Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 201611 December 2023

Versindaba byderhand. Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

images2

Versindaba byderhand

Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

 *

Indien jy ‘n aspirant-digter is wat behoefte het aan skoling in die grondbeginsels van die ambag, is Versindaba byderhand vir jou.  Selfs vir die meer ervare digter wat ‘n kundige, objektiewe kommentator benodig vir die verdere verfyning van bepaalde gedigte, óf manuskrip, is Versindaba byderhand tot jou diens.

Daar is twee opsies beskikbaar:

Opsie 1: Gestruktureerde kursus

  • Hierdie kursus bestaan uit tien interaktiewe lesings.
  • Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.
  • Jy werk dus in die gerief van jou eie blyplek en teen jou eie tempo, na gelang van omstandighede.
  • Elke les bestaan uit voorbeeldgedigte, beskrywende teks om die grondbeginsels van die betrokke onderwerp te verduidelik en opdragte wat self uitgevoer moet word.
  • Op elke opdragvers van jou sal jy uitvoerige kommentaar ontvang.
  • Na afloop van die kursus sal ʼn commendatio verskaf word.

 

Koste: R3,500.  Die volle bedrag is betaalbaar met registrasie.  Indien die kursus gestaak word, sal die restant terug betaal word teen R350 per module.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel om die gestruktureerde kursus te volg, of nog vrae het.

Opsie 2: Teksbegeleiding

Hierdie opsie is vir bedrewe digters wat reeds die grondbeginsels van die ambag onder die knie het en nogtans behoefte het aan ʼn objektiewe, onbetrokke beoordelaar om behulpsaam te wees met –

  • ‘n leesverslag;
  • die verdere verfyning van bepaalde gedigte;
  • manuskripontwikkeling, asook
  • taalversorging en redigering.

Stuur 5 van jou eie gedigte by wyse van voorlegging en oorweging tot verdere deelname. Indien jou gedigte van ‘n aanvaarbare gehalte is, sal jy genooi word om soveel gedigte as wat jy by wyse van Versindaba byderhand wil verfyn, in te stuur. Elke gedig sal uitvoerig behandel en van kommentaar voorsien word. Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.

Koste: R350 per uur, of gedeelte daarvan, gewerk deur die teksbegeleier. Let wel: ‘n Deposito ten bedrae van 50% van die geskatte koste sal vereis word na die gedigte ontvang is. ‘n Faktuur vir die finale afrekening sal verskaf word nadat die opdrag afgehandel is.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel in enige van die interaktiewe dienste hierbo, of nog vrae het.

 

Louis Esterhuizen

INHOUDSBESTUURDER: Versindaba

 

(c) Versindaba / 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marius Swart. Die “editing”-ding.

6e gedagtes oor “Versindaba byderhand. Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter”

  1. Peter Midgley says:
    5 February 2017 at 18:48

    Een van die kenmerke van ’n goeie redakteur is die vermoë om ’n skrywer terug te stuur in die teks in om te besin oor sy of haar keuses. Aan hierdie maatstaf gemeet, is Louis se werk besonders. Sy vermoë om diep te lees en jou te vra om verantwoording te doen vir jou keuses is uitsonderlik, en sy voorstelle vir nuwe woordkeuses is nommerpas. Hy’t hard geskaaf aan my werk— “liefs nie barbare nie” is ’n sterker bundel as gevolg van Louis se insette.

    Reply
  2. Elmarie Viljoen-Massyn says:
    17 January 2017 at 10:20

    As aspirant-digter met onsekerheid oor eie vermoë, is ek geweldig bly ek het die moed bymekaargeskraap om verse aan Versindaba byderhand Opsie 2 voor te lê. Die kommentaar wat ek op my verse gekry het, is méér as net waardevol vir my groei as digter – dit is tans ’n onontbeerlike handleiding, nie net vir die 15 verse wat ek ingestuur het nie, maar vir my benadering tot die herskryf van my ander verse en die skep van nuwes. Verder het ek groot waardering vir die deeglikheid waarmee elk van my gedigte bespreek is. Dit is duidelik dat elke strofe, elke reël, noukeurig en met agting bekyk is (selfs my swakker pogings!) en nie bloot gevluglees is om tot ’n oorsigtelike indruk te kom of ’n algemene stukkie raad te gee nie. “Dankbaar” is die woord wat by my opkom as ek aan hierdie geleentheid dink.

    Reply
  3. charl-pierre says:
    27 December 2016 at 14:33

    Ek sal beslis die woord versprei, Louis. En sterkte daar met die seeninge van die boord en die tafel in die mededeelsame seisoen. 🙂

    Reply
  4. Louis Esterhuizen says:
    23 December 2016 at 20:43

    Dit is presies ons vermoede, Charl-Pierre, want dikwels word ons hieromtrent genader. Die tyd vir so ‘n projek het egter telkens ontbreek. Van volgende jaar af, is dit egter ‘n ander deuntjie. Versprei die woord, asseblief.

    Reply
  5. Charl-Pierre Naude says:
    23 December 2016 at 15:45

    Ek dink daar bestaan al lank by skrywers, gevestigdes sowel as nuwes, ‘n ad hoc behoefte aan veral Opsie 2 se dienste. Ek maak my afleiding maar uit medeskrywers se opmerkings. En dalk is Versindaba goed geposisioneer om so ‘n “tussenin diens” aan te bied (vir ms’e voor hulle by die finaliteit van uitgewerskeurders uitkom).

    Reply
  6. Engela Geyer says:
    21 December 2016 at 10:17

    Briljant!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d