LUISTER, DOKTER Geagte dr. K. Ek vertrou my liggaam aan jou toe. Met moeite laat ek my skaamte in jou hande. Luister asseblief en kyk my in die oë. Begryp tog, of probeer lyk of jy die skete, kwale en kommer van ʼn sterfling ter harte neem. Let goed op my woorde, want…
Tag: Zandra Bezuidenhout gedigte
Zandra Bezuidenhout. Aan die Groot Maroela
Aan die Groot Maroela In die taal se kweekhuis laat val die muse ʼn handvol woordsaad oor die akkers van versemakers. Wildgroei word getem steggies geënt tot peul en blom mekaar herken as werpsels van dieselfde stam. Ter afskeid dus: ʼn groenerige vers vir die Groot Maroela gewortel in die Vredefortse koepel met…
Zandra Bezuidenhout. Verjaardagrym vir ‘n Sestiger op sewentig
VERJAARDAGRYM VIR ‘N SESTIGER OP SEWENTIG Dié man, hy was ‘n Brink gewees, besoek die kampus heel bedees. Dit was die jare sestig toe, Parys se dinge hier taboe. So kom die jonge André P. ‘n lesing vir studente gee. Van eksistensie wis ons niks, ons kort ‘n skrywer as ‘n gids! Hoe avant…
Zandra Bezuidenhout. Naweek weg
Naweek weg In Gordonsbaai word ek herbore herdoop in die stil water van drie laatsomerdae al drywende in die halfslaap en roes dromend van ‘n kindertyd tussen seegras skulp bamboes kom alles terug net die lenigheid het ons verlaat en die verlustiging gekrimp tot vis en wyn. © Zandra Bezuidenhout / 2014
Zandra Bezuidenhout. Pretoria: Retrospektief
PRETORIA: RETROSPEKTIEF* Die stad is vrot geskryf van ou helde monumente en ‘n meesterkerkhof vir ministers en presidente maar daar was ‘n nabloei van suave gegradueerdes kakpraatdiplomate somersaande op stoepe van privaathotelle in wit Arcadia en Sunnyside die ronde geluk die doltyd van dans by Silverton veilig in die jare sestig met die stad…
Zandra Bezuidenhout. Wasprogram
Wasprogram Deur die klus van buk en hang word balies op ʼn Maandag van hul lot verlos. Nougeset gelaai, gevoer, was en spoel en wentel die outomaat. Ná die siklus pen ʼn vrou haar stripverhale aan die draad. Aanlyn word bra en broek en kous lyfloos getuie van haar kruis. Bo-…
