Die vuurhoutjie
ek het nie ‘n beiteltjie nie
net ‘n kleine vuurhoutjie
met ’n klein-klein swawelkop
ek bekyk dit deeglik
moet my vergewis
of dit bruikbaar is
wonder as ek dit sou stryk
sal dit nog ontbrand
ek stryk dit en ek stryk dit
meteens is daar ‘n vonk
en toe dit uit my hande val
ontspring daar vlammetonge
in klowe berg en rant
onkeerbaar soos die see
tot in woude dorpe stede
en laat soos mensetonge
die hele wêreld brand
© Gerrit Theron, 2026
