Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 201624 February 2017

Versindaba byderhand. Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

images2

Versindaba byderhand

Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

 *

Indien jy ‘n aspirant-digter is wat behoefte het aan skoling in die grondbeginsels van die ambag, is Versindaba byderhand vir jou.  Selfs vir die meer ervare digter wat ‘n kundige, objektiewe kommentator benodig vir die verdere verfyning van bepaalde gedigte, óf manuskrip, is Versindaba byderhand tot jou diens.

Daar is twee opsies beskikbaar:

Opsie 1: Gestruktureerde kursus

  • Hierdie kursus bestaan uit tien interaktiewe lesings.
  • Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.
  • Jy werk dus in die gerief van jou eie blyplek en teen jou eie tempo, na gelang van omstandighede.
  • Elke les bestaan uit voorbeeldgedigte, beskrywende teks om die grondbeginsels van die betrokke onderwerp te verduidelik en opdragte wat self uitgevoer moet word.
  • Op elke opdragvers van jou sal jy uitvoerige kommentaar ontvang.
  • Na afloop van die kursus sal ʼn commendatio verskaf word.

 

Koste: R2,500. ‘n Deposito ter waarde van R1,250 sal vereis word ten tye van registrasie. Die balans sal betaalbaar wees na voltooiing van Les 3.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel om die gestruktureerde kursus te volg, of nog vrae het.

Opsie 2: Teksbegeleiding

Hierdie opsie is vir bedrewe digters wat reeds die grondbeginsels van die ambag onder die knie het en nogtans behoefte het aan ʼn objektiewe, onbetrokke beoordelaar om behulpsaam te wees met –

  • ‘n leesverslag;
  • die verdere verfyning van bepaalde gedigte;
  • manuskripontwikkeling, asook
  • taalversorging en redigering.

Stuur 5 van jou eie gedigte by wyse van voorlegging en oorweging tot verdere deelname. Indien jou gedigte van ‘n aanvaarbare gehalte is, sal jy genooi word om soveel gedigte as wat jy by wyse van Versindaba byderhand wil verfyn, in te stuur. Elke gedig sal uitvoerig behandel en van kommentaar voorsien word. Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.

Koste: R250 per uur, of gedeelte daarvan, gewerk deur die teksbegeleier. Let wel: ‘n Deposito ten bedrae van 50% van die geskatte koste sal vereis word na die gedigte ontvang is. ‘n Faktuur vir die finale afrekening sal verskaf word nadat die opdrag afgehandel is.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel in enige van die interaktiewe dienste hierbo, of nog vrae het.

 

Louis Esterhuizen

INHOUDSBESTUURDER: Versindaba

 

(c) Versindaba / 2017

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Marius Swart. Die “editing”-ding.

6e gedagtes oor “Versindaba byderhand. Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter”

  1. Peter Midgley says:
    5 February 2017 at 18:48

    Een van die kenmerke van ’n goeie redakteur is die vermoë om ’n skrywer terug te stuur in die teks in om te besin oor sy of haar keuses. Aan hierdie maatstaf gemeet, is Louis se werk besonders. Sy vermoë om diep te lees en jou te vra om verantwoording te doen vir jou keuses is uitsonderlik, en sy voorstelle vir nuwe woordkeuses is nommerpas. Hy’t hard geskaaf aan my werk— “liefs nie barbare nie” is ’n sterker bundel as gevolg van Louis se insette.

  2. Elmarie Viljoen-Massyn says:
    17 January 2017 at 10:20

    As aspirant-digter met onsekerheid oor eie vermoë, is ek geweldig bly ek het die moed bymekaargeskraap om verse aan Versindaba byderhand Opsie 2 voor te lê. Die kommentaar wat ek op my verse gekry het, is méér as net waardevol vir my groei as digter – dit is tans ’n onontbeerlike handleiding, nie net vir die 15 verse wat ek ingestuur het nie, maar vir my benadering tot die herskryf van my ander verse en die skep van nuwes. Verder het ek groot waardering vir die deeglikheid waarmee elk van my gedigte bespreek is. Dit is duidelik dat elke strofe, elke reël, noukeurig en met agting bekyk is (selfs my swakker pogings!) en nie bloot gevluglees is om tot ’n oorsigtelike indruk te kom of ’n algemene stukkie raad te gee nie. “Dankbaar” is die woord wat by my opkom as ek aan hierdie geleentheid dink.

  3. charl-pierre says:
    27 December 2016 at 14:33

    Ek sal beslis die woord versprei, Louis. En sterkte daar met die seeninge van die boord en die tafel in die mededeelsame seisoen. 🙂

  4. Louis Esterhuizen says:
    23 December 2016 at 20:43

    Dit is presies ons vermoede, Charl-Pierre, want dikwels word ons hieromtrent genader. Die tyd vir so ‘n projek het egter telkens ontbreek. Van volgende jaar af, is dit egter ‘n ander deuntjie. Versprei die woord, asseblief.

  5. Charl-Pierre Naude says:
    23 December 2016 at 15:45

    Ek dink daar bestaan al lank by skrywers, gevestigdes sowel as nuwes, ‘n ad hoc behoefte aan veral Opsie 2 se dienste. Ek maak my afleiding maar uit medeskrywers se opmerkings. En dalk is Versindaba goed geposisioneer om so ‘n “tussenin diens” aan te bied (vir ms’e voor hulle by die finaliteit van uitgewerskeurders uitkom).

  6. Engela Geyer says:
    21 December 2016 at 10:17

    Briljant!

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam
  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon