René Bohnen. Sondagsrokkie
Sunday, May 8th, 2022
Sondagsrokkie
(Vanessa cardui)
Geslaapsak droom die papie van vlerke,
velde vol blomme, sonsit en paring.
Die kort reistog se pieke en perke
stil hallelujas in ‘n lewenskring.
© René Bohnen, 2022