Waterblommetjies Onder my gehekelde kombersie skuil ek in ‘n hoekie op die houtdek besig om klein jong strandertjies wat ek vanoggend geoes het af te dop vir ‘n middagslaai van roket en soet tamatietjie, olyfolie en balsamiese asyn. hoër op met die steil wal van die rivier groei wilde vinkel en frambose. …