Posts Tagged ‘VIGS’

Pieter Odendaal. Die virale verdwyning van ‘n gedig

Sunday, April 1st, 2012
Die kunstenaar Luke Jerram se glasbeeld van die MIV-virus

Die kunstenaar Luke Jerram se glasbeeld van die MIV-virus

Na aanleiding van Louis Esterhuizen se blog oor die verhouding tussen poësie en die wetenskap, het ek via ’n hele klomp links op die pragtige gedig “A I D /I/ S A P P E A R A N C E” van Joan Retallack afgekom. Die digter is bekend vir haar eksperimentele poësie wat beide in hul inhoud en vorm uit die natuurwetenskappe put vir inspirasie. Sy word ook aangeprys as een van ’n handjievol digters wat dit regkry om ’n soort eties-bewuste eksperimentele poësie te beoefen. Dit gebeur al te dikwels, na my mening, dat sogenaamde “eksperimentele” digters selfgesentreerd in die hoekie van die ivoortoring met hulle taalspeletjies besig is, ten koste van ’n betrokkenheid by die sake van die dag. Retallack se poësie demonstreer dat die etiese en die esteties-eksperimentele nie onverenigbaar is nie deur te wys dat selfs die mees ekstreme poëtiese eksperimente steeds die etiese kan onderhou.

’n Voorbeeld hiervan is haar gedig “A I D /I/ S A P P E A R A N C E” wat in Retallack se bundel Procedural elegies / Western Civ Cont’d (Roof: 2010) verskyn. Die gedig eggo die bundeltitel deurdat die gedig terselfdertyd die resultaat van ’n prosedure is en as ’n elegie vir ene Stefan Fitterman dien. Retallack bied self verskeie definisies vir “prosedure” in haar bundel aan, waaronder die belangrikste vir “A I D /I/ S A P P E A R A N C E” die volgende is: “instructions for how to go on” . Helena Fitzgerald het die volgende oor hierdie definisie te sê:

This definition links the procedural and the elegiac as form and content. We give procedures to tragedy in order to be able to go on from tragedy. (lees Fitzgerald se resensie van die bundel hier)

Die prosedure wat Retallack gebruik is soortgelyk aan die manier waarop ’n virus deur liggaamselle versprei: Die eerste letters wat uit die aanvanklike gedig verdwyn, is A, I, D en S. Daarna verdwyn die letters wat weerskante van A, I, D en S in die alfabet staan: (A)B H(I)J C(D)E R(S)T. Sodoende versprei die virus deur die gedig en word die inhoud ook in die vorm weerspieel: Die naasliggende letters word as’t ware geïnfekteer deur die siekte van verdwyning.

Maar die verskynsel van verdwyning resoneer ook op verskeie ander betekenisvlake: Dit kan die aantas van die Stefan se vermoë om te kommunikeer verteenwoordig, of die geleidelike erosie van sy geheue (dementia is een van die gevolge in die latere stadiums van VIGS). Die verdwyning vergestalt ook die spreker se toenemende onvermoë om iets aan Stefan se toestand te doen en die stiltes wat tussen vriende en familielede soos repliserende virusse groei totdat die stilte volbring word in die oomblik van dood.

Die eerste strofe van die gedig bespreek die onafwendbaarheid van verlies en verdwyning in die natuur. In die eerste plek word die aanhaling van Niels Bohr gebruik om die verdwyning van kontinuïteit in beskrywings van die aard van materie te illustreer. Hierna word ’n reeks verskynsels gelys wat ook uitgelewer is aan die logika van verdwyning: die krimpende maan, eklipse en seisoene wat onkeerbaar verdwyn soos nuwes hulle opvolg. Die mooiste frase van die gedig lê vir my in reël 7: “and there is no place to stand on and strangely we’re glad”. Deur hierdie laaste reël groei die gedig tot meer as net ’n formele illustrasie van die verwoestende effekte van VIGS – die gedig word ook ’n soort motto wat die grondtoestand van menswees omskryf: alles is altyd aan die verdwyn – en tog kry ons dit reg om tussenin bly te wees.

Soos die letters stelselmatig van een strofe na die ander verdwyn, begin die leser vervaard na betekenis in die krimpende inhoud soek. So het ek die opskrif van die strofe “M O W” as “mow” gelees, wat die idee van wegsnyding en aftakeling ondersteun. Die y’s en n’e in dieselfde strofe kan ook “yes’s” en “no’s” voorstel – die VIGS-lyer se spraakpatrone, inderwaarheid sy hele bestaan, word nou gereduseer tot blote ja’s en nee’s. In die volgende strofe bly slegs y’e oor, wat in Engels foneties ekwivalent aan “why” is. Maar hierdie retoriese hoekoms is so gedemp, word so verdring deur die onstuitbare logika van die virus, dat ’n mens hulle amper nie eens hoor nie. In die laaste strofe het die virus sy werk voltooi: slegs die stilte van die dood en die gedig bly oor.

A I D /I/ S A P P E A R A N C E

for Stefan Fitterman

1. in contrast with the demand of continuity in the customary description
2. of nature the indivisibility of the quantum of action requires an essential
3. element of discontinuity especially apparent through the discussion of the
4. nature of light she said it’s so odd to be dying and laughed still it’s early
5. late the beauty of nature as the moon waxes turns to terror when it wanes
6. or during eclipse or when changing seasons change making certain things
7. disappear and there is no place to stand on and strangely we’re glad

A I D S
for tefn Fttermn

1. n contrt wth the emn of contnuty n the cutomry ecrpton
2. of nture the nvblty of the quntum of cton requre n eentl

3. element of contnuty epeclly pprent through the cuon of the

4. nture of lght he t o o t be yng n lughe tll t erly

5. lte the beuty of nture the moon wxe turn to terror when t wne
6. or urng eclpe or when chngng eon chnge mkng certn thng
7. pper n there no plce to tn on n trngely we’re gl

B H J C E R T
fo fn Fmn

1. n on w mn of onnuy n uomy pon
2. of nu nvly of qunum of on qu n nl
3. lmn of onnuy plly ppn oug uon of

4. nu of lg o o yng n lug ll ly

5. l uy of nu moon wx un o o wn wn
6. o ung lp o wn ngng on ng mkng n ng
7. pp n no pl o n on n ngly w gl

F G K Q U
o n mn

1. no n w m no on ny no my pon
2. o n nvly o nm o on n nl
3. lm no onny plly pp no on o

4. no l o o yn nl ll ly

5. l y o n moon wx no own wn

6. o n l pow n n no n n mn n n
7. pp n no pl o no n n nly w l

L P V
o n mn

1. no n w m no on ny no my on
2. o n ny o nm o on n n
3. m no onny y no on o
4. no o o y n n y
5. y o n moon wx no own wn
6. o now n n no n n mn n n
7. n no o no n n n y w

M O W
n

1. n n n n n y n y n
2. n n y n n n n

3. n n n y y n n

4. n y n n y

5. y n n x n n n
6. n n n n n n n n n
7. n n n n n n y

N X

1. y y
2. y
3. y y
4. y y
5. y
6.
7. y

Y

1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.

Skrywersnota:
The disappearance moves through the letters of the alphabet (and the source text) in this way: Beginning with letters A I D S, it spreads to adjoining letters B H J C E R T, to F G K Q U, to L P V, to M O W, to N X, to Y.
Part of the text in the first stanza is from “The Atomic Theory and the Fundamental Principles underlying the Description of Nature” in The Philosophical Writings of Niels Bohr, Volume 1, Atomic Theory and the Description of Nature. Woodbridge, Connecticut, 1987.

  •