Guillaume Apollinaire (1880-1918). Vertaling van Frans in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws Sugte van die kanonnier van Dakar Dis in die loopgraaf se houthut versluier onder wilgertakke Na aan grys kanonne gedraai na die noorde dat ek droom van die Afrika-dorp Waar ons gedans het waar ons gesing het waar ons seks…
Tag: Waldemar Gouws vertaling
Guillaume Apollinaire (1880 – 1918). Vertaling in Afrikaans
Annie Playden – Apollinaire se eerste muse Guillaume Apollinaire. Vertaling van Engels en Frans in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws annie aan die kus van texas tussen mobile en galveston is daar ‘n groot tuin so vol rose die tuin bevat ook ‘n villa dis self ‘n groot roos …
Mike Batt. Vertaling in Afrikaans
Mike Batt. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws blínk oë is dit dalk ‘n soort droom dié wegdryf met die gety al met die rivier van die dood af, volg net die stroom ag, is dit ‘n droom? daar’s ‘n newel oor die gesigseinder heen ‘n vreemde gloed in…
Bertolt Brecht. Vertaling in Afrikaans
Bertolt Brecht. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws Die sewe lewes van die letterkunde Dat die letterkunde g’n kruidjie-roer-my-nie is nie, het oral rond rugbaar geword. Hoe dikwels al is sy nie as godin betitel en as heks behandel nie. Die grootbase het haar snags genaai en haar bedags…
Bertolt Brecht. Vertaling in Afrikaans
Bertolt Brecht. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws Is verdrukking so oud soos die mos Is verdrukking so oud soos die mos by die visdam? Die mos by die visdam is nie vermybaar nie. Straks is alles natuurlik wat ek sien, en is ek siek en wil ontslae wees…
Hermann Hesse. Vertaling in Afrikaans.
Hermann Hesse. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws By gaan slaap Nou dat die dag my moeg het, gaan my vurige verlange vriendelik die sterrenag soos ‘n moeë kind inwag. Hande, los al die gedoen, voorkop, vergeet die gedink, nou wil heel my bewussyn weg in ‘n sluimering…
Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans
Osip Mandelstam. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws Batyushkov Soos ‘n flaneur met ‘n towerkierie, woon die sagte Batyushkov by my plek – stap af in Zamostie lanings, snuiwe aan ‘n roos, besing die lof van Zafna. Sonder om in die minste te glo dat iets ons van mekaar…
Lawrence Ferlinghetti. Vertaling in Afrikaans
Lawrence Ferlinghetti. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws In memoriam Lawrence Ferlinghetti 24 Maart 1919 – 22 Februarie 2021 In Goya se grootste tonele In Goya se grootste tonele lyk dit asof ons die mense van die wêreld sien juis op die oomblik toe hulle vir die eerste keer…