Vroeër vanjaar het Marcelle Olivier ‘n belangwekkende onderhoud met die digterspaar Helen Ivory (foto) en Martin Figura op Versindaba geplaas. En watter vreugde was dié ontdekking nie, want nie een van dié twee se digkuns was vir my bekend nie. Van veral Helen Ivory se gedigte het ek sommer baie gehou; daarom dat ek die oorsig…