soepel denke
Vir: N.P.
verkwikkend ontdek jou intellek
groot ode raka die dieper reg
die kat in Alice se reёnboogland ’n partial object
sit vir my sy glimlag op
jou meesterlike werke buite my rede
dans in duister glans
soos swartluiperdgoudgeeloё tussen
die blou kewers in my benarde woud –
in ballingskap apart
in ambivalensie saam met jou
vasgevang
tussen geregtigheid en liefde vir ’n volk
wil ek weet of ek jóú reg het om dit poёties te vertolk
jý die ode onder glas sal vergroot
as soepel denker vryer te stel en
vandag se politieke dier hier uit sal lok
© Koos de Wet, 2026
