vir Primo Levi klein man. jy sing vanuit die diep long van ’n tweede graf, selfs nou vertel die uile van jou hande die storie van jou eerste dood. ek luister na die alewige drup van die groot honger teen jou slape. hier marsjeer almal op krukke, hoor die musiek soos ’n enkele skoot…