let me drown (‘n klikklare kopsterf)
(na Soundgarden)
En ek staan op,
wakkerslapend,
in ‘n tydsgees wat aanvoelbaar vlak
asem haal.
hier waar die grassnyers nog net-net
uit garagekatedrale gestoot word om
hommelend die grasperkzen te boetseer
waar ons oor buurmure dalk nog sou brul
gn gd n mt j?
w(aa)r(i)n (o)ns d(ie) g(e)v(aa)r l(oo)p
(o)m (ui)t (a)ll(e)s w(a)t n(o)g kl(i)nk
g(e)kl(a)nk
t(e) w(o)rd
© Paul Kloppers, 2026
