Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 March 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die oond agter Helen Joseph hospitaal

Die ATKV se Skilder met Woorde II kan binnekort by die KKNK besigtig word. Beeldende kunstenaars en digters werk hiervoor saam aan ʼn projek. Hier is my bydrae, saam met ʼn aangrypende houtskoolwerk deur Jaco van den Heever. Die tema was “Dis Afrikaans” – vir my nogal ʼn moeilike een. Die gedig gaan oor die dag waarop Jaco in die J.G. Strydom hospitaal gebore is. Ek het navorsing gedoen oor ander gebeurtenisse daardie dag en die gedig daarmee afgeskop. Jaco het die “situation” waarin hy gebore is beskryf as “’n oorlog wat ek nie kan sien nie.” J.G. Strydom hospitaal se naam is later na Helen Joseph toe verander. Ander digters wat aan Skilder met Woorde II deelgeneem het, is onder andere Danie Marais, Loftus Marais, Carina Stander, Bernard Odendaal en Johan Myburg. Meer inligting hier.

 

"4 Augustus 1979", deur Jaco van den Heever
"4 Augustus 1979", deur Jaco van den Heever

 

 

4 AUGUSTUS 1979 

i found myself in a situation
– Wopko Jensma

Op hiérdie dag is ʼn vlieënde piering
in Roseville, Michigan, VSA, gewaar,
het draakberg Etna as geblaas,
knak Jimmy Page by Knebworth
ʼn snaar en ver daarvandaan
– in ʼn plek genaamd Suid-Afrika,
in ʼn oorlog wat ek nie kan sien nie –
snak ek tentatief na asem
in J.G. Strydom hospitaal.

En nou? Sal ek hierdie datum
op my longe se boom
gaan haal om in my keel
te vibreer, my tong en lippe die syfers leer?

Of sal ek dink: Albatros –
dan stilbly, soos die afgekampte oond
wat opgebruikte organe en ander reste
agter Helen Joseph hospitaal verskroei,

sal ek sê jakkals,
sal ek sê elmboog,
sal ek sê sjibbolet?

Of sal ek die vlamme in beur,
uit my buik skree: Feniks.

"4 Augustus 1979" - detail

"4 Augustus 1979" - detail II

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Johannesburg in houtskool

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d