Posts Tagged ‘Voorlesing deur digters’

Boodskap aan digters // Woordfees 2020

Monday, January 20th, 2020

Hiermee ’n uitnodiging van die Woordfees-organiseerders aan digters:

Versfort by die Woordfees is ‘n klein gratis tent tussen die boekwinkel en die Boektent, met kussings en poewe, waar digters kan voorlees, of iemand kan kry om uit hulle werk voor te lees, of waar mense gedigte van hulle eie keuse voorlees.

Digters wat kans sien, word genooi om deel te neem. Dit kan indiwidue of groepe wees. Elke tydgleuf is 45 minute lank. Digters kan ook met ‘n musiekantvriend/in saamspan vir agtergrondmusiek, maar hierdie is vir voorlees alleen. (Daar is genoeg musiek op die fees.) Jongmense, ouer garde, digters van alle kleure en geure is welkom. Verkieslik Afrikaans. Indien jy rééds op die program verskyn, sorg liefs dat dit nie bots met jou amptelike Woordfees optrede nie.

AS JY BELANGSTEL: Stuur ’n e-pos na Elmari Rautenbach by erautenbach@icloud.com en dui aan watter gleuf op die skedule jou die beste sal pas. Enige navrae kan ook daar gerig word.

AS JY IEMAND KEN WAT DALK SAL BELANGSTEL: Stuur gerus hierdie uitnodiging aan.

  •