blommeprag
die vloerplanke kraak die jaarringe praat
van voete wat daaroor hul spore laat
van elke tree wat ongevraagd
’n ou geskiedenis agterlaat
die bittergousblom pryk en gloei
haar goue kroon in sonlig bloei
die rankvygie hou vas hou stand
die kelkiewyn wat sy pluime span
jakobregop staan rooi in die veld
waar lig oor elke blomkop speel
die wind beweeg deur gras en saad
en laat die kleure stiller praat
maar in die stilte ver van fees
staan ’n karietjies-man verwees
sy donkies maer geen brood vir hom
sy spore raak vergete stom
© Hennie Maartens, 2026
