Ek het reeds in ’n vorige bydrae verwys na die literatuur wat deur die vroulike lede van die Klerewerkersunie gepubliseer is. Vandag deel ek graag die gedig “Die Stryd in die Stad” deur Johanna Cornelius (oorspronklik gepuliseer in Klerewerker, Desember 1939, en opgeneem in SA in poësie / SA in poetry [1988], saamgestel deur Van…