Ma
Om vyfuur het die masjien sy ritme verraai,
en jy het een laaste keer huistoe gedraai.
Die kussing hou nog die vorm van jou kop,
die laken teen jou bors gekrop.
Jou oe toe. Jou lippe in rus.
Geen honger. Geen dors.
Vandag sien ons jou,
hande gevou op jou bors.
Gaan sag. Gaan heen.
Mag jy die die welkom hoor
wat ons nog nie kan verklaar –
net jou polsslag in ons harte bewaar
Tot ons jou anderkant vind,
wagtend.
Sian abhaile. Veilig tuis. God’s kind.
© Dylan Allen, 2026
