Een van die lekkerste snuffelplekke op die internet is vir my The Paris Review se webtuiste, want hier kan jy rustig deur al die vorige uitgawes lees; so stuit jy telkens teen die ongelooflikste bydraes. Soos die onderhoud wat Will Aitken in 2004 gevoer het met Anne Carson, sekerlik een van die mees kreatiewe en…