Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Pirow Bekker

Pirow Bekker (1935 – 2025) is in Smithfield gebore. Hy studeer vanaf 1954 in Bloemfontein aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Bekker debuteer in Stiebeuel 2 met “Peins oor ’n plakkaat”, ’n gedig wat vroeër in die destydse Standpunte verskyn het en daarna in Groot Verseboek opgeneem is. In dieselfde jaar (1965) verskyn sy eerste digbundel Die klip sing. Daarna volg Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987), Rasuur (1993), Stillerlewe (2002) en Van roes en amarant (2008).

Van hom verskyn tussendeur ook ’n sestal kortverhaalbundels en ’n paar romans, novelles en radiodramas. Wat die jongste prosawerk betref, verskyn in 2018 die kortverhaalbundel Aan die deur van die wis en die onwis, en aan die einde van verlede jaar (2021) sy “romoir” Beurtelinge.

Digbundels wat onlangs gepubliseer is, dra die titels: Atlas teen die vergeetrivier  (2013), Voor ek my kom kry (2017), en die pas verskyne Rakelinks (2022).

In Augustus 2025 kort na sy afsterwe verskyn sy laaste bundel, Die bloei van blomme, by Naledi.

Lees gerus ‘n meer uitgebreide biografie oor die skrywer op LitNet: https://www.litnet.co.za/pirow-bekker-1935/


 

Aan Toon van den Heever

(skrywer van “Op die Hoëveld” en “Gerwe uit die erfpag van Skoppensboer”)

 

mijn naam kwam moeilijk

uit zijn strot

Ed Hoornik (De Nederlaag)

O, sing my die lied, sing my die lied,

die lied wat my hart so raak,

van die Hoëveldse digter en die kritiek

met ’n DAAD wat soos donder slaat.

Anders as die koringboer van A.D. Keet

met sy gerwe en gerwe “haas ongeteld”

was Toontjie se oes veel minder breed,

die verskyning van ’n bundel onvoorspeld,

want in ’n vroeëre lesing het Jan F. Celliers

sy gedigte gans te uitheems bevind:

“Geen minnegode vir ons mense nie, nee,

bly by die ossewa en die keteltjie, Vrind!”

Toe ’n bundel van hom oplaas tog verskyn,

was ’n destydse ghoeroe ook meer as gereed

om met ’n oog wat nie wyk, ’n bars te kyk

en die dinamiet met sekere hand aan te steek.

O, sing my die lied, sing my die lied

van die digter van Kupido en Pan:

sy bundel is summier die lug ingeskiet

en die stukkies vir bloemlesings gevang.

O, sing my die lied, sing my die lied,

die lied wat my hart so raak

van die weg van ’n bundel na die publiek

verby ’n hardlywige keurder se kaak.

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed
  • Anne-Marie Bartie. glasman

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym
  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d