Goeie dag, Ek dink ek skryf in die hemel in maar Oupa Pirow het Versindaba gereeld as sy klankbaan gebruik so as daar een plek is waar hy nog ‘n oog sal hou is dit hier. Oupa het geweet van ons eersteling, maar daai eersteling het gekom en gegaan saam met die begrafnis….
Category: Blogs
Wat lees jy? “The wildest beauty” (Michiel Heyns)
The wildest beauty. Michiel Heyns. Human & Rousseau, 2026. Michiel Heyns se The wildest beauty is die aangrypende verhaal van ʼn broederlike liefde-jaloesie-verhouding. Die boek word as historiese fiksie bemark, maar die soeke na identiteit speel ook ʼn groot rol en as sulks sou mens dit dus ook as Bildungsroman kan lees. Dit…
Nini Bennett-Moll. Brood van die engele
Wolfgang Borchert 1 Die brood Sy het skielik wakker geword. Dit was halfdrie. Sy het probeer onthou waarom sy wakker geword het. O ja! Iemand het teen ’n stoel in die kombuis gestamp. Sy het dit uit die slaapkamer gehoor. Dit was stil. Te stil; en toe sy met haar hand…
Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag
Die belydenispoësie in Afrikaans is byna honderd jaar oud. In die 1930’s het W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw en Elisabeth Eybers die digkuns vernuwe met verse wat vir die destydse lesers na onbehoorlike ontboesemings geklink het. In dieselfde tyd het Hettie Smit se dagboekroman Sy kom met die sekelmaan oor haar onbeantwoorde liefde…
Wat lees jy? “Elly Holm: Van Berlyn tot Hartbeespoort” (Dieter Holm)
Elly Holm: Van Berlyn tot Hartbeespoort deur Dieter Holm, Imprimatur, 2025 Reeds as klein kinders is ons, wanneer ons op ʼn Sondagagtermiddag uitry Hartbeespoortdam toe, daarop attent gemaak dat die huis bo-op Saartjiesnek die Holm-huis is (met prof. Jacques Malan se huis aan die oorkant van die pad bo-op die berg). Baie van ons…
Wat lees jy? “Maanschijnbaai 2: Nan en Jeannie” (Chanette Paul)
Maanschijnbaai 2: Jo en Sue deur Chanette Paul, LAPA, 2026 Hierdie is die tweede boek in die Maanschijnbaai-reeks. Waar die eerste boek in die reeks die lig laat skyn op die susters Sue en Jo, val die fokus hier op die ander twee Calitz-susters, naamlik Nan en haar kleindogter Jeannie. Sue en Jo…
Wat lees jy? “Maanschijnbaai I: Jo en Sue” (Chanette Paul)
Maanschijnbaai I: Jo en Sue deur Chanette Paul, LAPA, 2026 Die aankoms van die vier Calitz-vroue in die klein kusdorpie Maanschijnbaai maak die skindertonge behoorlik los. Na die afsterwe van Casper Calitz het sy dogters, kleindogter en agterkleindogter elk ʼn deel van sy boedel geërf. Die vervalle turkoois kasarm direk op die hawe…
Wat lees jy? “Wind, skadu en lig” (Johann Lodewyk Marais)
Wind, skadu en lig: ʼn Reisboek oor Namibië deur Johann Lodewyk Marais, Skeurklip, 2026 In Wind, skadu en lig doen Johann Lodewyk Marais verslag van drie reise na Namibië/Suidwesafrika: die eerste in 1961, dan weer in 1972 en in 1989. As digter is Marais welbekend en reis as tema kom dikwels in…
