Traduttore, Traditore! ’n Verantwoording van die vertaling van Pablo Neruda in Afrikaans Traduttore, Traditore! Die vertaler is ’n verraaier! Hierdie bekende gesegde het êrens in die sestiende eeu ontstaan en sedertdien het seker elkeen wat ’n vertaler was, en is, kennis geneem hiervan. Hoekom “verraai”? Die meeste vertalers en mense wat oor vertaling besin,…