Histerektomie Herinneringe, minnaars asook miskrame in beenwieg gebaar uit die bekken van geheue genadeloos skoongevee. © Yolanda Faye Holden, 2023
Tag: Yolanda Faye Holden gedig
Yolanda Faye Holden. Herkonstruksie
Herkonstruksie Beweeglikheid deur ‘n gewrigtige las ingeperk, sitoplasma en kern van sluimer ontneem. Te doring om teen die prikkels te skop word sy kundig oopgeslag en ontbeen. Waar die femur by bekkenbeen aansluit pas prostese van keramiek en vlekvrye staal: outografies in die vlees uitgeskryf as die chirurg se mediese mylpaal. …
Yolanda Faye Holden. Nervosa
Nervosa ib In die begin het Maät bespeur dat hartversaking aan die wanorde van die honger heelal was. Voorts word massa teen ’n veer geweeg: word te lig, maar meestal gewigtig geleef. khet In die esofagus se beker bly voedigswaarde ’n mite, word peristalse op sy kop gedraai. Ensieme versnel voedselafbraak …