Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 November 2021

Hein Viljoen. Twee variasies op Neruda: Soutroos

 

Twee variasies op Neruda

 

Soutroos

 

No te amo como si fueras rosa del sal, topacio
o flecha de claveles que propagan en fuego

 

ek het jou nie lief soos ‘n soutroos of ‘n topaas nie

soos een of ander rinkelende halsketting nie

ook nie soos toermalyn of soos ʼn onvervangbare

superskaarse swart diamant nie

 

ek dra jou saam in my bloed

tot in die verste donkerste vesel

waar een sel stadig uitstulp na ‘n ander

 

my liefde vir jou vloei soos ‘n rivier

diep onder in ‘n onverkende grot

waar water druppeltjie vir druppeltjie

neerslaan in wit kalkformasies

 

soos ʼn alchemis stook my liefde

in die diepste stilste nag

uit swart poeiers en bitter konkoksies

swaar lood om tot silwer filigraan

 

tas ek na jou soos ‘n sonfakkel

in die verste buitenste donkerste ruimte

na die rand van ‘n gravitasiekolk

 

my liefde vir jou fluister in jou asemhaling

in my hand wat ek langsaam duim vir duim

uitstrek en om jou skouer vou

saam in die nag in ʼn donker kamer

 

© Hein Viljoen, 2021

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hein Viljoen. Twee variasies op Neruda: Rivier

2e gedagtes oor “Hein Viljoen. Twee variasies op Neruda: Soutroos”

  1. Hein Viljoen says:
    2 December 2021 at 15:38

    Dankie, Helize. Ek is bly jy jou daarvan.

    Reply
  2. Helize van Vuuren says:
    30 November 2021 at 19:01

    Treffend, veral die slot, Hein – laat dink aan ‘n Hans Magnus Enzensberger-vers – wat in ‘n soortgelyke donker kamer afspeel, en so eindig:

    “nahm ihn mit mit ihrem einzigen Mund.”

    [“hom saamgeneem met hul enigste mond”.]

    uit” Der Untergang der Titanic. Eine Komödie
    (1978)©

    Die hele vertaling van dié kort vers by die ingevoegde webruimte te vind.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring
  • Marthé McLoud. Nagmerries

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d