Posts Tagged ‘William Butler Yeats’

Nini Bennett. Die Tarot as literêre muse

Saturday, May 29th, 2021

 

 

 

Vir eeue reeds wend skrywers en digters hulle tot Tarot-lesings as bron van inspirasie. Tydens die inperking het daar ’n hernieude belangstelling ontstaan in dié kaarte: Mense soek bemoedigende insigte oor werk, gesondheid en finansies. Die lees en bestudering van Tarot-kaarte is immers ’n aktiwiteit wat oorwegend solitaire beoefen word. In onlangse artikels op literêre webwerwe word daar opnuut gefokus op die terapeutiese waarde van Tarot-lesings. Die kaartspeletjies het inderwaarheid baie min te doen met toekomsvoorspelling of “waarsêery” – ’n Tarot-pak beliggaam ’n komplekse voorstelling van antieke simboliek.

Die herkoms van Tarot is onbekend. Volgens  historiese rekords is die eerste gedokumenteerde Tarot-pak tussen 1440 en 1450 in Milaan opgeteken. Die volgelinge en belangstellendes het in die geheim (in salons) speletjies soos die Italiaanse Tarocchini, die Franse Tarot en die Oostenrykse Königrufen gespeel. Eers in die laat 1800’s is wiggelary en toekomsvoorspelling beoefen. Alhoewel die kerk hierdie speletjies as duiwelskuns bestempel het en verwys het na die kaarte as “die prente/boeke van die duiwel”, het Tarot danksy die boekdrukkuns oorleef.

’n Pak Tarotkaarte bestaan uit 78 simboliese prentkaarte met filosofiese en kosmologiese korrelasies. Die pak word verdeel in twee dele: die Groot Arkana met 22 primêre kaarte, die hoofgeheimenisse, en die Klein Arkana se 56 kaarte met die sekondêre kaarte wat die subgeheimenisse voorstel. Die Groot Arkana simboliseer die oertipes van die verskillende paaie, kragte, aksies en strategieë van die mens. Die Klein Arkana verbeeld die verskillende toestande waarin die mens hom kan bevind. Die 56 kaarte bestaan uit die 4 hofkaarte van die 4 verskillende reekse, naamlik die Tarotstawe (Wands); Tarotswaarde (Swords); Tarotbekers (Cups) en Tarotskywe (Pentacles), wat dui op grade van menslike bevoegdheid. Die hofkaarte, weer, is die Boodskapper (Page); die Ridder (Knight); die Koningin (Queen) en die Koning (King). Aansluitend tot die hofkaarte is daar 10 kaarte in elke reeks wat begin by Ace I. en eindig by kaart X. Die 4 reekse verteenwoordig die volgende elemente en menslike eienskappe:

Stawe – vuur – motivering en wilskrag.

Swaarde – lug – denke en kognitiewe prosesse.

Bekers – water – emosies en gemoedstoestande.

Skywe – grond – materiële bates; fisiese toestande en belewenisse.

Die Tarot toon ook korrelate met ’n gewone pak speelkaarte, byvoorbeeld:

Stawe = Klawers

Bekers = Hartens

Swaarde = Skoppens

Skywe = Ruitens

Volgens sekere denkskole beskik die Tarot oor esoteriese skakels na die antieke Egipte, die Kabbala, die Indiese Tantra of die Yijing – en selfs die Torah, aangesien elke kaart in die Groot Arkana met ’n karakter van die Hebreeuse alfabet beskryf word, wat op sy beurt die 22 paaie in die Boom van die Lewe voorstel. Volgens die spirituele goeroe, George Gurdjieff is dit belangrik om Tarot as ’n eenheid van simboliek, astrologie en towerkrag (magie/magick) te verstaan. Ongelukkig assosieer die meeste mense Tarot met ’n vorm van fortuinvertellery wat met die New Age-beweging geassosieer word. Hierdie siening word versterk deur amateurs wat hulle kliënte “se kaarte lees” en só kwansuis “die toekoms voorspel” (meesal bewapen met ’n Tarot-boek om die uitleg na te slaan). Hierdie mense vra dan geld vir sulke lesings. Na my mening is sulke praktyke oneties en teenstrydig met die ware gees van Tarot.

Alhoewel die simboliek van die 78 kaarte sedert die middeleeue dieselfde gebly het, het die visuele vertolking of interpretasies daarvan by die onderskeie kunstenaars en mistici bly verander. Daar is tans ’n legio stelle kaarte om van te kus en te keur. Tarot volg ook die tendense van die populêre kultuur – daar is selfs Harry Potter– en My Little Pony-pakke beskikbaar!

Die pak wat verreweg die meeste gebruik word, is die Rider-Waite-Smith-Tarot: dit is die ‘standaard’ stel kaarte. Die Navigators Tarot of the Mystic Sea Tarot van Julia A. Turk is ook in aanvraag. In 1973 het die vervaardigers van die Bond-film, Live and Let Die vir Salvador Dalí gevra om ’n pak kaarte te skilder, spesiaal vir die film. Ongelukkig het die transaksie deur die mat geval omdat Dalí onredelike finansiële eise gestel het en te veel “lenings” teen die ooreengekome kommissie aangegaan het. Dalí het wel sy eie eksotiese, surrealistiese galery Tarot-kaarte in 1984 voltooi. En, tiperend van die surrealistiese maestro, het hy verras met sy aweregse  humor. Hy het homself verbeeld as die Magiër (Magician). Roger Moore, wat op daardie tydstip die rol van Bond gespeel het, se voorganger, Sean Connery, het ’n kameevertoning as die Keiser (Emperor) gemaak! Baie slim: 007 moes in sy pasoppens wees … Dali se vrou, Gala, was die Keiserin (Empress). Die Dalí-Tarot is ’n ware juweel: surrealisme en die esoteriese ontmoet en die groot meesters se werk word geparodieer met kitsch en Christelike ikonografie. Die digter William Blake se stel, The William Blake Tarot of the Creative Imagination is, soos Dalí se pak, ’n stel kaarte vir die fynproewer. Die invalshoek is ’n digterlike een, gebaseer op Blake se visuele interpretasies en poëtiese insigte rondom Tarot. Die kaarte is egter verfrissend vry van intellektuele bagasie, en Blake nooi die leser op ’n speelse wyse uit om die reis deur die geheimenisse met hom mee te maak.

Digters was maar altyd lief vir Tarot. Die Nobelpryswenner, William Butler Yeats was in die laat 1800’s lid van die okkulte organisasie, The Hermetic Order of the Golden Dawn waar die volgelinge seremoniële toorkuns beoefen het; die aanleer van Tarot was een van die inisiasierites. Blake het die illustreerder van die Rider-Waite-Smith-pak, Pamela Smith, raad gegee met die visuele vertolking van die mistieke simboliek – m.a.w. digters en digkuns het die interpretasie van die kaarte beïnvloed, op soortgelyke wyse wat Tarot digters beïnvloed het in die skryf van poësie. Vervolgens ’n uittreksel uit Yeats se gedig, “The Tower” (die Toring XVI. is ’n kaart in die Groot Arkana):

 

[…]

Good fellows shuffled cards in an old bawn;

And when that ancient ruffian’s turn was on

He so bewitched the cards under his thumb

That all but the one card became

A pack of hounds and not a pack of cards,

And that he changed into a hare.

Hanrahan rose in frenzy there

And followed up those baying creatures towards –

[…]

 

Die Toring verwys na die prosesse van veroudering en die Ego wat in die slag bly. “Hanrahan” dui waarskynlik op die die Dwaas / The Fool 0., die heel eerste kaart van die Groot Arkana, ’n kaart met ’n nulwaarde: die begin van die (jeugdige) dwaas se reis.

 

[…]

Before that ruin came, for centuries,

Rough men-at-arms, cross-gartered to the knees

Or shod in iron, climbed the narrow stairs,

And certain men-at-arms there were

Whose images, in the Great Memory stored,

Come with loud cry and panting breast

To break upon a sleeper’s rest

While their great wooden dice beat on the board.

[…]

 

Die verwoesting van die Toring-kaart word beskryf – die kaart simboliseer ook die Toring van Babel. “Great Memory stored” reik moontlik na die kaart wat ná die Toring volg, naamlik die Ster: Verligting en openbaring via die kollektiewe onbewuste.

Ook in T.S. Eliot se “The Waste Land” verwys die digter na Tarot-kaarte:

 

[…]

Madame Sosostris, famous clairvoyante,

Had a bad cold, nevertheless

Is known to be the wisest woman in Europe,

With a wicked pack of cards. Here, said she,

Is your card, the drowned Phoenician Sailor,

(Those are pearls that were his eyes. Look!)

Here is Belladonna, the Lady of the Rocks,

The lady of situations.

Here is the man with three staves, and here the Wheel,

And here is the one-eyed merchant, and this card,

Which is blank, is something he carries on his back,

Which I am forbidden to see. I do not find

The Hanged Man. Fear death by water.

[…]

 

Kenners beweer die “drowned Phoenician Sailor” sinspeel op die Tien van Swaarde, terwyl die “Lady of the Rocks” dui op die Koningin van Bekers / Queen of Cups. Dan is daar die Drie van Stawe (“man with the three staves”), die Wiel van die Noodlot (“The Wheel”), (Ses van Skywe / Six of Pentacles – “the one-eyed merchant”), en die Gehangde Man (“The Hanged Man”). Laasgenoemde kaart word astrologies beïnvloed deur Neptunus, wat gerig word deur die element water.

In Afrikaans skryf Joan Hambidge op ’n gereelde basis oor Tarot-kaarte in haar verse, onderhoude en artikels op haar blog, Woorde wat Weeg. Maar tog is daar ’n opvallende afwesigheid, ’n leemte t.o.v. Tarot in die Afrikaanse letterkunde. Van die redes is moontlik die rol van die kerk wat die kaarte as “duiwels” gebrandmerk het, gebore uit onkunde en gedryf deur ’n vrees vir die okkulte. Ek verkies om die woord “esoteries” te gebruik, want “okkult” kom met baie bagasie saam; dis pejoratief. Esoteries beteken “verborge kennis” en dra nie ’n ingeboude waarde-oordeel en beletsel soos sy okkulte eweknie nie. Voor die koms van aanlynbesteldienste was Tarot moeilik bekombaar – waarskynlik slegs by enkele boekwinkels of ander esoteriese winkels. Tog het Tarot-kaarte hulle opwagting gemaak in boeke se omslagkuns.

 

 Isis Isis Isis, 1969, Human & Rousseau

 

Etiene Leroux se roman, Isis Isis Isis, se voorblad toon ses Tarot-kaarte uit een van die oudste Tarot-pakke, die Tarot de Marseilles wat reeds in sirkulasie was in die 15 de eeu in Italië. Dié roman vorm deel van die 18-44-trilogie: 18-44, Isis Isis Isis en Na’va. In Isis Isis Isis maak Leroux gebruik van die Egiptiese mite waarvolgens die god van die doderyk, Osiris, deur sy broer Set in 14 stukke opgekap is en weer deur die vrugbaarheidsgodin Isis aanmekaar gesit is nadat sy al die stukke behalwe die fallus gevind het. Die knolskrywer, as die verkapte Osiris, reis deur Europa om sy gefragmenteerde self byeen te bring, en in die proses loop hy 14 vroue raak wat die rol van Isis sou kon speel.

 

 Omdat ons alles is, 1998, Tafelberg

 

Omdat ons alles is, is ’n kortverhaalbundel van die bekroonde digter, H.J. Pieterse. Die kaart op die voorblad toon die Gehangde Man XII., soos dit voorkom in die Groot Arkana. Die betekenis is onder meer opoffering; die oorgawe van die Self aan hoër beginsels. In ’n motto voorin die bundel haal Pieterse ’n vertaalde weergawe van die offergod, Odin, aan. Die verwysing kom uit die Hávamál, ’n Yslandiese gedig wat skakel met die oud-Noorse filosofie.

 

I know that I hung

in the windy tree

for nine full nights.

Wounded by the spear,

consecrated to Odin,

an offering to myself

on the tree

whose roots are unknown.

 

’n God (Odin) geoffer aan homself, ’n god  verwond met ’n spies herinner aan die hang (kruisiging) van Christus. Odin het gehang aan die Wêreldboom, ’n opoffering om die mistieke Runes te ontdek en te verstaan. Die bundel kortverhale handel oor die verteller se verwerking van pyn en verlies na sy vrou se selfdood.

 

 Stoornis, 2002, Tafelberg

 

Die kortverhaalbundel van Nini Bennett toon die Drie van Swaarde, ontleen uit die verhaal “Die besoeker”, waar ’n liefdesteleurstelling onder die soeklig kom. ’n Fotobeeld van ’n (‘ware’) Keltiese Kruis-lesing verskyn in die verhaal. Drie swaarde deurboor ’n hart en in die agtergrond val daar reën uit die wolke; trane wat later simbolies lei tot genesing en nuwe groei.

In oorsese lande word die lees van Tarot-kaarte al vir jare aangebied as deel van skryfkunskursusse. Met die koms en evolusie van moderne tegnologie met die gepaardgaande vervlakking wat dit meegebring het, het daar ’n hernieude belangstelling in Tarot en sy deelgenoot, esoteriese selfontdekking, ontstaan. Tarot en skeppende skryfwerk se gemene deler is om die kompleksiteit van die menslike kondisie te verwoord. Tarot word as deel van opleiding in skryfkuns ingespan om o.m. skrywersdroogte te oorkom, of om die kreatiewe sone te help ontwaak. Tarot deel in geheimenisse, óók die spirituele syn van die leser van die kaarte wat verborge bly. Die kaarte “sien” dit wat al reeds waar is; nie noodwendig die toekomstige uitspeel van situasies nie. Met ander woorde: Tarot beliggaam die spirituele praktyke van die leser-skrywer wat verpersonifiseer word. ’n Skrywer of digter is gewoond aan lees: só ‘n persoon lees alles, van resepte, pamflette, koerante, sosiale media en boeke, tot die konkrete detail in die leefwêreld rondom hom. Voeg die lees van Tarot-kaarte by, en die leesproses word ’n resonante ervaring waar alles ’n “interkonneksie” vorm – alles is verwant aan mekaar. In die gedig van die wêreld verbind alle konkrete detail met abstrakte temas en argetipes om ’n betekenisvolle narratief te skep. Die meesternarratiewe van die lewe is reeds geskryf, dit herhaal, dit vorm patrone; en Tarot help skrywers om deur die donker portale van die onderbewuste te navigeer waar beeld en woord ontmoet. ’n Skrywer soos Alexander Chee (skrywer van The Queen of the Night en Edinburgh), gebruik die Keltiese Kruis-metode om te “sien” wat sy karakters volgende gaan doen. Tarot is dus ’n bouprogram, ’n karakterontwerp of -verhoog wat die skrywer lei tot insig in die narratief wat hy besig is om te skryf. Digters, op hulle beurt, put ook ryke inspirasie uit Tarot se digte substrata van antieke en esoteriese simboliek. ’n Pak soos The Lover’s Path Tarot maak byvoorbeeld gebruik van karakters in folklore, mitologie en sprokies as karakterverhoog om die leser insig te gee in die geleefde weë en argetipes van die liefde. Veral liefhebbers van poësie sal hierdie pak kaarte as verrykend ervaar.

Vervolgens, ’n Tarot-vers deur Franci Niewoudt:

 

the Fool (Major Arcana)

gekke weet dat die aarde behoort

aan eenvoudiges

so ook die uitspansel

binne elke dwaas

swerf ’n Groenman

wat dans met drie boontjiepitte

en ’n slakdop

waaruit ’n roos spiraal

’n gids hou immers wag

by die stomp afheinings

van donker flits

by ongekettingde hekke

sotte weet dat die lewe ’n sterpad is

wat wit geklip

en oop lê

(Vlerkslag van kleur, 2016, Cordis Trust Publikasies)

 

 

Verwysings:

https://lithub.com/why-are-writers-particularly-drawn-to-tarot/?fbclid=IwAR3hCYwJTvyfpKPAxFnx8WKfYy08Z-oFIvuczUJSqjz62Oj19mjmM6iMRZ8

https://blog.bestamericanpoetry.com/the_best_american_poetry/2014/02/poets-and-the-tarot.html?fbclid=IwAR3EJA6R5yc3LNgbwybiQto8MYQMV81MxjiiX3Vuoc8_5LaASkqX8XJFpbg

https://www.smithsonianmag.com/smart-news/see-surreal-tarot-cards-designed-salvador-dali-james-bond-movie-

https://en.wikipedia.org/wiki/Tarot?fbclid=IwAR2hQtm6kKnuFLvexz0V9ctKs2gB5WHPrcE94Zx22nefzi_s0fQ3DGtyjLI

 

Nini Bennett. Presidente en hulle poësie

Friday, February 19th, 2021

 

 

Die jongste wêreldnuus aan die poësiefront is die 22-jarige Amanda Gorman se voordrag van haar gedig, “The hill we climb”, tydens die presidensiële inhuldiging van Joe Biden, die 46 ste president van die VSA op 20 Januarie 2021. Gorman het in haar hoedanigheid as poet laureate opgetree. Dié begaafde jong digter, ’n inwoner van Los Angeles, was in 2017 die nasionale jeug-poet laureate. Sy is tans ’n sosiologie-student aan die Harvard-universiteit. Gorman is tot op hede die jongste digter wie dié eer te beurt geval het. Demokrate soos John F. Kennedy, Bill Clinton en Barack Obama het ook poet laureates tydens hulle inhuldigingsplegtighede gehad. Gorman sluit, met haar 5-minute lange gedig, aan by haar ikoniese voorgangers soos Robert Frost, Maya Angelou en Elizabeth Alexander. Maar net twee weke voor hierdie historiese dag het gewelddadige Trump-ondersteuners die Capitol in Washington DC bestorm met vlae, pypbomme en galgtoue. In Gorman se gedig doen sy ’n oproep tot nasionale eenheid, besinning en verandering – met die troos dat Amerika se demokrasie wel seergekry het en tydelik “vertraag” is, maar steeds ’n baken van hoop is wat nooit sal verdwyn nie. Die waarderende tweets het onmiddellik ingestroom, onder meer van Oprah Winfrey, Michelle Obama, Hillary Clinton en die aktivis en politikus, Stacey Abrahams. Gorman se debuut, The one for whom food is not enough het in 2015  verskyn.

Tyd vlieg inderdaad, en ’n mens dink onwillekeurig aan die dag toe Donald Trump ingesweer is as president, op 20 Januarie 2017. Met dié verskil: Trump het nie ’n poet laureate gehuur nie. Nee, hierdie president het dae nadat hy sy amp aanvaar het, ’n liriek, “The snake”, tydens politieke byeenkomste voorgelees – dieselfde liriek wat hy (heel dreigend) tydens verkiesingsveldtogte gelees het. In sy nuuswekker vra Louis Esterhuizen, na analogie van ’n berig in The Atlantic, tereg waar die digters tydens Trump se inhuldigingseremonie was – en of die tradisie van poet laureates dan net ’n gebruik is wat Demokrate aanhang?  https://versindaba.co.za/tag/presidensiele-inhuldiging/?fbclid=IwAR0_O_VNJcDeh58L4I4m6PpOG3BB4Su2V7fa9rzff63US5eK0OiT8SkCAEo

Wys Trump sy misnoeë met bestaande en gerespekteerde protokol só? Wel, dít is dalk lig gestel. Trump het net een (gunsteling) “gedig”, wat inderwaarheid ’n liriek is, genaamd “The snake”, soos reeds genoem. En die voormalige prez sélf het dit tot vervelens toe voorgelees. Die verdraaide vertolking van die liriek was ’n waarskuwing aan die burgery oor die gevare verbonde aan onwettige immigrante, maar die teks kan ook as metafoor van Trump se presidensie gelees word. Dit handel in kort oor ’n vrou wat ’n slang, wat buite verkluim, in haar huis inneem en versorg. Die slang pik dan sy weldoener met ’n dodelike gif. Die liriek is oorspronklik in 1968 deur Al Wilson geskryf, en volgens die burgerregte-aktivis, Oscar Brown dui die lied op die viering van die swart kultuur en gepaardgaande die verwerping van rassisme. Brown se (oorlewende) kinders het Trump gewaarsku om die liriek nie te te demoniseer nie, waarop Trump onderneem het om die voordrag daarvan te staak – maar hy het steeds voortgegaan.

 

 

Geen poet laureate vir Donald Trump nie: hy het gesorg dat hy die kollig opeis, hý alleen, op verskeie geleenthede. O, en het hy dit nie geniet om sy ‘bangmaakgedig’ te lees nie!  Eers sal hy sy leesbril opsit, ernstig, outoritêr, en met groot fanfare begin lees terwyl hy huiwer voor die argaïese en fleurige taalgebruik in die liriek-vers. Mens kan sien hoe hy die naderende klimaks van die slangfabel geniet…met ’n donker, dramatiese stem stuur hy af op die selfverduidelikende kadens, en die gelaaide stilte ná die voorlesing laat die volle implikasie van die verradelike slang vir eers by sy luisteraars insink.

 

The snake

 

On her way to work one morning

Down the path alongside the lake

A tender-hearted woman saw a poor half-frozen snake

His pretty colored skin had been all frosted with the dew

“Oh well,” she cried, “I’ll take you in and I’ll take care of you”

“Take me in oh tender woman

Take me in, for heaven’s sake

Take me in oh tender woman,” sighed the snake

 

She wrapped him up all cozy in a curvature of silk

And then laid him by the fireside with some honey and some milk

Now she hurried home from work that night as soon as she arrived

She found that pretty snake she’d taken in had been revived

“Take me in, oh tender woman

Take me in, for heaven’s sake

Take me in oh tender woman,” sighed the snake

 

Now she clutched him to her bosom, “You’re so beautiful,” she cried

“But if I hadn’t brought you in by now you might have died”

Now she stroked his pretty skin and then she kissed and held him tight

But instead of saying thanks, that snake gave her a vicious bite

“Take me in, oh tender woman

Take me in, for heaven’s sake

Take me in oh tender woman,” sighed the snake

 

“I saved you,” cried that woman

“And you’ve bit me even, why?

You know your bite is poisonous and now I’m going to die”

“Oh shut up, silly woman,” said the reptile with a grin

“You knew damn well I was a snake before you took me in

”Take me in, oh tender woman

Take me in, for heaven’s sake

Take me in oh tender woman,“ sighed the snake

 

Joe Biden se gunsteling digters is van Ierse afkoms, waarskynlik omdat die president self van Ierse herkoms is. Hy het deur die jare by herhaling die Nobelpryswenner, Seamus Heaney, aangehaal, wat terloops ook Bill Clinton se gunsteling digter is. Heaney se werk leen hom wonderlik tot politieke toesprake, het Biden per geleentheid gesê.

 

History says

Don’t hope on this side of the grave

But then, once in a lifetime

The longed-for tidal wave

Of justice can rise up

And hope and history rhyme.

 

(Soos aangehaal uit Heaney se 1991-drama, The cure at Troy.)

 

Maar dit was egter William Butler Yeats se gedigte wat die jong Biden voor die spieël geresiteer het om van sy hakkelprobleem ontslae te raak – ’n raakpunt wat Amanda Gorman met Biden deel, want as kind het sy ook gesukkel met ’n spraakprobleem. As jy leer om bewus te raak van die uitspraak van woorde, raak jy ingestel op die fynere nuanses van klank; dit het my voorberei vir my rol as storieverteller en voordragkunstenaar, het die jong digter bevestig. Gorman se styl herinner aan die performance poetry ter plaatse, en na my mening kan die digter en die gedig tydens die presidensiële inhuldiging nie van mekaar geskei word nie. Die gedig kan ook as ’n soort kanonisering van performance poetry gesien word. Gorman se manier van lees/voordra is besonder ekspressief. Hier volg die volledige gedig:

 

The hill we climb

 

When day comes we ask ourselves,

where can we find light in this never-ending shade?

The loss we carry,

a sea we must wade

We’ve braved the belly of the beast

We’ve learned that quiet isn’t always peace

And the norms and notions

of what just is

Isn’t always just-ice

And yet the dawn is ours

before we knew it

Somehow we do it

Somehow we’ve weathered and witnessed

a nation that isn’t broken

but simply unfinished

We the successors of a country and a time

Where a skinny Black girl

descended from slaves and raised by a single mother

can dream of becoming president

only to find herself reciting for one

And yes we are far from polished

far from pristine

but that doesn’t mean we are

striving to form a union that is perfect

We are striving to forge a union with purpose

To compose a country committed to all cultures, colors, characters and

conditions of man

And so we lift our gazes not to what stands between us

but what stands before us

We close the divide because we know, to put our future first,

we must first put our differences aside

We lay down our arms

so we can reach out our arms

to one another

We seek harm to none and harmony for all

Let the globe, if nothing else, say this is true:

That even as we grieved, we grew

That even as we hurt, we hoped

That even as we tired, we tried

That we’ll forever be tied together, victorious

Not because we will never again know defeat

but because we will never again sow division

Scripture tells us to envision

that everyone shall sit under their own vine and fig tree

And no one shall make them afraid

If we’re to live up to our own time

Then victory won’t lie in the blade

But in all the bridges we’ve made

That is the promise to glade

The hill we climb

If only we dare

It’s because being American is more than a pride we inherit,

it’s the past we step into

and how we repair it

We’ve seen a force that would shatter our nation

rather than share it

Would destroy our country if it meant delaying democracy

And this effort very nearly succeeded

But while democracy can be periodically delayed

it can never be permanently defeated

In this truth

in this faith we trust

For while we have our eyes on the future

history has its eyes on us

This is the era of just redemption

We feared at its inception

We did not feel prepared to be the heirs

of such a terrifying hour

but within it we found the power

to author a new chapter

To offer hope and laughter to ourselves

So while once we asked,

how could we possibly prevail over catastrophe?

Now we assert

How could catastrophe possibly prevail over us?

We will not march back to what was

but move to what shall be

A country that is bruised but whole,

benevolent but bold,

fierce and free

We will not be turned around

or interrupted by intimidation

because we know our inaction and inertia

will be the inheritance of the next generation

Our blunders become their burdens

But one thing is certain:

If we merge mercy with might,

and might with right,

then love becomes our legacy

and change our children’s birthright

So let us leave behind a country

better than the one we were left with

Every breath from my bronze-pounded chest,

we will raise this wounded world into a wondrous one

We will rise from the gold-limbed hills of the west,

we will rise from the windswept northeast

where our forefathers first realized revolution

We will rise from the lake-rimmed cities of the midwestern states,

we will rise from the sunbaked south

We will rebuild, reconcile and recover

and every known nook of our nation and

every corner called our country,

our people diverse and beautiful will emerge,

battered and beautiful

When day comes we step out of the shade,

aflame and unafraid

The new dawn blooms as we free it

For there is always light,

if only we’re brave enough to see it

If only we’re brave enough to be it

 

Die presidensiële inhuldiging met die versoenende tema “America united” was ’n rasende sukses. Die navrae het dadelik ingestroom: wanneer, en waar is Gorman se werk te koop? Binne dae het Gorman se  prenteboek, The change we sing asook die bundel, The hill we climb, wat September vanjaar verwag word, na die boonste twee plekke op Amazon.com opgeskuif. En ja: Die jong digter is ambisieus – sy het in ’n onderhoud met die New York Times genoem dat sy in 2036 gaan terug wees as presidensiële kandidaat.

 

Verwysings

https://www.townandcountrymag.com/society/politics/a35253095/joe-biden-seamus-heaney-irish-poet/?fbclid=IwAR02Qtc2bLSNXopd5Cal1jegCEpiiCZhlkjat8xpHM5ZgEgrgn2VIhPIFsY

https://www.irishpost.com/news/donald-trump-recites-controversial-poem-the-snake-during-rally-196725?fbclid=IwAR2zGhmKCdFxHNqJB0wpmek0ANIf4K9ANH5-itaGTAFErgplt89ce8AJ9u8

https://edition.cnn.com/2021/01/20/politics/amanda-gorman-inaugural-poem-transcript/index.html?fbclid=IwAR3UaLUUQ6zObm8GAL44T1j2QjkVXFOyH0HuEHHPrMdistTNyCjy4dQH5_w

 

Desmond Painter. Tot lof van ou mans…

Monday, May 30th, 2011

Vanoggend, drie dinge oor oud word — en oor ouer wordende mans spesifiek: ‘n Artikel van my oor Bob Dylan se 70ste verjaardag het gister in Rapport verskyn. Danie Marais verjaar vandag — ek sal nie sy ouderdom verklap nie, maar hy is gewis nie meer 39 nie… En Pieter Odendaal raps “die ouer garde” oor die vingers in sy jongste (!) bloginskrywing. Dus dra ek graag William Butler Yeats se “Why Should Not Old Men Be Mad?” op aan al die ou en ouerwordende mans wat hier lees! Soos Bob Dylan sing: “Time and love has branded me with its claw…”

William Butler Yeats

Yeats

Why Should Not Old Men Be Mad? – deur William Butler Yeats
Why should not old men be mad?
Some have known a likely lad
That had a sound fly-fisher’s wrist
Turn to a drunken journalist;
A girl that knew all Dante once
Live to bear children to a dunce;
A Helen of social welfare dream,
Climb on a wagonette to scream.
Some think it a matter of course that chance
Should starve good men and bad advance,
That if their neighbours figured plain,
As though upon a lighted screen,
No single story would they find
Of an unbroken happy mind,
A finish worthy of the start.
Young men know nothing of this sort,
Observant old men know it well;
And when they know what old books tell
And that no better can be had,
Know why an old man should be mad.