Aankoms (vir die meisie in blou) wanneer jy kom sal dit somer wees teen skemeraand met stilte om die huis met verder af die voëls wat sing maar gedemp in die skemerte van hierdie spesiale aand en ek sal jou uitlei na die stoep: die sjampanje is klaar geskink jy sit aan by die ronde tafel en teen die oorhang begin die bamboesstingels saggies klingel in die binnehuis speel Cassals op sy tjello en ek vat jou hand by die houttafeltjie in die skemerlig ek leun vorentoe en ruik jou trui en jy droog met jou trui die druppels af die druppels op my wang want dit sal liggies reën wanneer jy uit jou motor klim ek druk die knoppie weer en Ronan Keating wat só lank gewag het lig sy kitaar omhoog tree vorentoe en sing: it’s amazing how you can speak straight to my heart na soveel jaar na sóveel jare net vir ons en niks sal ooit weer nie amazing wees nie Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB…