“Memory out of hand” Breyten Breytenbach, 1984 (2004) ’n pêrel stilte. Postuum eerbetoon voor Breyten Breytenbach in Gent De onburger en Postumiteiten voor Breyten Vandaag 16 september is pampoendag, Breytenbachs geboortedag. In het literaire en schilderkunstige oeuvre is de pompoen een recurrent motief, zoals te zien in het olieverfschilderij Memory out of hand…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
Prof. Joan Hambidge het op 11 September 2026 70 jaar oud geword. Sy is by die 15de Tuin van Digters vir haar werk vereer. Foto (gewone volgorde): Prof. Louise Viljoen, Prof. Joan Hambidge, Prof. Karen de Wet wat die lofrede gespreek het, dr. Johan Myburg. Hier volg Joan Hambidge se rubriek nommer…
Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
I Wind Daar is geen geluid hier binne nie, die geluid is alles buite. Hier binne is net die ontstuimige stomspel van wintersonlig en skaduwees wat wind mimeer teen ‘n muur. So dig Sheila Cussons in Die woedende brood. Dit het in 1981 verskyn. Die woord mimeer (uit die Frans mimer…
Joan Hambidge. Cussons en “Verlief in Venesië”
I Verlief in Venesië Eenmaal in ‘n hooglied-eenmaal het ek in ‘n flikkerende stad gekom toe net nog ‘n laaste swaard van lig in ‘n laataand water vlam en swymelend van son en jeug en vaak gaan slaap op ‘n ou matras gestop met drome: en kuis maar rusteloos soos Sint Ursula van al…
Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
I Hierdie volgende uitmuntende gedig staan opgeteken in Verwikkelde lyn (1983): Teesuiker ‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie. Soms moet dit gehaal, gesoek word, oopgedink word uit ‘n enkele suinige gegewe, soos die uitpluis, fyn en geduldig, van ‘n digte sykokon of sommer ‘n bolletjie wol. Óf daar is…
Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
I Die volgende gedig van Cussons is opgeteken in Die woedende brood (1981). APE SUG NIE vir Jorge Luis Borges ‘n Sug is meer as hoorbare asem, is die hele lang geheue van die mens: ou gevegte, antieke kennis, vergete nooit-vergete volvoerings van lê in arms, sterf, werk. Die krygerdigter ná die…
Joan Hambidge. Sheila Cussons
I Sheila Cussons was en bly een van die belangrikste mistieke digters in Afrikaans. Op 25 November 2004 is sy oorlede in die Nazareth House. Cussons se enorme produktiwiteit en die verhouding met Van Wyk Louw is alombekend. Oor die brandongeluk is daar al veel geskryf. Sy het Afrikaans ook verryk met haar vertalings…
Joan Hambidge. Lina Spies en die plattegrond
I Met ‘n omweg, so het T.T. Cloete ons geleer, kan bysake die aandag trek op hoofsake. In Rudie van Rensburg se speurverhaal Enigma is dit presies wat gebeur. In hierdie krimi begin die skrywer om alles te situeer in Antwerpen, die tweede grootste stad in België. ‘n Stad waarin die Middeleeue teenoor die…
