16 Dae haar huil het bedaar maar in sy binneste is daar steeds die stukkende ritme van haar snikke wat ruk die stilte is ‘n weergalmende grot teen die muur kap die klok die tyd in fyn stukkies op sy handpalm brand soos ‘n wang by die agtervenster soek…
Tag: Vincent Oliphant gedig
Vincent Oliphant. Soos
Soos dit was met ‘n ou liefde so toe ek die koue nie kon glo haar oё het van my weggedraai haar pad het van my weggeswaai soos in ‘n natuurwet uitgestippel in ‘n titrasie oefening een druppel een kleur uitskuif en ‘n ander een inlyf soos die storie van ‘n…
Vincent Oliphant. Ouermoord
Ouermoord Dis so dikwels die jongste seun die een met die dwelmprobleem die swartskaap wat agtergelaat is en die uitblinkers stilweg haat. Familie en vriende stem saam sy ou skool beaam: hy was ‘n skaam eenkant kind. Wie sou kon weet wanneer het ‘n skim in hom geklim wat blind…
Vincent Oliphant. Waarheen
Waarheen Met die gewig van die wȇreld trek die foon sy hand na onder hy probeer regop bly maar is verstrengel in die rou weeklaag van sy vrou die sirenes trek hulle aan die keel na die toneel waar hulle seun in geknakte blikwerk sit hy het nie gesȇ waarheen…
Vincent Oliphant. “Khwezi”
“Khwezi” vir Fezekhile Kuzwayo (1974-2016) Hulle was helde my pa en hy in die hel van daardie sel wat hulle so diep moes deel toe hulle beste jare gesteel is. Was dit my pa se laaste vraag in die oomblik voor hy sterf? Wie sy vaderskap sou erf? Hom oor my sou…
Vincent Oliphant. Toe het hulle geweet
Toe het hulle geweet Hy het verander. Hulle skrander seun hulle bruisende brander wou skielik net alleen wees. Agter sy toe deur het hy lugkastele stof tot stof verplof. Hulle het ‘n goeiende vrees lomp verreken: wie is hierdie stom vraagteken? Dan maar ‘n antwoord haal uit die taal van…
Vincent Oliphant. Die woord
Die woord Wanneer die dag soos ‘n bruid uit die bad klim dwing ek myself die deur uit ‘n wȇreld in waar die gedruis van dinge my drome verdring, tog is die woord altyd daar fluisterbiddend sag singend vir elke mens wat dié dag seer sou kry dié nag teer sou ly,…
Vincent Oliphant. Iewers tuis (M)
Iewers tuis Dit het my omring, daardie beklemming in my geboorteland, die gegrom wat al nader kom totdat dit my huis soos ‘n eierdop vergruis het. Met net my kosbaarste op my rug, my dierbaarste aan my hand, het ek gevlug tot waar ek die suiderkruis sien brand bo julle wonder…
