Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 December 2025

Anne-Marie Bartie. kapitulasie

 

Desembergedig

 

kapitulasie

 

die kobrasleep van die laaste maand

se eerste dae, seil in die gruissand

bult-af tussen droë stoppelbaard

van rooigras en skerp driepunt duwwels

 

hy kom lê dreigend en lispel op my stoep

 

so verskans hy homself, die adder,

om met die gelui van klokke

en gemmerbroodmanne saam te smelt

 

hoewel ek weet dat hy habitueel,

in die halfdonker tussen die droë wit klippies

by die holte onder die blombak wag; –

maar weet hý ook

dat ek in ‘n bewolkte oomblik

onverwags op hom gaan trap

 

as voorsorg vir my veg of vlug

kapituleer ek liefs vroegtydig, die jaar

begeef myself in ‘n boek of komedie

net om kort-kort deur die blindings te loer

en water vir die malvas

deur die venster te voer

 

© Anne-Marie Bartie, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. glasman
Anne-Marie Bartie. Kroon verjaarsdag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d