XXXIX
Tristia herwin
U moet my toelaat, Here, dat ek té veel voor-tekens ignoreer
(uitwis) tekens se eie ge-nade-lose teken-heid,
wat in drome aan-meld of verby my dwingend marsjeer
(soos) die selfdood van ‘n kelner ón(voor)bereid.
© Joan Hambidge, 2026
