Posts Tagged ‘VWL 50 jaar later 2020’

Bekendstelling: Huldiging van NP van Wyk Louw 50 jaar later

Thursday, October 24th, 2019

VWL 50 jaar later 

Fyn net van ’n durende versgesprek

 

N.P. van Wyk Louw is al deur die literator Helize van Vuuren bestempel as die “heersende vors” van die Afrikaanse digkuns in die eerste helfte van die twigtigste eeu. Breyten Breytenbach sien sy as die “kroonprins”, en uiteindelike troonopvolger sedertdien.

Vroeër vanjaar is Breytenbach se tagtigste verjaarsdag hier op Versindaba met opwinding gevier, soos ook elders in die Afrikaanse kultuurwêreld. ’n Welige ruiker “Gedigte vir Breyten Breytenbach”, op uitnodiging geskryf deur ’n sewentiental eietydse digters, is onder meer op 16 September 2019 op Versindaba aan hom “oorhandig”.

Volgende jaar, meer presies op 18 Junie 2020, sal ’n halfeeu verloop het sedert Van Wyk Louw se afsterwe. Ons weet dat daar ook deur ander instellings beplan word om dié goue gedenkjaar vir die Afrikaanse letterkunde te vier. Tot dusdanige vieringe wil Versindaba bydra deur spesifiek sy digkunsnalatenskap in die kalklig te plaas.

Louise Viljoen, ’n ewe bekende Afrikaanse literator as Helize van Vuuren, en ’n gereelde inhoudbydraer van die Versindaba-webwerf, het elf jaar gelede in ’n vakwetenskaplike artikel uitgebrei oor die destyds bestaande “digterlike gesprekke” met Van Wyk Louw in Afrikaans. (Dié artikel is beskikbaar elders op hierdie webwerf. Kyk by https://versindaba.co.za/tag/louise-viljoen/.) Sy durende, steeds sterk gevoelde teenwoordigheid in die Afrikaanse poësielandskap blyk onses insiens ook uit digwerk wat die afgelope dekade verskyn het – en waarop ons hoop om ook die lig te laat val.

Intussen wil ons vroeg in 2020 afskop met weeklikse plasings van nuwe “digterlike gesprekke” met Van Wyk Louw, deurlopend tot op sy sterwensdatum.

In ooreenstemming met die bestaande praktyk op Versindaba, rig Versindaba, in samewerking met Ronél Johl en Bernard Odendaal, ’n uitnodiging aan reeds gepubliseerde digters by erkende uitgewers om nuutgeskepte gedigte aan ons te stuur ter huldiging van Van Wyk Louw en sy digterlike nalatenskap. In sulke verse moet hy en sy digwerk aangesny of in die herinnering geroep word, sy dit op huldigende of voortskrywende, maar ook op satiriserende, ironiserende of selfs teensprekende trant.

Die e-posadres waarheen sulke bydraes gestuur moet word, is marlies.taljard@nwu.ac.za

Hou ons kennisgewings en hierdie ruimte op ons webwerf dop vir die begin van ’n wederwoordonthaal van een van die allergrootste geeste wat ons taal opgelewer het.

 

NALN. NP v Wyk Louw uitstalkas

 

NP van Wyk Louw

Inhoud: VWL 50 jaar later

Sunday, October 20th, 2019

NALN. Boekery van NP v Wyk Louw

 

NP van Wyk Louw 50 jaar later, 2020.

Fyn net van ’n durende versgesprek

[Opgedateer tot en met 14 Aug 2020 – redaksie]

 

Inhoud

N.P. van Wyk Louw 50. Johann Lodewyk Marais. Aug 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Gediggesprekslys 31 Julie 2020. Aug 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Alfred Schaffer. Aug 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Thomas Deacon. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Marlise Joubert. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Fanie Olivier. Julie 2020

Digterlike gesprekke met Louw – ‘n bronnelys en uitnodiging. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo. Julie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Danie Marais. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Tony & Gisela Ullyatt (Vertaling in Engels). Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Daar is geen woord (Voorlesing deur N.P. van Wyk Louw). Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Breyten Breytenbach. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Jerzy Koch (Vertaling in Pools). Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Jan Swanepoel. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Antjie Krog. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Joan Hambidge. Junie 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Jerzy Koch. Mei 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Lynthia Julius. Mei 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Charl-Pierre Naudé. Mei 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Grense (Voorlesing deur N.P. van Wyk Louw. Mei 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Johan Myburg. Mei, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Yves T’Sjoen. Mei, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Luuk Gruwez. Mei, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Die wind in die baai (Voorlesing deur N.P. van Wyk Louw). April, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Die beiteltjie (Voorlesing deur N.P. van Wyk Louw). April, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Hans du Plessis. April, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Heilna du Plooy. April, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Cas Vos. April, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. René Bohnen. Maart, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Helize van Vuuren (Vertaling in Engels). Maart, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Bernard Odendaal. Maart, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 2). Maart, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Robert Schall (Vertaling in Duits 1). Februarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Benno Barnard. Februarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Benno Barnard. Februarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Pirow Bekker. Februarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Thomas Deacon. Januarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo. Januarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Hein Viljoen. Januarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Zandra Bezuidenhout. Januarie, 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Zandra Bezuidenhout. Januarie, 2020

Bekendstelling: Huldiging van NP van Wyk Louw 50 jaar later. Okt. 2019

  •