Die Vrystaatse goudvelde. Een mynskag in Welkom het in die vyftigs, dink ek, soveel goud soos die ganse Kaliforniese goudstormloop opgelewer. So dorpe soos Welkom, Odendaalsrus en Virginia was eens die hart van Suid-Afrika se ekonomie. Nie meer nie. Die gebied sit met die probleem van onwettige myners wat met gewere teen formele mynmaatskappye kompeteer…