Vuurvlieglusiferase (vir Rupert Brooke :“…and is there honey still for tea?) Dié besie-lampe is fosforskyn wat aan/af blink en bedags verdwyn maar hul liefdesgloed sal saans steeds wink: soos nagmusiek wat bly weerklink vir hul kort bestaan – ’n twee-maand-vlug – word dou en nektar tot boodskapflits verlig in jóu…