die afrugkaanse kring en kie drink saans hul wyn ook uit goeie glase dese en gene verskyn selfs in die kollig van covid soos gewone hase hier is dan hul melaatsgeproklameerde taal om viviseksioneel te verbloem – ons kry die bitter beker en beletseltekens voor die teater in ‘n skemerfase © Waldemar Gouws,…
Tag: Waldemar Gouws kwatryn
Kwatrynkompetisie (117)
(inderdaad pesnuus) die son skakeer ‘n uitgesoekte lap van ons landskap nou in ‘n kleur van die ou praktyk met roode sap die oes is gepars die voltrekking daar op die gismoer moet begin maar kyk die voorman is afwesig besig om die hout vir vate flenters op te kap © Waldemar…
Kwatrynkompetisie (113)
-waarts! eg waarheid? hoe laf daardie idee is mos oor die muur jou portuur se prêt-à-porter dien doodreg vir elke liewe uur mens neem feitlik die hele heelal oor so voetstoots g’n bolkopvirus gaan ons aanlyn vonkelwyn versuur! © Waldemar Gouws
Kwatrynkompetisie (107)
daai bottel ai daai besige bottel! mense, keer dat hy vergaan kry ‘ie virus onner ja dink vinnig voor jul naderstaan dis allie hanne son en water oppie suidelike grond wat daai bottel somme’ gou so op sy kop ga’t staan! © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (97)
middelklasskemer ek hoor die buurvrou stofsuig neuroties: die plek is al donker mens sien haar gewoonlik met ‘n korrelpers masker die huise staan hier na aan ‘n wingerd: hoë stokke, droë grond so agtermekaar hou sy dinge vir haar eie mistieke wynmaker © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (88)
veritas wie nou sag sweer ag, in virus veritas is net nie reg, nee kom maak eerder ‘n las want hoe later met hierdie pes hoe kwater kry die wynman bid vir daai kelder en hou jou glas © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (43)
vir hoe lank was daar nie landwye pyn ras self was vas in kwarantyn dog onder én bolangs het dinge gegis – onthou net jou plengoffer; geniet dan die wyn! © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (10&11)
(10) wynplaas by Blouvlei die stroewe wingerdstok se greep in die grond vat ook iets onstofliks vas – dit is in my mond gedra van elders reg deur donker kelders; ons ontspan net hier – ontsnap die koronakoors – : gesond! * (11) aan die voet van die Hawekwaberge die…