In die Baai het die jongklomp laat waai met ‘n jaarlikse jol langs die kaai. Tussen hip-hop en tango en ‘n wals vir die vashou het baldans weer koning gekraai. © Zandra Bezuidenhout, 2021
Tag: Zandra Bezuidenhout limeriek
Zandra Bezuidenhout. Neef Bennie die bok van Benoni
Neef Bennie die bok van Benoni het gesing soos ou Elvis nie kon nie. Net sy ruk en sy rol het ‘n bietjie gelol maar sy kitaar was genoeg om te kielie. © Zandra Bezuidenhout, 2021
Zandra Bezuidenhout. Nig Nellie van Elandsfontein
Nig Nellie van Elandsfontein was ‘n meisie van fyn porselein. Sy was fleurig en keurig maar bra punteneurig en die kêrels het een-een verdwyn. © Zandra Bezuidenhout, 2021
Zandra Bezuidenhout. ‘n Lywige boer van Napier
‘n Lywige boer van Napier het gevry op sy eie manier. Sy soene was giftig maar sy pens te gewigtig om ‘n nooi in die kooi te plesier. © Zandra Bezuidenhout, 2021