Desembergedig
Kersfees
Kwêvoëls kondig krysend met
eerstelig die soveelste kersdag aan
rooiborsduiwe lag oor die
saligheid voor families met
feestelike oordaad van spys en drank
eerbewys bring aan die
enigste seun van die mens
seun van God
© Linette van der Merwe, 2025
