.

 

Pure rose that frees from artifice, sketches,

and opens for us the slight wings of a smile

(Pinned butterfly that muses in flight.)

Rose of pure balance not seeking pain.

Ever the rose!

 

Oh Salvador Dalí of the olive voice!

I speak of what you and your paintings tell me.

I don’t praise your imperfect adolescent brush,

but I sing the firm aim of your arrows.

 

I sing your sweet battle of Catalan lights,

you love of what might be explained.

I sing your heart astronomical, tender,

a deck of French cards, and never wounded.

 

I sing longing for statues, sought without rest,

your fear of emotions that wait in the street.

I sing the tiny sea-siren who sings to you

riding a bicycle of corals and conches.

 

But above all I sing a shared thought

that joins us in the dark and the golden hours.

It is not Art, this light that blinds our eyes.

Rather it is love, friendship, the clashing of swords.

 

Rather than the picture you patiently trace,

it’s the breast of Theresa, she of insomniac skin,

the tight curls of Mathilde the ungrateful,

our friendship a board-game brightly painted.

 

May the tracks of fingers in blood on gld

stripe the heart of eternal Catalonia.

May stars like fists without falcons shine on you,

while your art and your life burst into flower.

 

Don’t watch the water-clock with membranous wings,

nor the harsh scythe of the allegories.

Forever clothe and bare your brush in the air

before the sea peopled with boats and sailors.

 

Vertaling: A.S. Kline

 

Foto 1: Metamorfose van Narsissus

Foto2:  Dali en Gala

Foto 3: Dali en Lorca

 

Verwysings:

https://www.theparisreview.org/blog/2018/07/10/when-your-muse-is-also-a-demonic-dominatrix/?fbclid=IwAR2mKBeUhlx-

https://www.gq-magazine.co.uk/article/salvador-dali-

https://culturacolectiva.com/art/federico-garcia-lorca-and-salvador-dali-

https://en.wikipedia.org/wiki/Metamorphosis_of_Narcissus?fbclid=IwAR2mKBeUhlx-Tu_Gmi_i_vzq2hyeVl7DLZct8nKTbp8S5PQA9_zSDZPpPk4

https://www.salvador-dali.org/en/research/archives-en-ligne/download-documents/10/dali-and-the-myth-of-narcissus

https://hellopoetry.com/poem/616249/ode-to-salvador-dali/?fbclid=IwAR3-Z05Ul3ExxiFytr3yHE6uq1Nf05Bu_SvwSnKV8deRZJBOzORveZmOK20

https://english.elpais.com/elpais/2013/06/20/inenglish/1371734269_018888.html?fbclid=IwAR150EFeXWlqS_xKMFgqrbIbeYYu_Wzef9BPa-u0lpua5xIwKI5ZnyAD9W0

https://theculturetrip.com/europe/spain/articles/9-things-you-never-knew-about-gala-dali/?fbclid=IwAR1a9MeRjKPiEduSMHLAHuCmEF9wLx37Ylucl9fmLkdBxlkmsdr_nr-rYdc

https://en.wikipedia.org/wiki/Federico_Garc%C3%ADa_Lorca?fbclid=IwAR1XCsPEPDecRxIFSYA3shJ5rdzUuEnmF8RJmBLdVx3ptkc0k2KKOvXZ88s

 

Nini Bennet. Met apologie

Friday, June 18th, 2021

 

 

Met apologie

Verlede jaar 1 Mei het Nkosazana Dlamini-Zuma aangekondig ons mog tussen 6 en 9 soggens oefen. Na ’n paar weke van strawwe inperking was dit welkome nuus en die strate het gewemel van drawwers en stappers, selfs dié wat nooit voorheen gestap het nie. Die vanselfsprekende was nie meer so vanselfsprekend nie – vryheid van beweging is opnuut met waardering begroet. ’n Eenvoudige, alledaagse aktiwiteit soos om met ’n hond te gaan stap, het inderdaad nuwe betekenis gekry.

 

Die een wat ek die meeste vrees

Soos ek en Eddy, my Newfoundland elke dag stap, leer ek gaandeweg die sweethearts en die gewoontemisdadigers ken. Die sweethearts is die honde wat huil en bewe as hulle ons sien aankom. (En ons kom in vrede.) Die vrou van eenheid 1002 met die Pekinees met die snotneusie en vreesbevange ogies. Of die Toy Pom, die ontploffing wol met die cartoon-gesiggie; of die Basset by nommer 8 wat in slow motion sy eienaar se tuin verwoes. Die houtkampies rondom die blombeddings is flenters. Die hond skoffel al die plante uit en sy láng ore trek vore in die grond.

Die gewoontemisdadigers is ’n ander saak. Heel bo aan die lys is die estate se katte: uitgevrete diere wat op die mure sit en dommel en nie ’n snor verroer as hulle ’n muis of voël gewaar nie. Nee, die katte verteenwoordig suburbia en leef van Whiskas, tuna en white privilege. Kyk, ek weet ’n kat is ’n arrogante wese, maar sowat van territoriaal en uittartend het ek nog nie teëgekom nie. Die katte weet die honde is aan leirieme en daarom skadeloos. Ek praat nou van daardie grys kat met die wit sokkies – as hy ons sien, pof hy homself boggelrug en versper die paadjie. Hy wag. En ek halt, oorbluf; weet die kat gaan sy wil teen myne toets. Eddy, die Grootseun (wat 57 kg weeg) begin soos ’n wolf te ween. Ek voel innig jammer vir hom, want hy verstaan nie aggressie nie, net liefde en compassion. Hy het dan vandag spesiaal sy geel bandana met die vredesteken aan… En dáár staan ons: die kat se pupille is skaars twee strepies in die winterson, doodkalm.

Ek swaai my arms en skop bolle wind, maar die kat sluip ’n aks nader en ek vermoed ’n kaphou met venynige naels is net ’n oogwink weg.

“Voertsek,” sê ek.

Geen reaksie.

Ek dink aan nog f-woorde om hom te verwilder – daardie frikatiewes wat so lekker oor die onderlip glip en binne sekondes staan ek en die kat vir mekaar en sis.

Uiteindelik spat hy weg, die bosse in, oënskynlik verveeld met die speletjie.

Ons stap aan, diep gekrenk, en ek dink aan ’n plan.

Die volgende oggend 9:00 wag ek voor Fruit & Veg se deur en koop ’n groot boks komkommers. ’n Kat is doodbang vir ’n komkommer: dit herinner aan ’n slang.

Ek ryg die komkommers in ’n groot sling bag, tot die tande toe bewapen met die teenoffensief.

Die eerste boosdoener wat vlug, is ’n swart kat – hy sweef pffff soos batman oor die muur. Voila! Én die gemmerkat. Én die Burmaan met die nors gesig. Én die kamoe-kat met die vlekke soos ’n jagluiperd.

Al die katte neem die wyk en ek stap die hele landgoed vol soos die Queen of Wands. Natuurlik maak ek seker dat niemand my sien nie (en hier moet ek byvoeg dat ek ontdek dat ek latente talente as kulkunstenaar het).

Dieselfde aand lees ek op die landgoed se Facebook-blad dat die inwoners nuuskierig – en hoogs bekommerd – begin gis oor al die komkommers wat so in die stegies lê. Common sense is not a common ability. Niemand kan die raaisel oplos nie. ’n Trustee fluister dat dit dalk dui op die toename van okkultiese aktiwiteit op die landgoed … en ek smile skelm, want daar’s nog báie komkommers in my boks. Tipies. Wanneer mense iets nie verstaan nie, verdoem hulle dit gewoonlik. Maar niemand merk dat daar na dese geen kat meer buite is nie; dat almal binnenshuis verkeer …

En die ánder gewoontemisdadigers? Dit is deur die bank kleinerige honde. Eintlik funksioneer die landgoed soos ’n mikrokosmos van die samelewing: die klein hondjies is die opstokers wat die commotion veroorsaak. Groot honde weet hulle is die alfas, net soos die top dogs in die samelewing oorgaan tot aksie omdat die keffende gepeupel die sein deurgee om so te doen. Daar is daai jong ou wat met sy bulldog gaan draf – die bulldog het ’n stel ondertande soos Gwede Mantashe. Ek skrik my boeglam toe die swetende drawwer en hond skielik om die hoek verskyn, die skerp gehyg van asem en ek en Eddy verdwyn in ’n opgedroogde stormwatersloot. Ek weet instinktief dat daai hond my wil byt. Nóg ’n gewoontemisdadiger is die Scottish terrier met sy bell bottoms en boerebaard wat ’n hond uit ’n bos blaf as hy ons sien. Sy eienaar is bejaard en ek sidder, want ek vermoed die oom is nie sterk genoeg om sy kwaai woelwater te beheer nie. ’n Terrier, enige terrier, is ’n gebore booswig. Hulle is per slot van sake geteel om klein diere te jag en ek begin te wonder oor die verwantskap tussen die woorde “terrier” en “terror”. Sien, as jy met ’n groot hond gaan stap, gluur jou medestappers jou beskuldigend aan; draai uit, gee voorrang aan die klein brakkies. Groot honde word outomaties gebrandmerk as gevaarlik, en wat ’n mite is dit nie! Size matters. Dis ’n wet van die natuur – en, lyk dit my, van suburbia. (Op hierdie noot: ek lys die Britse breeder met haar Great Dane, so vaartbelyn en lig op sy pote, ook as ’n sweetheart. En daardie Schnauzer met ’n profiel soos ’n drilsersant, is definitief ’n gewoontemisdadiger.)

Om konflik te vermy, loop ek en Eddy dus groot dele deur die bosse en die dor wetlands waar hy stilstaan, been lig, en die plante verryk met stikstof. Stinkblaar groei welig en bars in malpitte oop. By tye kies ons koers na die parkie. Jy sien nooit ’n ongelukkige hond in die park nie; hulle hardloop rond, uitgelate met wapperende pienk tonge en sterte soos uitroeptekens. Honde wat vry rondloop, is nie veglustig nie.

Ek ontdek toe mos eendag hierdie lekker honde-treat. Bare Bites. 100% all natural dehydrated beef liver. Lewerbiltong, met ander woorde. Ek druk ’n paar stukkies in my leerbaadjie se sak om Eddy te beloon vir sy dissipline en goeie gedrag … maar o, die reuk! Die beeslewer stink soos iets uit die hel, maar ou Grootseun kwyl.

Dit was ’n taktiese fout.

Hy konsentreer nie op sy lesse nie – sy oë bly koeëlrond gefikseer op my baadjiesak. Dus stap ons net, ek en die reusedier wat kort-kort teen my bobeen stamp. Sy snoet traan van lus.

En die hemelse geur het die ander honde ook bereik.

’n Pitbull volg ons spoor en my rug trek hol van vrees, maar dis ’n vriendelike hond. Ek kyk. En ek kyk weer. Ja, wragtig! Die hond lyk op ’n druppel soos Devon Hofmeyr! Of is dit nou andersom …

Nóg ’n hond begin saam te draf, so ‘n vuilbaard met dik modderpote en ’n spul onbekende bloedlyne. Sy meeloper, of pel is ’n Jack Russel met sy kenmerkend gespierde lyfie. Twee gangsters, ja. Opportunisties, maar nie gevaarlik nie.

Uit die bloute verskyn ’n Franse poedel met haar lang bene en sexy stappie.

En uit al vier windrigtings peul daar nog honde. ’n Collie. ’n Boxer. ’n Foksie. ’n Worshond. Die meeste pavement specials het Foksterrier-bloed, onthou ek skielik.

Soos ’n herder uittrek met sy skape loop ek met al die honde agter my aan – en dink by myselwers dís hoe dit voel om ’n glimpie van die hemel te kry. Die beeslewer is nog geurig en geheim in my binnesak.

“Haai,” groet ’n vrou my in die verbygaan. En: “Jy het darem ’n slag met honde!”

“Ag, dankie, man, ja … jy is heeltemal reg,” glimlag ek erkentlik en kyk na die skare laggende hondegesigte om my.

Af en toe hap hulle geniepsig na mekaar, maar dis in geheel ’n vreedsame prosessie. Een broederskap, één doelwit.

Die volgende oomblik hoor ek ’n gil. Daar is net een hond wat presies soos ’n mens kan gil.

’n Yorkshire terrier, reun, storm nader – en jy sien net graspolle trek. Hy is verskriklik klein. Hy rev agtertoe en weer vorentoe en bars dan uit in bewerasies en bravade. Ek kyk verbyster na die dingetjie met die opgetrekte bolip en tandjies wat nie meer skade as ’n stapler kan doen nie. Dan vang my oog die letters op sy truitjie: EVERYDAY FIGHT.

Dis ’n Yorkie, die mees onverskrokke van almal en wat, soos altyd, sy size heeltemal oorskat. Hy wil nie saamloop nie; nee; hy wil die ander uitdaag.

Ek moet vinnig speel. Met my regterhand gryp ek Eddy se halsband vas en met my linkerhand slinger ek die bare bites uit my sak en gee vet – doof vir die kakofonie van ’n geblaf en geknor en klappende tande wat wegraak in die wind.

Voor ek vergeet. ’n Yorkshire terrier is die hond wat ek die heel meeste vrees.

*

Om met ’n hond te gaan stap, bevat ’n speelse element: dis pret, en by tye skreeusnaaks. Dit is geen wonder dat Opperman juis die weduwee Viljee se wandeling met haar kolliehonde gekies het om deur middel van parodie die stylhebbelikhede in ánders digters se werk uit te wys nie. Heel tong-in-die-kies, natuurlik.

 

Met apologie

TEKS:

Op ’n Sondagmiddag loop die weduwee Viljee

in swart geklee

met twee kolliehonde langs die see.

 

C.M. VAN DEN HEEVER:

O skemervloeiing van die najaarsee!

Jou Sondagende branders plooi en val

en langs twee meeue dwaal ek geweduwee

maar ewig ruis om my die Al.

 

I.D. DU PLESSIS:

My twee windhonde draf

soos fezze langs die see;

ek vra Ali en Allah af

waar is meneer Viljee?

 

W.E.G. LOUW:

Droef kyk my oë

deur die trane heen,

soos amandelbloeisels

deur die eerste reën;

ek rou oor die duine,

my bleek hande waai,

en ’n hond byt sy stert, soos hy draai, soos hy draai …

 

N.P. VAN WYK LOUW I:

O God! làngs U skríklike water

stap die weduwee Viljee

met dié weet: die waan en die waansin word later

twee honde wat dráf waar sy trèe.

 

N.P. VAN WYK LOUW II:

Op ’n Sabbatmiddag

(die dag is goed)

lê la veuve de Villiers

die heilige snol

bo die boulevard

(a) aars-e-lende om te kies

effens be-swaard

tussen twee kol-lies(te)

 

UYS KRIGE:

O wee,

o wee,

in swart geklee

op ’n Sondagmiddag

loop die we-

duwee

Viljee

met twee,

net twee

kolliehonde langs die see,

die see,

die see …

 

ELISABETH EYBERS:

Portret van ’n weduwee

Sy staar na die blou are op haar hand

terwyl sy in die Sondagmiddag wat

neerskyn op die rustelose strand,

geduldig sit of loop en peins: Nou dat

die vreemde bloeisel van herinnering

– skaars liefde, skaars geluk – nog vir haar bly

sal sy uit hierdie aardse wisseling

en haar verlies tog weer die sterkte kry.

.

So het sy klaarheid in haar gees gevind

en so geweet die middag langs die see

sy sal aan die twee kinders wat haar bind

haar hele lewe wy as weduwee;

en word sy later weer deur een gevra

wat sal sy vir hom antwoord: Nee of Ja?

 

ERNST VAN HEERDEN:

In lanferwimpels tree,

haar wandelstok ’n swaard,

die weduwee Viljee

in grandiose vaart

verby die sinderende kaai.

Waarheen die bruingepeesde spiere,

die slink en wulpse draai

van haar kaniene diere?

 

S.J. PRETORIUS:

O Here! Ek word so opgewonne

as ek die arme honne

so kaalpoot sien draf,

maar wat kan ek, we-

duwee Viljee,

doen met my pullover en staf?

 

Verwysing:

  1. Hugo: “Met apologie” uit Speelse verse, 1988. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.

 

Wicus Luwes. Alles sal regkom

Thursday, August 4th, 2016

lemoenboom

Twee lemoenbome begroet jou in die binnehof van die museum. Die bome is ‘n klein entjie meer as ‘n honderd jaar oud, maar dit is opvallend dat dit steeds sy vrug(te) getrou dra. Daar is ‘n paar dooie takke tussen die vrugbares, maar dit is seker te verstane vir so ‘n ou boom. ‘n Brosjure wys daarop dat dit eintlik ‘n misverstand was: die lemoenbome en sy oranje vrug op die landswapen moes oorspronklik ‘n wilde olyfboom gewees het. Die wilde olyf is inheems aan die Vrystaat.

NALN, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, word gehuisves in ‘n pragtige geskiedkundige deel van Bloemfontein. Dit dateer uit ‘n era toe die kolonies en republieke vir bestaansreg geveg het. Die derde raadsaal is reg by die ingangsportaal en die uitstallings in die voorportaal neem jou na tye toe die grense van die land en ons taal uitgemeet is. Gereedskap en geskrifte van GR Von Wielligh, wat die grense van die Krugerpark help trek het, het’n plekkie gekry. Ook Adam Small se foto’s en werke val my op. Hy sou deel gewees het van die pas afgelope Vrystaatse Kunstefees, maar is onlangs oorlede. Ek het NALN juis kom besoek in dieselfe week as die Kunstefees. Wat sou van ons taal geword het as dit nie vir die kunstefeeste was nie. Miskien moet ek eerder sê ‘waar’ sou ons taal gewees het. Voorheen was daar streeksrade met teaters en salarisse en uitvoerings en begrotings en steun en ondersteuning vir die teaterkunste. (Ons loop verby Hermien Dommisse se foto en verhaal en ons gesels oor hoe sy vir die einste streeksrade geveg het.) Teen die trap op gewaar ek ‘n foto en uitstalling van Deon Meyer – sy nuutste boek word eersdaags vrygestel.

 

 

Die Here het gaskommel
deur Adam Small

Lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie

‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas
en ‘n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd geval vi’ ons
daai’s maar al

so lat hulle ma’ sê skollie pêllie
nevermind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie

Uit:  Kitaar my Kruis, HAUM, 1975

Daar is baie storievertellers in die kamers van NALN. Baie stories ook. ‘n Mens het party van die stories en staaltjies van skrywers op skool gehoor en dit is interessant om dit in lewende lywe te sien. Die een skrywer se lessenaar, ‘n ander se pyp: talle items wat tien teen een die eerste lesers van romans en poësie  was. Selfs ‘n valdeur waar Jan F Cilliers op ‘n keer vir die Engelse weggekruip het. Daar is ‘n kamer vir bekende tydperke/bewegings: Die Vyftigers, Sestigers, kinderboek-skrywers, vroue-skrywers. Almal baanbrekers, almal mense wat die aarde bewerk het vir die nageslagte. Ek dink aan die onskatbare waarde van die items en gedeelde geheue wat in elke kamer en uitstalling vasgevang is. Wat sou van ons taal geword het sonder sulke stukkies van die gedeelde geheue? Waar sou ons taal gewees het sonder NALN? Die beweging wat verteenwoordig word in uitstallings is onder andere: Die voorlopers, soos FW Reitz en Pulvermacher. Die eerste en Tweede tydperk in die Afrikaanse Beweging – AG Visser, Eugène Marais, Jan FE Celliers, Totius en CL Leipoldt val onder hierdie groepering. Die geslag van 1920, met o.a. HA Fagan en AD Keet. Die geslag van 1930 met o.a. ID du Plessis en CM van den Heever. Die Uys Krige en Elisabeth Eybers se Groep van 1934. Ernst van Heerden, Olga Kirch en DJ Opperman verteenwoordig die 1940’s. Die dekade van 1950 word verteenwoordig deur Ina Rousseau en Peter Blum. Die Sestigers van Adam Small, Etienne Leroux en Breyten Breytenbachen kry ook ‘n plek. Dit is eintlik te veel om met een besoek in te neem en ek besef dat ek heelwat miskyk, want die werklike stories is in die kommas en punte. Daar is ongeveer 150000 eksemplare wat vir die nageslag bewaar word, meer as 84000 titels. Dit sluit natuurlik verskeie soorte Afrikaanse literatuur, musiek-erfenisstukke en teater-werke in. Ek kan die skat wat tussen die mure van NALN bestaan, nie eers na behore begryp nie.

NALN_collageUitstallings en vooraansig van NALN

20160712_125537Nola Doré, Waarnemende Kurator: NALN en Annelien Diedericks, Museum Geesteswetenskaplike

 

Ek steek vas by ‘n uitstalling wat Uys Krige se ‘Ken jy die see’ bevat. Ek bly aan die kus en moes binneland/Bloemfontein toe kom, om ‘n gedig oor die see te her-ontdek. (Later in die week het ek ook gehoor hoe Prof Nico Luwes, hierdie gedig met gevoel voordra. Luwes en Johann Nel, wat dikwels sy stem aan ‘RSG’ se ‘Vers en Klank’ uitleen, het nuwe en ou gedigte by die Kunstefees voorgedra.)

 

Ken jy die see
deur Uys Krige

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy lyk nou soos jou voorstoep blink geskuur
en kalm soos min dinge hier benee,
maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur.

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Dié vrede, kalmer as ‘n stil, soet kind,
lyk of dit dae, dae lank sal duur.
Maar word dié bries ‘n bulderende wind,
dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.

En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur?
Die Dood staan voor die deur. Geen hy nog net één tree,
dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.

En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

Wat van die storms wat nooit ophou raas?
Jy sit pal in jou kombuis, klam en guur,
en hoor die wind al woester, wreder blaas
en daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur

Dan sê jy nog, Meneer die vis is duur.

Was jy al van jou bootjie soos ? veer gevee
deur ? grys golf hoog soos ? tronk se muur
wat help dit om te spartel en te skree “Nee Nee”!
Sluk jy eers daardie waters sout en suur?

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?
Dié waansin ken geen redmiddel of kuur.
Hy vreet mos aan jou ingewande nes’n krap.
Hy’s koud soos ys, heet soos ‘n hellevuur!

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,
ons wat net één ou misstappie moet gee
en hy kom tromp-op op ons afgestuur!

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Sien jy die krom ou vroutjie daar, Mevrou Mathee,
Wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?
Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds terug vir tee
Hul slaap al drie agter die kerkhof muur

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur…

Op die Kunstefees se feesgronde by die Vrystaatse Universiteit sien ek ‘n bekende deur die stalletjies loop. Hy stop en kyk na leerprodukte. Hy praat ‘n rukkie met die eienaar van die stalletjie. Ek het sy foto al dikwels in koerante en artikels gesien, maar dis anders om die persoon in lewende lywe te sien. Hy was by die fees om oor sy boek, Wat Nou, Suid-Afrika, te praat. Die skrywer van hierdie boek, Theuns Eloff, oud-rektor van Pukke en deesdae by die FW de Klerk-stigting, was besig om inkopies te doen toe my oog hom gewaar het. Hy het bepaalde idees waarheen Afrikaans, Afrikaans-sprekendes en die land moet beweeg. Dit is lekker om die konteks van die geskiedenis in konteks met die toekoms te sien, of ten minste daaroor te dink. Die manier waarop ons dink oor ‘n saak, het ‘n bepalende faktor. Dis een ding om te veg, ‘n ander om te vlug. Die vraag is natuurlik of jy jouself of jou taal in so ‘n posisie sou insien. Dis verder ironies dat die plek waar een van die aanvalle op ons taal juis die plek is waar die kunstefees plaasvind. Universiteitskampusse is tradisioneel ‘n plek van debatvoering en uiteenlopende menings.

My gedagtes neem my terug na die museum. Die museum en die navorsing wat daar plaasvind, skep ‘n verwysingspunt waarop mense soos Eloff kan bou. Die moontlike uitkomste is deel van enige strategie. Dit is makliker om ‘n strategie uit te werk as jy kan sien waarheen jy op pad is. Ek gesels met Annelien en Nola van NALN. Hul vertel my van die nuwe bome wat hul besig is om te plant. Daar is oorspronklik 5 lemoenbome in die binnehof van die gebou geplant, waarvan slegs 2 nog leef. Die museum het dit toe goedgedink om nuwe bome aan te plant. Die behoud van die geskiedenis is ‘n groot prioriteit vir NALN. Genetiese materiaal van die oorblywende oorspronklike bome is egter gebruik om die nuwe lemoenbome te kweek. Dit is ongelooflik hoeveel moeite daar gedoen is om iets so eenvoudigs soos ‘n paar lemoenbome vir die nageslag te bewaar. Terwyl ek deur die uitstallings loop, bly daardie gedagte my by. Dieselfde mense wat seker gemaak het dat die nuwe lemoenbome iets van die oorspronklike lemoenbome behou, onderhou die uitstallings. Daar is heelwat bome deur die jare rondom die gebou geplant. Bekendes en heersers het dikwels hul verbintenis met die area bevestig deur bome te plant of te skenk. Ek wonder sommer watter bome die Generasie X, Y of die ‘Millenials’ aan instansies soos NALN sal skenk. Ek wonder of hul besef dat hul, soos die lemoenbome, ook geneties verbind is aan die geslagte wat in die uitstallings van die museum verteenwoordig word. Die genetiese materiaal is nie altyd fisies nie, want saadjies wat in die brein geplant word, is somtyd veel sterker as saadjies wat deur bloed voortgedra word. Een so ‘n lewegewende / voortplanting vind in die museum se ou ketelkamer plaas – hier kry skrywers gereeld kans om hul werke voor te dra en ook hul merk / handtekening op ‘n mure NALN te verewig. (Meer hieroor in ‘n volgende blog.)

20160712_134401

Terwyl my besoek aan NALN einde se kant toe staan, kry ek die geleentheid om uit te kyk oor ‘n balkon. Ek sien hoe die standbeeld van oud-pres. Jan Brand uitkyk oor Charlotte Maxeke-straat (voorheen Maitland-straat) wat eindig by Bloemfontein se stasie. Op die granietblok is ‘n bekende spreekwoord van Brand gegrafeer: “alles zal recht komen”. NALN is besig om meer oor die onderwerp na te vors, maar volgens hul bronne het Karel Schoeman in sy boek, ‘Bloemfontein Die ontstaan van ’n stad’, vermeld dat die inskripsie deur oud-pres. Reitz voorgestel is. Die interessantheid omtrent hierdie inskripsie, is vir my dat dit slegs die helfte van die spreekwoord bevat. Die volledige spreekwoord lui as volg: “alles zal recht komen indien elke man zijn plicht doet”. Jan Brand se spreekwoord het my tot nuwe insigte laat kom. ‘n Mens kan soveel uit die gedeelde geheue leer en die literêre omgewing is die perfekte wêreld om die denke te skep en te herskep. Ek dink sommer aan Peter Drucker se spreuk ter afsluiting: ‘Die beste manier om die toekoms te voorspel, is deur dit te skep’.

20160712_133023

Die Optimis
deur CJ Langenhoven

“‘n Verkleurmannetjie, a!” skree ou Stander.
En hy vang die blou klipsallemander;
En hy bring hom vir sy vrou,
En sy sê: “Maar hy’s dan blou?”
“Wag, vrou,” sê die ou, “hy sal verander”

20160712_135750

Ter Nagedagtenis aan Kommandant Louw Wepener
deur FW Reitz

Sal vreemde digters ons verhaal
van hulle grote helde,
en sal ek in my eie taal
Louw Wepener nie vermelde?

Nee, Broeder-Afrikaners, nee,
ons dapperes bly ons eie;
God het ons Wepener gegee;
waarom sou ek dan swye?

Laat hul dan Tromp en Nelson roem,
en sulke grote name;
as ek maar Wepener mag noem,
dan sal ek my nie skame.

Hy is bo almal verreweg
wat in die heldery staat;
hul ‘t ook die lewe neergeleg,
maar tog nie vir die Vrystaat.

Hy lê op Thaba Bosigo,
geen grafsteen sal hy verge;
sy monument het God gebou,
die Bouheer van die berge.

Al moet ons dan so dikwels bloos
vir onse arme nasie
gedenk aan Wepener, wees getroos,
en vat dan weer koerasie.

uit: Oorlogs en ander Gedichten, 1910

*** My opregte dank gaan aan Annelien Diedericks, Museum Geesteswetenskaplike, en Nola Doré, Waarnemende Kurator: NALN vir die vriendelike toer en inligting! ***

Daniel Hugo. Vertaling en die Afrikaanse Digkuns

Monday, October 1st, 2012

Voël, Perd en Bul: Vertaling en die Afrikaanse Digkuns

(Praatjie gelewer by SATI / SAVI se driejaarlikse prysfunksie vir vertalers en woordeboekmakers op 29 September 2012 by die Universiteit van Johannesburg)

Vooraf

Voordat ek by die eintlike onderwerp van my praatjie kom, eers ‘n kort woordjie vooraf.

Die graad van kulturele sofistikasie wat ‘n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde. In die Christelik-Westerse konteks word dan heel eerste gedink aan die Bybel. Dit was inderdaad ook van die heel begin af ‘n belangrike prioriteit van die mense – soos Arnoldus Pannevis en S.J. du Toit – wat Afrikaans as ‘n standaardtaal wou vestig. Met die verskyning van die volledige Bybel in 1933 is die belangrikste hoeksteen van Standaardafrikaans gelê. Maar ook die Oosterse kulturele en linguistiese bande van Afrikaans het formeel beslag gekry met die volledige oorsetting uit Arabies van Die heilige Qur’ān deur imam M.A. Baker in 1961.

Vertalings van klassieke tekste het Afrikaans se posisie as volwaardige, kultuurtaal verstewig. Die lang epiese gedigte die Ilias en die Odusseia van Homeros uit die negende eeu voor Christus word beskou as die begin van die Griekse, en daarom ook van die Europese, letterkunde. Hierdie twee werke het onderskeidelik in 1954 en 1963 in ‘n Afrikaanse prosavertaling deur J.P.J. van Rensburg verskyn. Van Rensburg was ‘n professor in Grieks aan die Universiteit van Stellenbosch en hy het ook dramas van Sophokles, Euripides en Aristophanes in Afrikaans vertaal.

N.A. Blanckenberg het klassieke tekste uit die Latynse letterkunde vir Afrikaanse lesers toeganklik gemaak met sy vertalings van Vergilius wat in 1975 en 1980 die Suid-Afrikaanse sonlig gesien het. In 2002 verskyn nog ‘n Latynse teks, die Encomium Moriae van die sestiende-eeuse Nederlandse teoloog Desiderius Erasmus, in Afrikaans as Tot lof van Dwaasheid. Erasmus se klassieke Latyn is deur J.L. de Villiers in klinkende Afrikaans omgesit.

Dante Alighieri se La Divina Commedia uit die dertiende eeu is waarskynlik die belangrikste digwerk in die Christelike wêreld. Delamaine du Toit het Die Goddelike Komedie volledig in Afrikaans vertaal as Die Hel (1990), Purgatorium (1998) en Die Paradys (2002). Vir elkeen van hierdie vertalings, met uitgebreide aantekeninge en kommentaar, is Du Toit deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon. Dante se ingewikkelde rymskema, die sogenaamde terza rima met sy “kettingryme” aba bcb cdc …, het die meeste rymende vertalings in die wêreldletterkunde onleesbaar en onbetroubaar gemaak. Du Toit het hierdie stilistiese slaggat vermy deur ‘n letterlike prosavertaling te maak. Die beroemde openingsreëls van Dante se Inferno klink nou só in Afrikaans: “Halfpad deur die reis van ons lewe / het ek my in ‘n donker woud bevind / daar ek die reguit pad byster geraak het.”

Saam met Homeros en Dante word Shakespeare altyd genoem as een van die grootste skrywers van alle tye. Die literator F.I.J. van Rensburg noem Shakespeare “een van die groot vertaaltoetsstene” vir enige taal. En hy gaan voort: “Elke literatuur probeer hom aan Shakespeare meet … Dit is vir sommige selfs ‘n prestige-saak hoeveel Hamlet-vertalings ‘n bepaalde literatuur besit.” Daar bestaan verskillende vertalings van Shakespeare se dramas in Afrikaans, maar die bestes is ongetwyfeld dié van Uys Krige. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon vir Twaalfde nag en Koning Lear.

En nou kom ek by die drie diere van my praatjie se opskrif.

 

Voël

 

Die Afrikaanse digkuns is byna 900 jaar oud en het begin met ‘n vertaling uit Latyn. Die oudste stukkie opgetekende Nederlandse poësie kom uit die tweede helfte van die twaalfde eeu. Dit klink só:

 

Hebban olla vogala

nestas hagunnan

hinase hic enda thu.

Wat unbidan we nu?

 

Dit wil sê: “Al die voëls het neste begin, behalwe ek en jy. Waarvoor wag ons nou?”

Hierdie reëls staan agterin ‘n Angel-Saksiese preekbundel wat behoort het aan die klooster van St Andrews by Rochester in Kent. ‘n Monnik het klaarblyklik sy nuwe gansveerpen op die skoon agterblad van die manuskrip uitgetoets. Hierdie sjarmante gediggie staan reg onder die Latynse reëls waarvan dit die direkte vertaling is. Dit is omstreeks 1150 neergekrabbel en het verlore gegaan, totdat die Engelse taalkundige Kenneth Sisam dit in 1932 in die universiteitsbiblioteek van Oxford (die Bodleian) ontdek het. Hy het dit dadelik geïdentifiseer as Oudnederlands. Die krabbelende en moontlik verliefde monnik was waarskynlik afkomstig uit Vlaandere.      

Omdat Afrikaans regstreeks uit sewentiende eeuse Nederlandse dialekte ontstaan het, is die Middelnederlandse letterkunde en ook hierdie Oudnederlandse reëls deel van ons literêre erfenis. Afrikaans het nie op 14 Augustus 1875 uit die blou Paarlse lug in ds. S.J. du Toit, die stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners, se skoot neergedaal nie. Afrikaans stam uit Nederlands en daarom begin ons digkuns ook met hierdie liefdesgediggie.

            Die Afrikaanse digters het van die ontdekking in die Bodleian kennis geneem en kort voor lank die reëls toegeëien. Die eerste digter wat bewustelik daarop gereageer het, was D.J. Opperman. In 1947 verskyn sy Negester oor Ninevé en die bundel open met die gedig “Ná ‘n besoek aan die dieretuin”:

 

                        Twee kraaie het hul nes gemaak

                        van stukkies draad;

 

                        en in staalkoue

                        ver van riete en riviere afgesluit

                        broei rooivinke en wildepoue

                        nog hul eiers uit;

 

                        in ysterhokke

                        ver van rantjies en langgras

                        werp ape en die waterbokke

                        nog hul kleintjies af;

 

                        net in ‘n enkelkamer ek en jy

                        van hulle vreugde afgeskei.

 

In die bloemlesing uit sy werk, Astrak van 1960, voeg Opperman die woorde “Hebban olla vogala …” as ‘n motto by die gedig. Sedertdien het talle Afrikaanse digters laat blyk dat hulle deur dié Oudnederlandse reëls geïnspireer is – te veel om nou ‘n inventaris daarvan te gee. Digters is dikwels tradisiebewuster as ander taalgebruikers. Hulle is die argivarisse én die nuutskeppers van ‘n taal.

 

Perd

 

Maar nie net die Nederlandse letterkunde beïnvloed Afrikaanse digters nie. Sedert die Britse besetting van die Kaap in 1806 sou ook die Engelse letterkunde sy invloed laat geld. En dit het al gebeur vóór die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners in 1875. F.W. Reitz was die eerste werklike digter in Afrikaans. Sy vroegste digpoging was “Klaas Geswind en syn perd” wat in 1870 in Het Volksblad verskyn het. Dit is ‘n vertaling en verwerking van Robert Burns se vermaaklike gedig “Tam o’ Shanter” van 1791.

F.W. Reitz, wat later president van die Oranje-Vrystaat geword het, het ook gedigte van Walter Scott en William Cowper in Afrikaans verwerk. Verder was hy in 1888 die eerste bloemleser van Afrikaanse gedigte wat in tydskrifte en koerante verskyn het. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Reitz die Boere se enigste aktiewe digter-te-velde. In 1910 verskyn sy Oorlogs- en andere gedichten wat verse in Afrikaans, Nederlands en Engels bevat.

Robert Burns se “Tam o’ Shanter” is in Skots en Engels geskryf. Reitz verplaas die gebeure na die sendingdorpie Suurbraak naby Swellendam in Suid-Afrika. Hy doen dit in sprankelende Afrikaans in ‘n tyd toe Afrikaanssprekendes nog hul bes probeer het om Hoog-Hollands te skryf.

Ek haal uit Burns se gedig aan:

 

                        But pleasure are like poppies spread,

                        You seize the flower, its bloom is shed;

                        Or like the snow falls in the river,

                        A moment white – then melts for ever.

 

Reitz maak daarvan:

 

                        Plesier is nes ‘n jong komkommer:

                        As jy hom pluk, verlep hy sommer;

                        Of nes ‘n skilpad in sy dop in:

                        Soos jy hom vat, dan trek hy kop in.

 

Burns se Tam ry op ‘n vaal merrieperd genaamd Meg. Sy red hom van ‘n klomp spoke en die duiwel self wat Tam agternasit toe hy een nag in ‘n beskonke toestand by ‘n begraafplaas verbyry. In Reitz se gedig word van Klaas se perd gesê:

 

                        ‘n Flukse merrie was ou Kol,

                        Al was haar rug ‘n bietjie hol.

 

Tam en Klaas word gered deurdat hul perde oor ‘n riviertjie spring, want:

 

                        ‘n Spook is nes ‘n bokkapater,

                        Hy loop nie sommer in die water.

 

Hierdie gedig van F.W. Reitz staan vandag nog in die standaardbloemlesings uit die Afrikaanse poësie. “Klaas Geswind en syn perd” kan beskou word as die tweede begin van die Afrikaanse digkuns, en net soos in die geval van die eerste begin met “Hebban olla vogala” is dit ‘n vertaalde teks.

 

Bul

 

Uys Krige (foto: Marlise Joubert)

Die digter Uys Krige is waarskynlik die beste poësievertaler in Afrikaans. Hy het ons digkuns veral verryk met vertalings uit Spaans. Krige het natuurlik ook roem verwerf as vertaler van Shakespeare. In sy studie Digters van Dertig beweer die digter en akademikus D.J. Opperman selfs: “Uys Krige se vertalings neig tot oorspronklike werk, sy oorspronklike werk tot vertalings!” Krige se beste versvertaling is waarskynlik dié van Federico Garcia Lorca se “Klaaglied van Ignacio Sanchez Mejias”. Dit het in 1950 verskyn in die bundel Vir die luit en kitaar wat sy vertalings uit die Franse en Spaanse digkuns bevat.

            In sy opstel oor Lorca sê Krige dat dié grootse gedig in vier afdelings ‘n treursang is ter ere van ‘n vriend, die groot stiervegter Sanchez Mejias, wat in 1934 in die arena deur ‘n bul gedood is. Ek haal Krige woordeliks aan: “Dis geensins ‘n loflied op die stiergeveg nie. In sy wese het dit maar min met die stiergeveg te doen. Dis ‘n treursang op die dood van ‘n vriend, ‘n vriend wat kragtig en dapper gelewe en gesterwe het en wie se lewe ‘n eenheid was. Maar dis van so ‘n geweldige poëtiese siening, van so ‘n visioenêre krag, dat dit Lorca se eie klaaglied word, die klaaglied vir miljoene mense wat ná Lorca in die Burgeroorlog en daaropvolgende Wêreldoorlog sou sterwe, ‘n klaaglied vir almal wat moedig lewe en sterwe hier op aarde.” Tot sover Uys Krige.

            Lorca het natuurlik self ‘n slagoffer van die Spaanse Burgeroorlog geword toe hy in 1936 deur aanhangers van generaal Franco doodgeskiet is.

            Uys Krige vertel in ‘n naskrif by Vir die luit en kitaar hoe sy vertaling tot stand gekom het. Dit bevat een van die merkwaardigste bekentenisse deur ‘n vertaler wat ek al ooit teëgekom het. Krige sê: “Lorca se Klaaglied het ek in 1937 – tydens die Burgeroorlog en ná Lorca se dood – vertaal. Ek het nie die minste moeite daarmee gehad nie. Dit was asof iemand anders vir my die eerste, tweede en vierdie gedigte geskrywe het. Binne ‘n halfuur was aldrie kant en klaar. Dit was ook die enigste skryfwerk wat ek nog ooit gedoen het terwyl ek onder die invloed van drank was …” Dit wil dus voorkom of “daardie iemand anders” wat die vertaalwerk namens Uys Krige gedoen het, niemand anders as die god Bacchus was nie!

            Maar alle grappies op ‘n stokkie: Krige se vertaling is waarlik meesterlik en word inderdaad beskou as ‘n wesenlike bydrae tot die Afrikaanse poësieskat. Met reg is dit sedert 2000 opgeneem in die Groot verseboek – daardie Bybel van die Afrikaanse digkuns. 

Om u ‘n idee te gee van Krige se vertaalvermoë lees ek die vierde gedig in die reeks, “Die afwesige siel”. En daarmee sluit ek af.

 

            Die bul sal jou nie ken nie nog die vyeboom,

            nog die perde nog die miere van jou eie huis.

            Die kind sal jou nie ken nie nog die agtermiddag

            want jy is dood vir altyd.

 

            Die plat kant van die leiklip sal jou nie ken nie,

            nog die swart mantel waarop jy verdelg is.

            Selfs jou eie stomme herinnering sal jou nie ken nie

            want jy is dood vir altyd.

 

            Die herfs sal kom met al sy slakkies,

            trosse van mis en saamgehurkte heuwels,

            maar niemand sal jou in jou oë wil kyk nie

            want jy is dood vir altyd.

 

            Want jy is dood vir altyd,

            dood soos al die dooies van die aarde,

            soos al die dooies wat vergeet word

            soos ‘n klomp dooie brakke in ‘n hoop.

 

            Niemand sal jou ken nie. Nee. Maar ek besing jou.

            Ek besing vir later jou gestalte en jou grasie.

            Die verhewe volwassenheid van jou begrip.

            Jou honger na die dood en die smaak van sy mond.

            En die treurigheid ten grondslag van jou manhaftige vreugde.

 

            Ons sal lank moet wag vir die geboorte, as hy ooit gebore word,

            van ‘n Andalusiër so helder, so ryk aan avonture.

            Ek besing jou swier en jou kordaatheid met woorde wat kreun

            en ek herinner my ‘n droewe wind deur die olywe.

  

© Daniel Hugo. 2012 

 

Bronne

 

Krige, Uys. 1950. Vir die luit en die kitaar. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.

Opperman, D.J. 1953. Digters van Dertig. Kaapstad: Nasou Beperk.

Opperman, D.J. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg en Human & Rousseau.

Reitz, F.W. 1978. Outobiografie & Twee en sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte.

Kaapstad: Tafelberg.

Hugo, Daniel (red.). 2009. Halala Afrikaans. Pretoria: Protea Boekhuis.

 

 

 

 

 

 

 

                            

 

 

    

Pieter Odendaal. Oom Driffie by McDonald’s

Monday, August 15th, 2011

Verlede Dinsdagoggend sit en eet ek ’n babelas-ontbyt in McDonald’s se rookarea in Merrimanstraat. Die twee potplante in die hoek is power. Die asblik loop oor van die papiersakke en burgerboksies van gisteraand se dronk studente. Ek rook ’n sigaret, teug aan my aangemaakte Coke. ’n Oom met ’n asem kom sit oorkant my, vra vir ’n sigaret.

Hy’s John Driffie de Klerk. “Aangename kennis, Oom.” Ek steek vir hom ’n Marlboro aan. Hy was vir dekades lank ’n lugmagoffisier – ook gedurende die bosoorlog. Hy vertel van een van sy vriende wat nie laag genoeg gehurk het nie en stukkend geskiet is. Daar is swaar halfmane onder sy oë en sy bril sit skeef. “Ons het seker van die begin af geweet dat dit futiel was,” sê hy, “maar wat kon ons maak? Ek het ook mense geskiet.”

Antjie Krog se Met woorde soos met kerse lê oop voor my. Ek was besig om //Kabbo se gedig “boesman-voorgevoelgens” te lees voor Oom John by my kom sit het:

boesman-voorgevoelens
//Kabbo

die boesman se alfabet is geskryf in sy lyf
die letters praat en roer
die letters beweeg die boesman se liggaam
hy beveel al die ander om stil te bly
hy self is absoluut volkome stil
dan voel hy sy liggaam saggies aan die binnekant klop
’n droom praat vals
’n droom kan jou mislei
maar die voorgevoel is dit wat die waarheid praat
die kloppende gewaarwording sê: iemand is aan die kom

veral die geklop in ’n wond
as jy loop en die wond begin klop
kan jy die kinders stuur om te gaan kyk
Oupa is in die voetpad op pad na jou toe
dit voel jy in die wond
die wond sê dit aan jou

of as jou ribbes begin klop
dan vat jy jou pyle
want jy voel die swart haartjies op die springbok se ribbes
as jy Brinkkop uitklim
kyk goed tussen die bome
en die groen spruitjies
want die springbok het jy reeds met jou lyf gesien
dan voel jy hoe bloed by jou dye en kuite afloop
asof jy reeds die springbok op jou rug dra
asof die springbok reeds langs you dye af bloei

daarom wag ek altyd stilweg vir die woorde van my lyf
ek voel in my voete
hoe diere om die hut snuffel
ek voel aan my skedel as ons die horings van die hartebees afkap
ek kry ’n gevoelente van my voorkop af al met die neus langs
soos die donker vlek na die springbok se snoet
ek voel my oë uitswel soos die vlekke om die springbok se oë
as ek iets voel kriewel soos vlooie
weet ek my lyf het ’n volstruis gesien

ons lê voor die hut
ons lê teen die uitgestrekte Brinkkopberge
dit lyk asof ons slaap
asof ons dut
maar ons lees ons liggame
ons voel alles wat op die pleine beweeg wat verby die hutte trek
die holtes agter ons knieë kry ’n gevoel
en dan wag ons
en dan kom al die dinge na ons toe

© Uit Met woorde soos met kerse, 2001. Vertaal deur Antjie Krog.

“She’s a remarkable woman, that one,” sê hy terwyl hy deur die boek blaai. “Sy’t lekker kak gemaak in die seventies. Ek onthou toe sy gedebuteer het. Die opskrifte in die koerante. Min mense probeer soos sy om te verstaan wat aangaan in hierdie fokop van ’n land.” Ek probeer om sy liggaam te lees. Sy vingers is dik en hard. Hy’t ’n paar dae laas geskeer. Ek voel hoe ek saam met hom oud word as ek in sy oë kyk. Ons rook tuimel die lug in.

Hy hou nie van Leipoldt en Cilliers nie – hulle is te antagonisties teenoor die Engelse, te patrioties, sê hy. Gee vir hom Uys Krige, Marais, Opperman. Hy vertel van ’n Krige-gedig wat hy in standerd 8 uit sy kop moes leer vir ’n mondelinge eksamen: “Plaashek”: “So ’n paar jaar gelede vra die dominee by die Kruiskerk vir my om ‘Plaashek’ by ’n verskeidenheidskonsert op te sê. En ek sê toe maar ja. Hy kondig my item aan: ‘Oom Driffie gaan vir ons ‘Die Plaashek’ van Uys Krige voordra.’

Ek klim op die verhoog: ‘Dominee,’ sê ek, ‘jy moet weet dat digters hulle titels versigtig kies. Dis nie die Plaashek nie. Geen lidwoord nie. Dis alle hekke, alle besluite, alle eindes en beginne.” Oom Driffie begin:

Plaashek
Uys Krige

Bloedrooi die alwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie…net
’n luggie wat
skrams aan die ritselende grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daar onder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
’n groen swier.
Niks stoor die yle swewende
Bergstilte hier.

Na al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
Om my hier by ’n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad’wee van
’n kremetart.
Die stilte in my’s volkome met
Niks troebels, niks verward.
Ek lig die knop…Ek maak
’n hek oop in my hart.

Die bekende woorde val oor sy geelgevlekte baard soos water. Hy is skielik weer in Calvinia en vyf jaar oud, sê hy. Hy en sy pa is saam uit op die bakkie om die skape te gaan haal.

Sy tande is geslyt en hy spot oor sy Klipdrift-gewoontes en die Dros. “Dis waar jy my gaan gaan kry as jy wonder waar ek is,” sê hy. En as hy nie daar is nie, is hy buite. Hy kon nog nooit in ’n kantoor werk nie – engtevrees. Daarom dat hy nou ’n bosbouer is: “Ek sou mal geraak het as ek na die lugmag by die huis gaan rondsit het. Ek het immers studeer om ’n bosbouer te word.”

Sy prof. het op universiteit vir hom gesê dat hy nooit sal ryk wees as hy in die bosboubedryf ingaan nie, maar dat hy elke dag liters vol skoon lug sou kon inasem. “Dit was die deal-clincher. Dit is ook wat maak dat ek vandag, na 30 jaar in die lugmag, weer tussen bome werk.”

“En as dit reën,” sê hy, “gaan sit ek in die JS Marais biblioteek en lees. Ek ken elke jota en tittel van elke boek oor John F. Kennedy wat daar is,” sê hy. “As die reën ophou, gaan ek terug bos toe.” Sy hande is grawe, sy plooie lê soos uitgekerfde letters teen die stam van sy gesig. Hy dra ’n groen pet met die nuwe Suid-Afrikaanse vlag op om sy bles te versteek. “Ons het nie van beter geweet nie,” sê hy. “Ons het geweet Suidwes sou Namibië word, ons het geweet ’n geskietery sou niks help nie, maar ons was lief vir ons mense.” ’n Droom kan jou mislei, Oom, wil ek sê. ’n Droom praat so maklik vals. Maar hy weet dit lankal reeds.

Desmond Painter. Die Brasiliaanse digkuns in vertaling

Friday, February 11th, 2011
Elizabeth Bishop

Elizabeth Bishop

Ek het die laaste tyd ‘n hele paar bloginskrywings aan die Brasiliaanse digters Carlos Drummond de Andrade en Manuel Bandeira gewei. Ek wens ek kon ook vertalings van meer onlangse Brasiliaanse digters in die hande kry, maar dit is nie so maklik nie. Ek weet nie wie daardie land se belangrikste hedendaagse digters is nie, en wie van hulle se werk al (in Engels) vertaal is nie. Dit is ‘n groot en dinamiese land, en Portugees is ‘n wêreldtaal, so daar moet seker interessante dinge in hulle digkuns gebeur?

Daar is darem, indien jy belangstel om verder te lees, goeie versamelings van De Andrade en Bandeira se gedigte in Engels beskikbaar. Twee voorbeelde: Carlos Drummond de Andrade, The Minus Sign: Selected Poems, Black Swan Books, 1980 en Manuel Bandeira, This Earth, That Sky, University of California Press, 1989. Dan is daar ook Elizabeth Bishop se belangrike An Anthology of Twentieth Century Brazilian Poetry, wat al in 1972 by Wesleyan University Press verskyn het. En moenie van Uys Krige vergeet nie: Sy Brasilië Sing het in 1990 by Perskor verskyn, en al is dit nie meer in druk nie behoort jy dit darem in ‘n biblioteek iewers te kan opspoor. Miskien bundel iemand een of ander tyd Krige se versamelde vertalings? Hier is nog een van sy vertalings van ‘n pragtige vers van Manuel Bandeira:

Oomblik in ‘n Kafee – deur Manuel Bandeira

 

Toe die begrafnisstoet verbygaan,

het die mans, wat hulle in die kafee bevind,

meganies hul hoede afgehaal.

Ingedagte het hulle die gestorwene gegroet.

Hulle was almal ingestem op die lewe,

het opgegaan in die lewe,

vol vertroue in die lewe.

 

Tog het een sy hoof ontbloot met ‘n trae breë gebaar.

Lank het hy na die kis bly kyk.

Dié man wis dat die lewe ‘n driftige gewoel is,

sonder finaliteit,

dat die lewe verraad is

en hy het die stof gegroet wat verbygaan,

bevry vir altyd van ‘n uitgedoofde siel.

Desmond Painter. Uys Krige oor Manuel Bandeira

Tuesday, February 8th, 2011
Uys Krige

Uys Krige

In ‘n kommentaar onder aan my vorige bloginskrywing verwys Daniel Hugo my na ‘n opstelletjie wat Uys Krige jare gelede oor Manuel Bandeira geskryf het. Dit het oorspronklik in Die Burger van 25 Augustus 1975 verskyn, maar is later opgeneem in Die Naamlose Muse (Protea, 2002; red: JC Kannemeyer).

Krige begin sy opstel met ‘n uitstekende, bondige beskrywing van die mees kenmerkende eienskappe van die moderne Brasiliaanse digkuns. Hy skryf onder andere: ‘… omdat die Brasiliaanse digters so ‘n sterk aanvoeling had vir die ritmes van die gesproke taal, hulle so ‘n fyn oor had, het hul beste gedigte altyd ‘n besondere subtiele musikaliteit, ‘n soort innerlike sangerigheid wat langsamerhand vat kry op ‘n mens se gehoor en jou hoe langer hoe meer bekoor.’

Krige gaan voort om Manuel Bandeira die ‘veelsydigste en grootste’ Brasiliaanse digter te noem. Hy vertel die volgende staaltjie: ‘Terloops, ek onthou nog goed die dag toe ek op die terras van die Clifton Hotel my feitlik letterlike vertaling van Bandeira se beroemde gedig, ‘Seepsopstraat’, aan Van Wyk Louw voorgelees het. Van Wyk was verruk — en het op ‘n slag besluit om dit by sy keuse van die beste gedigte in ons taal in te sluit.’

Krige noem die feit dat hy Bandeira nooit ontmoet het nie ‘een van die teleurstellings van my literêre lewe’. Maar dit was amper. In die 1950s het Krige vertalings van Bandeira se gedigte in Afrikaanse koerante gepubliseer. Bandeira het in Rio de Janeira ‘n Nederlandse vriendin gehad wie se suster op haar beurt in Durban gewoon het. Die suster het op die vertalings afgekom en dit Rio toe gepos, met die gevolg dat Bandeira van die vertalings te hore gekom het. Hy het vir Krige ‘n waarderende brief geskryf en dit het, volgens Krige, ‘tot ‘n lang, vrugbare korrespondensie tussen Bandeira en my gelei. Hy het my later ook verskeie van sy digbundels gestuur, met lang vriendelike opdragte in Portugees op die titelblad’.

Bandeira het Krige uitgenooi om hom in Rio de Janeiro te besoek, maar die beplande besoek moes weens persoonlike redes afgestel word: ‘Na my besoek aan die VSA in 1959 sou ek ‘n vliegtuig uit New York na Rio neem om daar ‘n paar dae by Bandeira deur te bring. Maar toe kry ek ‘n brief van my dogter Eulalia uit Londen waarin sy my vertel dat sy my aldaar binnekort verwag. En bloed, soos ons almal weet, is dikker as water, uit watter springfontein ook, vanaf die heilige sangberg, Helikon…’

Hier volg Bandeira se ‘Vas vas’ in Krige se vertaling. Krige noem dit ‘n ‘wonderlik eenvoudige, spontane en ontroerende gedig — ‘n tere gedempte treurlied oor die mens se sterflikheid, die kortstondigheid van alle menslike geluk…’

 

Vas vas – Manuel Bandeira

 

Toe ek vanmelewe aan die slaap geraak het

In die nag van Sint Jan

Was daar vrolikheid rumoer

Ontploffings klapperlawaai

Stemme liedere en gelag

Om die knetterende vreugdevure

 

Ek het in die middel van die nag wakker geword

Toe het ek nie meer stemme gehoor nie of gelag

Net buite

Het ballonne

Stil verby geswewe

En af en toe

Het die geluid van ‘n traan

Die stilte gesny

Soos ‘n tonnel.

 

Waar was hulle wat kort tevore nog

Gedans

Gesing

En gelag het

Om die vreugdevure?

 

Hulle het almal geslaap

Hulle het almal gaan lê

Hulle was vas aan die slaap

Vas vas.

 

Toe ek ses jaar oud was

Het ek nooit die einde kon sien nie van die fees van Sint Jan

Want ek het aan die slaap geraak.

 

Vandag hoor ek nie meer die stemme nie van dié tyd

My ouma

My oupa

Totonio Rodriques

Tomasia

Rosa

Waar is hulle almal?

 

Hulle slaap almal

Hulle het almal gaan lê

Hulle is vas aan die slaap

Vas vas.

Desmond Painter. Carlos Drummond de Andrade

Friday, January 14th, 2011
Carlos Drummond de Andrade

Carlos Drummond de Andrade

Carlos Drummond de Andrade (1902-1987) is een van die vernaamste Brasiliaanse digters uit die vorige eeu. Hy was ‘n verteenwoordiger van die Brasiliaanse Modernisme, maar ook ‘n digter wat ‘n eie, onuitwisbare stempel op die digkuns van sy land, en op die Portugese digkuns in die algemeen, afgedruk het.

Sy latere gedigte veral word gekenmerk deur ‘n onsentimentele, ironiese, dikwels skeptiese — en by tye selfs sarkastiese — stem. Soos hy dit in een van sy gedigte stel het hy hom vervreemd gevoel van ‘everything in life that is open and talkative’. En tog spreek Andrade sy leser aan in ‘n stem waarin daar, volgens Uys Krige, ”n vae hoop vir ons toestand as afgesonderde wesens skuil.’

Krige het ‘n paar van Andrade se gedigte in Afrikaans vertaal (gebundel in sy Brasilië Sing, Perskor, 1990), maar die gedig wat ek vanoggend plaas is in Engels vertaal deur Philip Krummrich.

Loving – Carlos Drummond de Andrade

What can a creature do except

among the other creatures, love?

love and forget,

love and mislove, love, unlove, and love?

always, even with one’s eyes gone glassy, love?

I ask you, what can an amorous being do,

lonesome, amid the general rotation,

but rotate with the rest, and love?

Love what the waves wash up on the beach,

and what they bury, and all that, in the sea breeze?

is salt, or need of love, or simple anguish?

Love the desert palms most solemnly,

love all surrender, or expectant adoration,

and love the forbidding, or expectant adoration,

and love the forbidding, love the harsh,

a vase without a flower, a metal floor,

a torpid breast, street seen in a dream, a bird of prey.

This is our fate: love beyond reckoning,

shared out among things treacherous or worthless,

a limitless gift to complete ingratitude;

and in the empty shell of love the timid search,

the patient search, for more and yet more love.

Loving our own lack of love, and in our aridness

loving latent water, silent kisses, boundless thirst.