Die vuurhoutjie ek het nie ‘n beiteltjie nie net ‘n kleine vuurhoutjie met ’n klein-klein swawelkop ek bekyk dit deeglik moet my vergewis of dit bruikbaar is wonder as ek dit sou stryk sal dit nog ontbrand ek stryk dit en ek stryk dit meteens is daar ‘n vonk en toe dit uit…
Category: Kompetisies
Koos de Wet. in sy woorde
Foto: 25 – Alleenspraak 1935 https://photos.google.com/share/AF1QipNhuaXYqr18bBxsrxd_D1FV8CUccsQdQRfX4bbNhl4fYuF_ W8H5UiKYUC9GMumigQ/photo/AF1QipN4O8XmjtXUpvAHENAglZ01AULRPFdbxogZuAH0?key=eHRDbDhDYUFwQnJsNXFKX2I2ZzFwM1B0ZnJPVERB in sy woorde na N.P.van Wyk Louw se handgeskrewe nota aan sy ouers: “Aan Mammie en Pappie met liefde”. 27Julie1935. met handtekening. I aan W.E.G.: ou broer, danksy jou dig ek weer. aan my bron: liewe ouers.’n bundel. ’n debuutsaluut vir u. met…
Ilse van Staden. Die Dans
Foto: Iselle Combrink Die Dans (ʼn beeldegroep deur Marcella de Boom) alles dans: die sterrehelderte, die stof, die bossieveld, die krans, die ganse Groot-Karoo se mof- skape en lammertjies wat onder hierdie oopbreeklug hul kutteltjies kom laat en op die hoogte se klipplaat het ʼn kring figure gestol in ʼn prekêre balans…
Koos de Wet. Onse Raka
Onse Raka Vir: NP – net ’n paar vrae asseblief Ons het soos Koki gesterwe. Miskien sal niemand mooi dinge van ons weet. In Raka heil u ’n besondere dier in heimatbegrip word sy instinkte in vier- heffingsverse vyfafdelings op aandag geroep. Oer en Kraal word wedersydsintens opgestel; Koki ’n stil dans…
Joan Hambidge. Eerste sneeu
Eerste sneeu Nogmaals VWL Die onrus het oornag soos nuwe sneeu die laagste hellings van my gesprekke tot kilheid ómgedraai waar elke skreeu, ‘n sweep is in die blink lig van die berge. Voëls tol soos blare in die harde wind, ‘n glinstering waar die waters afstroom, wyl ek uitkyk na die vermorsing,…
Margaret Cordier-Biermann. Oorlogsfabriek
Foto 20: Sneeu op Rogge Cloof https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Oorlogsfabriek vandag skryf ek in potlood woorde vloei nie soos ink nie my denke is veryste mere herinnering soos ysstalagmiet padteken ’n terugreis geel ster 1941 vasgesteek aan die nag se lapel verskiet krom gryp my hande trek my vinger om © Margaret Cordier-Biermann,…
Margaret Cordier-Biermann. Die kneg
Foto 27 – Deurslot Louwhuis https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Die kneg Here U het my oor oop gegrawe voordat my hand gehoorsaam deur openings kon gaan chirurgies my toeberei om te ken twee balle klei gerol om deur my blindheid te sien maak U steeds grafte oop rol klippe weg en vou die…
Meyer van Rensburg. Werkwese
Werkwese vir NP Die pronk en sieraad van die jeug word deur jou alleenspraak jare vroeg ryp in goue woordeblare, vrugvolle saad, elk in besonder afgeweeg presies in halwe kringe ingepas nie sommer los en vas nie: kranige klipwerk, gebeitel en veral met suiwer wiskunde bepaal in ‘n dink verweefde web se wens…
