Vincent: sonneblomme en sipresse behep met kleur en lig en son in elke verfhaal wat jy maak soek jy die lewensbron van die geheel daarom die geel-op-geel-op-geel: stamp die kwas in elke blomgesig sodat die plakke olieverf kan blok en stol en krul tot stam en blaar en bloeisel elke blanko seildoek en…