Ek het Vrydag onverklaarbaar emosioneel geraak toe ek uit die laboratorium die sonlig in stap. Die bome was chloroplastgroen en ek het onthou dat ek iewers gelees het dat daar meer neuronselle in die menslike brein is as wat daar sterre in die uitdyende heelal is (miskien is nuwe idees soos sterre wat onploffend geboorte aan hulself skenk).