Taboek
Riku Lätti

Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie.
– Koos Kombuis
Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.
– Dana Snyman
Met ’n Taboek oor god lewer Riku Lätti ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.
– Danie Marais
Oor die outeur
Riku Lätti is ’n sanger-liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer en filmmaker. Sy musiek is eklekties en ’n omarming van ’n groot hoeveelheid style. Hy is die mede-skepper van die klankbane van die TV-reekse Hopeville, Wie lê Waar en Vlug na Egipte. Hy komponeer musiek vir die films Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (Riku wen die SAFTA vir klankontwerp), Skemerson en die Jans Rautenbach-film, Abraham. Hy is die medestigter van Die Wasgoedlyn. Riku en Gideon Breytenbach wen saam die Cannes Film Award — Best African Film 2023 vir hul dokumentêr The Voice Behind the Wall.
[Naledi 2024. Formaat: 222 mm x 148 mm. Prys: R250.00. ISBN: 978-1-991256-79-9]