Rainer Maria Rilke was een van die Deense skilder Vilhelm Hammershøi (in die foto hier bo) se aanhangers. Oor Hammershøi se skilderye het Rilke in 1905 gesê: “Hammershøi is nie een van daardie mense oor wie ʼn mens haastig moet praat nie. Sy werk is standhoudend en stadig en by welke geleentheid ʼn mens dit ook al…