evolusie dalk oor ’n duisend jaar of wat sal iemand haar uitkalwe met skoffel en kwas en wonder wie hierdie mens was met die stewige gebeente, fyn hande en winkeltande en dalk sal antropoloë kan bepaal dat haar oë blou was en dat sy bars kon kyk en verwant aan Koisans en Noormanne was,…
Tag: Versindaba
Handeklaptyd vir Marlise Joubert
Versindaba is vandag vyf jaar oud en hierdie prestasie is alles te danke aan die visie en toegewyde ywer van één persoon: Marlise Joubert. Vandaar vandag se handeklap, want watter enorme bydrae het sy nie by monde van hierdie webtuiste tot sowel die bevestiging as die uitbouing van die Afrikaanse digkuns oor die afgelope jare…
Hannalie Taute. Haal asem
(ʼn Alternatiewe opskrif vir hierdie inskrywing wat ek natuurlik ook oorweeg het: sepies, dwelms en poësie). Ek kyk lankal nie meer televisie nie. Ek kyk ook nie sepies nie, dit is nie nodig nie want ek volg eerder die sepie wat hier in ons geledere afspeel. Die fete tussen kuber-digters en nie-kuber digters. Tussen Versindaba…
Briewe van ʼn jong Uys Krige by Versindaba 2010 bekend gestel
Die bekendstelling van Peet van Aardt se versameling briewe deur Uys Krige, Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje, beloof om ʼn besondere geleentheid te wees tydens vanjaar se Versindaba. Dié geliefde digter, skrywer en dramaturg is vanjaar ʼn eeu gelede gebore. Krige se dogter, Eulalia, en sy suster Suzanne Fox, sal op Saterdag…
My 10 hoogtepunte by Versindaba 2009
Antjie Krog se voorlesing van haar vers “Die laning”. Poësie met ‘n hoofletter-P; liefliker as dít kry jy nie maklik nie. Luna Paige wat Sappho-verse in Afrikaans sing. “Bitterlemoene” is glo ‘n samestelling wat die eerste keer deur Sappho gebruik is. Dié digteres van Lesbos se Afrikaans was weliswaar uitstekend. 😉 Nietemin, die stem wat…
