Twee variasies op Neruda
Soutroos
No te amo como si fueras rosa del sal, topacio
o flecha de claveles que propagan en fuego
ek het jou nie lief soos ‘n soutroos of ‘n topaas nie
soos een of ander rinkelende halsketting nie
ook nie soos toermalyn of soos ʼn onvervangbare
superskaarse swart diamant nie
ek dra jou saam in my bloed
tot in die verste donkerste vesel
waar een sel stadig uitstulp na ‘n ander
my liefde vir jou vloei soos ‘n rivier
diep onder in ‘n onverkende grot
waar water druppeltjie vir druppeltjie
neerslaan in wit kalkformasies
soos ʼn alchemis stook my liefde
in die diepste stilste nag
uit swart poeiers en bitter konkoksies
swaar lood om tot silwer filigraan
tas ek na jou soos ‘n sonfakkel
in die verste buitenste donkerste ruimte
na die rand van ‘n gravitasiekolk
my liefde vir jou fluister in jou asemhaling
in my hand wat ek langsaam duim vir duim
uitstrek en om jou skouer vou
saam in die nag in ʼn donker kamer
© Hein Viljoen, 2021
Dankie, Helize. Ek is bly jy jou daarvan.
Treffend, veral die slot, Hein – laat dink aan ‘n Hans Magnus Enzensberger-vers – wat in ‘n soortgelyke donker kamer afspeel, en so eindig:
“nahm ihn mit mit ihrem einzigen Mund.”
[“hom saamgeneem met hul enigste mond”.]
uit” Der Untergang der Titanic. Eine Komödie
(1978)©
Die hele vertaling van dié kort vers by die ingevoegde webruimte te vind.