Hendrik J. Botha gebore in 1958 en word groot op Westonaria aan die Wesrand. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom en studeer daarna medisyne aan die Universiteit van Pretoria en behaal later ook ’n meestersgraad in Huisartskunde.
In Januarie 1993 begin spesialiseer hy in narkose in Bloemfontein en sedert 1997 praktiseer hy as spesialis narkotiseur, die laaste twaalf jaar in Pretoria.
Vanaf 2011 tot 2013 voltooi hy ’n M.A.graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Joan Hambidge.
Hy woon tans op ’n kleinhoewe aan die oostekant van Pretoria teen die hang van die Bronberg.
Hy debuteer in 2015 met die bundel Atropos (Queillerie) wat opgeneem word as deel van Die RSG kunstefees in 2015 en gekortlys word vir die Ingrid Jonkerprys in 2017.
Hy volg dit op met ’n tweede bundel, Voorspraak (Naledi) in 2019.
Een van sy gedigte word opgeneem in die bloemlesing, Maskers en Mure (Turksvy) in 2021 en ’n handvol van sy gedigte veskyn in New Contrast en op Versindaba webblad.
Opsommend en ten besluite: Hy skryf biografieë of profiele oor homself net soos hy gedigte skryf, spaars en met moeite.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]