Kwatrynkompetisie (48-49)
Tuesday, March 23rd, 2021
48
klink op gesondheid nou ‘n kelkie wyn!
erken die ware gewydheid van ons samesyn
verlig om kaalvoet in die son te bly lewe:
hoe vergal was al ons nagte tog in kwarantyn!
*
49
gegroet! klink op gesondheid nou ‘n glasie wyn
om dit weer reguit te stel in hierdie kwatryn:
want wyn is die venster om deur mense te sien
blyk daar ‘n waarheid of is alles net skyn?
© Waldemar Gouws, 2021