wiskunde in ‘n [boks] Uit die kraan laat water ‘n hele wiskunde los: ’n oneindige som van H₂O intyds, elke druppel wat spat ’n klein differensiaal van verandering en val. Swaartekrag in ‘n stille vergelyking van afstand en tyd bepaal die vryval, g altyd dieselfde. Teen skouer en vel breek kontinuïteit oop in…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Driekie Grobler. skoffeer
skoffeer wie het jou onskuld gesteel jou siel beklad met wellus ‘n merk op jou geheue ingebrand wie het gewaag om te laster teen die gebod ten spyte van jou onskuld-smeek “hou op” met wellushande jou menswees vermink jou vlees geskroei en jou mond omgord met skuld wat gal bloei om…
Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
hoe dooier hoe mooier gister in my droom het ek `n Kaapse draai gemaak tussen geel en groentesmaak by die dooier van lemoen en die nartjie van my nooi daar loop ek hom toe raak `n vergeelde stokou boerpampoen ek vra my af wat hy hier wil doen sou hy nog `n…
Gerard Scharn. die unpersonen
die unpersonen tot voorbij de cataracten van de nijl maar ook op de kaden van de sluizen van ijmuiden worden ze gedoogd of doodgezwegen en al hetgeen dat eens zo vurig werd beleden hun soldatenransel goed gevuld met kurkentrekker noodrantsoen en maarschalkstaf idealen en wat meer adressen van een druipervrij bordeel nabeschouwingen…
Joan Hambidge. Doeblet
Doeblet Vir Gerrit Olivier Jy het graag in die messelaai vertoef: aserbies, op die punt af, fyn stilis … dít sou mens alles van jou kon sê. In die laaste rubrieke in Binne+Land keer jy terug na jou komvandaan: ‘n afskeid van die ruimtelike jeug. Roerend skryf jy oor jou ou…
Marthé McLoud. Geskil
Geskil Die vrou pluk ‘n pampoen in haar groentetuin, kaalvoet. Agter haar lê haar man in die bodem van die aarde onder ’n vars hoop grond. ’n Nuut geplante boom by sy kop. Die vrou pluk ‘n boepens pampoen vol broeiende pitte. So rondryp, so geswel, dink sy, terwyl haar drie kinders…
Dylan Allen. 1984
1984 Daar rus ‘n hond in my papierusbos, voor my deur, krap en krap eeue aan een wond. Ek loer deur my vensterraam. Deur fyn ragwerk en patroon – Elke gegewe dag loer ek, En skryf geen woord. Hoe gerieflik om oor ‘n hond te skryf As jy nie oor jouself…
Daniel Hugo. In memoriam Gerrit Olivier
In memoriam Gerrit Olivier hy was ‘n libertyn met gedissiplineerde brein wat die liefde se toedoen met die lettere kon versoen maar die dood is onstuitbaar ’n jaloerse minnaar selfs al ken jy elke set niks kan die lewe stet © Daniel Hug0, 2026
